Bevolkingsdigtheid

Bevolkingsdigtheid (in Landbou: staande lewende hawe en oes op die lande) is 'n maatstaf van bevolking per eenheidsgebied of eenheidsvolume; dit is 'n tipe van hoeveelheid van aantal digtheid. Dit word gereeld by lewende organismes en in die meeste gevalle by mense toegepas. Dit is 'n belangrike geografiese term.[1]

Bevolkingsdighteid(mense per vierkante kilometer) per land, 2015
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) per land, 2006
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) kaart van die wêreld in 1994. In vergelyking met die ewenaar lyk dit of die grootste aantal menslike bevolking in die Noordelike Halfrond leef.
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) kaart van die wêreld in 1994.
Woestyne rondom die wêreld. Vergelyk dit met die ander kaarte hier.

Biologiese bevolkingsdigtheid

Biologiese bevolkingsdigtheid is die bevolking verdeel deur die totale grondoppervlakte of watervolume, soos dit toepaslik is.[1] Dit is 'n mate van die aantal mense of organismes per eenheid area. Variasies hierop sluit in die bevolking per eenheid woonbare, bewone, produktiewe (of potensieel produktiewe) of gekultiveerde area. 'n Sekere geografiese gebied het 'n drakapasiteit, wat die maksimum bevolking voorstel wat onderhou kan word. Sekere waarnemers van menslike gedrag glo dat die idee van drakapasiteit ook op menslike bevolkings toegepas kan word, en dat omgekeerde bevolkingsgroei kan lei tot 'n "Malthusiese katastrofe"; hierdie standpunt word deur andere betwis.

Lae-densiteit kan 'n uitwissings-spiraal veroorsaak wat verder na verminderde vrugbaarheid kan lei. Dit is vernoem na die wetenskaplike wat dit geïdentifiseer het – die Allee-effek. Voorbeelde van die oorsake hiervan in lae-bevolkingsdigtheid sluit in:[2]

  • Toenemende probleme om seksmaats te kry
  • Toename van inteling

Menslike bevolkingsdigtheid

 
Monaco in Suid-Europa, is tans die rekordhouer as die digsbevolkte nasie in die wêreld.
 
Mongolië is die land met die ylste bevolking in die wêreld. 
 
Dié bevolkingskartogram van die Europese- Unie gebruik gebiede en kleure om die bevolking aan te dui.

Met die berekening van mense word die bevolkingsdigtheid volgens die aantal mense in 'n gebied bepaal. Dit word gewoonlik per vierkante kilometer of vierkante myl bereken (dit kan, byvoorbeeld water- of gletsergebiede insluit, of uitsluit). Oor die algemeen word dit vir 'n distrik-, stad-, land-, vir 'n gebied-, of vir die hele wêreld bereken.

Die wêreld se bevolking is sowat 7,000,000,000[3] en die  Aarde se totale gebied (insluitende land en water) is 510,000,000 vierkante kilometer (197,000,000 vierkante myl).[4] Die wêreldwye mensbevolkingsdigtheid is dus sowat 7,000,000,000 ÷ 510,000,000 = 13.7 per vierkante kilometer (35 per vierkante myl). Indien net die Aarde se landoppervlakte van 150,000,000 vierkante kilometer (58,000,000 vierkante myl) in ag geneem word, is die mens se bevolkingsdigtheid 47 per vierkante kilometer (120 per vierkante myl) meer. Dit sluit alle vastelande en eilande se grondgebiede asook Antarktika in. Met Antarktika uitgesluit, is die bevolkingsdigtheid meer as 50 mense per vierkante kilometer (meer as 130 per vierkante myl).[1] Meer as die helfte van die aarde se landmassa bestaan uit onherbergsame gebiede, wat nutteloos is vir menslike habitat, soos woestyne en hoë berge. Mense is geneig om rondom seehawens en varswaterbronne saam te trek. Daarom bied dié syfer dus nie juis enige behulpsame maatstaf van die mens se bevolkingsdigtheid nie.

Verskeie van die mees digbevolkte gebiede in die wêreld is stadstate, mikrostate, en, afhanklike gebiede.[5][6] Hierdie gebiede is relatief klein met hoë verstedelikingsvlakke, met ekonomies gespesialiseerde stadsbevolking wat ook op landelike hulpbronne van buite staatmaak. Dit bewys die verskil tussen hoë bevolkingsdigtheid en oorbevolking.

