Binomiale naam

In biologie is binomiale name die formele metode waarvolgens spesies se name gegee word. Soos die woord "binomiaal" suggereer, word die wetenskaplike naam van 'n spesie gevorm deur die kombinasie van twee terme: die genus naam en die spesie beskrywer. Alhoewel die fynere detail kan verskil, is daar seker aspekte wat universeel aangeneem word:

  • Wetenskaplike name word gewoonlik kursief gedruk of getik, soos Homo sapiens. As dit met die hand geskryf word behoort dit onderstreep te word.
  • Die eerste term (genusnaam / geslagnaam / generiese naam) word altyd met 'n hoofletter geskryf, terwyl die beskrywer nie met 'n hoofletter geskryf word nie al is dit afkomstig van 'n eienaam. Byvoorbeeld, Canis lupus of Anthus hodgsoni. (Maar let daarop dat dit 'n moderne gebruik is: Linnaeus het altyd die spesifieke beskrywer met 'n hoofletter geskryf, en tot die vroeë 20ste eeu was dit algemene gebruik om die spesifieke beskrywer met 'n hoofletter te skryf as dit van 'n eienaam afkomstig was.)
  • Wanneer dit saam met 'n gewone naam gebruik word, word die wetenskaplike naam gewoonlik agterna in hakkies geskryf, byvoorbeeld, "die Huismossie (Passer domesticus) is bedreig."
  • Die wetenskaplike naam behoort in die algemeen voluit geskryf word wanneer dit vir die eerste keer gebruik word of as verskeie spesies van die selfde genus in 'n referaat of verslaggelys of bespreek word. Dit kan afgekort word deur slegs die aanvanklike letter (en 'n punt) vir die genus te gebruik; byvoorbeeld Canis lupus word C. lupus. In uitsonderlike gevalle het die afkorting tot meer algemene gebruik versprei — byvoorbeeld die bakterie Escherichia coli word gereeld slegs E. coli genoem, en Tyrannosaurus rex is moontlik meer bekend as T. rex.
  • Die afkorting "sp." (of "spec.") word gebruik wanneer die werklike spesifieke naam nie bekend is nie: byvoorbeeld Canis sp. dui "'n spesie van die genus Canis" aan. Die afkorting "spp." (meervoud) dui "verskeie onbekende spesies" aan.
  • Die afkorting "cf." word gebruik wanneer die indentifikasie nie bevestig is nie: byvoorbeeld Corvus cf. splendens dui aan dat daar twyfel oor die spesie bestaan.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media