Beweging

Beweging is die voortdurende verandering in die posisie van 'n voorwerp. Die beweging van 'n voorwerp kan slegs waargeneem en gemeet word indien daar 'n ander punt of liggaam is om na te verwys. Die verwysingspunt waarvandaan 'n waarnemer die beweging van 'n voorwerp sien, word dikwels die waarnemer se assekruis genoem. 'n Werktuigkundige wat op 'n aanloopbaan staan, mag 'n vliegtuig in 'n suidelike rigting sien vlieg. Die vlieënier van die vliegtuig sien die werktuigkundige op die aanloopbaan in 'n noordelike rigting beweeg. Elkeen, in sy eie assekruis, sien die beweging verskillend. 'n Eenvoudige manier om vas te stel of 'n voorbeeld ten opsigte van 'n ander voorwerp beweeg, is om die reguit lyn wat hulle verbind in aanmerking te neem. Indien die reguit lyn tussen hulle in lengte of rigting verander, beweeg die een voorwerp met betrekking tot die ander een.

Beweging het verandering in posisie tot betrekking, soos in hierdie perspektief waar Yongsanstasie snel verlaat word.

Spoed, snelheid en versnellingwysig

Hoofartikels: spoed, snelheid, versnelling.

In die algemene spreektaal word die terme spoed en snelheid dikwels as sinonieme gebruik, terwyl die wetenskaplike betekenisse in werklikheid verskil. Ook versnelling het 'n baie meer presiese betekenis in die wetenskap as wat in die algemene spreektal die geval is.

Spoedwysig

Spoed is 'n aanduiding van hoe vinnig beweging plaasvind, dit wil sê hoe ver 'n voorwerp in 'n bepaalde tyd beweeg. Die spoedmeter van 'n motor meet byvoorbeeld hoe vinnig sy beweging plaasvind. Spoed is dus die tempo waarteen afstand afgelê word. Die woord tempo impliseer dat iets per tydeenheid, dit wil sê per uur of per sekonde, geskied. Die spoedmeter gee egter geen aanduiding van die rigting waarin die beweging plaasvind nie. Spoed is dus 'n skalaar.

Snelheidwysig

Snelheid is die tempo van verandering van verplasing, omdat die afstand wat in 'n gegewe rigting afgelê is die verplasing genoem word. Om die posisie van 'n bewegende voorwerp na verloop van 'n gegewe tyd vas te stel, moet sowel die spoed as die rigting van die beweging bekend wees.

Kinematikawysig

Kinematika is die studie van beweging, en die fondament vir hierdie studie is gelê deur die werk van die wetenskaplikes Galileo Galilei en sir Isaac Newton.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media