Stede met hoë bevolkingsdigtheid word, deur sommiges, as oorbevolk beskou, hoewel dit afhang van faktore soos die gehalte van behuising en infrastrukture en toegang tot hulpbronne.[7] Meeste van die digbevolkte stede is in Suidoos-AsiëKaïro en Lagos in Afrika en val ook in hierdie kategorie.[8]

Mees digbevolkte lande/streke

Volgens bewoonde streke
StreekBevolkingGebied per vierkante kilometerDigthteid

(Bevolking per vierkante kilometer)

Indo-Gangetic Plain (Punjab, Pakistan tot Bangladesj en Assam)1 miljard1,000,0001000
Groter Noord-Chinese Vlaktes600 miljoen700,000857
Sichuan Basin110 miljoen250,000440
Java (eiland)145 miljoen130,0001115
Taiheiyo Belt (Japan)85 miljoen60,0001417
Suid-oos Chinese kus (Guangdong, Hongkong, Fujian)140 miljoen100,0001400
Nyldelta50 miljoen50,0001000
Suid-Indië (Tamil NaduTamil, Pondicherry, Bangalore en Kerala)120 miljoen170,000706
Wes-Indiese Kus (Maharashtra en Gujarat Kus)70 miljoen100,000700
Colombiaanse Andes (Colombia)40 miljoen170,000235
Noord-Europa (Benelux, Noordryn-Wesfale)44 miljoen110,000400
Noord-Oos Amerikaanse Kus45 miljoen100,000450
Suid-Sentraal Engeland40 miljoen60,000667
Sentraal- Meksiko40 miljoen100,000400
Luzo-eiland50 miljoen105,000476
Suid-Korea50 miljoen100,000500
Suidoostelike Brasiliaanse Kus50 miljoen100,000500
Volgens politieke grense
Bevolking meer as 1,000,000
RangordeLand/streekBevolkingGebied per vierkante kilometerBevolkingsdigtheid per vierkante kilometer
1  Singapoer5,535,0007197698
2  Hongkong7,234,8001,1046553
3  Palestynse Owerheid1,816,3793605045
4  Bahrein1,234,5677501646
5  Bangladesj157,457,000147,5701067
6  Republiek van China (R.O.C)23,361,14736,190646
7  Mauritius1,288,0002,040631
8  Libanon5,851,00010,452560
9  Suid-Korea51,529,33899,720517
10  Rwanda11,262,56426,338428
Met 'n bevolking meer as 10,000,000
RangordeLand/streekBevolkingGebied per vierkante killometerBevolkinsdigtheid per vierkante kilometer
1  Bangladesj157,457,000147,5701067
2  Republiek van China (R.O.C)23,361,14736,190646
3  Suid-Korea51,529,33899,720517
4  Rwanda11,262,56426,338428
5  Nederland16,919,13941,526407
6  Indië1,263,680,0003,185,263397
7  Haïti10,413,21127,750375
8  België11,239,75530,528368
9  Filippyne102,078,300300,076340
10  Japan127,290,000377,944337

Ander metodes van meting 

Hoewel rekenkundige digtheid die algemeenste manier van meting vir bevolkingsdigtheid is, is daar verskeie ander metodes ontwikkel om 'n meer akkurate meting van bevolkingsdigtheid oor 'n spesifieke gebied te meet.

  • Rekenkundige digtheid: Die totale aantal mense/gebied of land (gemeet in vierkante kilometer of vierkante myl).
  • Fisiologiese digtheid: Die totale bevolking/gebied van landbougrond.
  • Landboudigtheid: Die totale landelike bevolking/gebied van landbougrond.
  • Residensiële digtheid: Die aantal mense wat in 'n beboude gebied/totale gebied van 'n land se residensiële gebied bly.
  • Stedelike digtheid: Die aantal mense wat in 'n stedelike gebied/totale stedelike gebied van 'n land bly.
  • Ekologiese optimum: Die bevolkingsdigtheid wat deur natuurlike hulpbronne gesteun word.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Matt Rosenberg Population Density.
  2. Minimum viable population size.
  3. U.S. & World Population Clocks.
  4. World Geargiveer 5 Januarie 2010 op Wayback Machine.
  5. Department of Economic and Social Affairs Population Division (2009). "World Population Prospects, Table A.1" (PDF). 2008 revision. United Nations. Besoek op Maart 12, 2009. Cite journal requires |journal= (hulp)
  6. The Monaco government uses a smaller surface area figure resulting in a population density of 18,078 per km2
  7. Human Population.
  8. The largest cities in the world by land area, population and density.

Bevolkingsdigtheid

Bevolkingsdigtheid (in Landbou: staande lewende hawe en oes op die lande) is \'n maatstaf van bevolking per eenheidsgebied of eenheidsvolume; dit is \'n tipe van hoeveelheid van aantal digtheid. Dit word gereeld by lewende organismes en in die meeste gevalle by mense toegepas. Dit is \'n belangrike geografiese term.