Bezuidenhout-voorval

(Aangestuur vanaf Bezuidenhout-affêre)

Die Bezuidenhout-voorval was 'n rebellie in 1880 wat aanleiding tot die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog gegee het. Die rebellie ontstaan nadat P.L. Bezuidenhout weier om buitensporige belasting aan die Britte te betaal. Die Britte neem beslag op sy wa met die doel om dit te verkoop. 'n Groep ontstoke Boere neem die wa van die afslaers af terug. Toe die regering dit probeer terugneem, loop hulle hulself in 'n Boere-rebellemag vas.

Aanloopwysig

Die Verenigde Koninkryk annekseer Transvaal op 12 April 1877 en verbreek sodoende die Sandrivierkonvensie van 17 Januarie 1852. Aanvanklik word die anneksasie gelate aanvaar. Drie jaar later, in 1880, gaan die Boere se smeulende verset tot daadwerklike optrede oor. Reg deur die Transvaal het Boere geweier om belasting te betaal. Die belastingsverset bereik egter sy hoogtepunt in Potchefstroom.

Gebeurewysig

P.L. (Piet) Bezuidenhout weier om ekstra belasting op sy ossewa te betaal en sê dat hy reeds sy belasting vereffen het. Sy ossewa word daarna deur die owerheid gekonfiskeer sodat dit verkoop kan word om sy belastingskuld te delg. 'n Honderd man onder leiding van Piet Cronje voorkom dat die wa op 11 November 1880 opgeveil word en besorg dit aan Bezuidenhout terug. Britse troepe is inderhaas na Potchefstroom gestuur om die orde te herstel, maar dit was te laat.

Gevolgewysig

Op 15 Desember 1880 het Boeremagte Potchefstroom binnegery en die Eerste Proklamasie by die plaaslike drukker laat druk. Boer en Brit het in 'n skermutseling betrokke geraak en daarmee die Eerste Vryheidsoorlog begin.[1]

Verwysingswysig

  1. Gross, David M. (2014). 99 Tactics of Successful Tax Resistance Campaigns. Picket Line Press. p. 94. ISBN 978-1490572741.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media