Beverly Hills, Kalifornië

Beverly Hills is ’n onafhanklike welvarende voorstad van Los Angeles, Kalifornië, waar baie beroemde rolprentsterre woon.[1] Volgens algemene reg is dit 'n stad en munisipaliteit[2] in die distrik Los Angeles County van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Sy stadsgebied word volledig omsluit deur die buurstede Los Angeles en West Hollywood (wat self ook byna volledig deur Los Angeles omsluit word).

Beverly Hills

Ligging in KaliforniëSeël
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 CountyLos Angeles County
 Koördinate34°4′23″N 118°23′58″W / 34.07306°N 118.39944°W / 34.07306; -118.39944Koördinate: 34°4′23″N 118°23′58″W / 34.07306°N 118.39944°W / 34.07306; -118.39944
 Stigting1914
 Geïnkorporeer op28 Januarie 1914
 Oppervlakte: 
 - Totaal14,79 vk km
 Hoogte bo seevlak79 m
 Bevolking: 
 - Totaal (skatting 2015)34 870
 - Bevolkingsdigtheid2357,7/vk km
 TydsonePST (UTC -8)
Somertyd: PDT (UTC -7)
 Klimaat 
 - TipeMediterreense klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur17,7 °C
 - Gem. temp. Januarie/Augustus14 / 22,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae374 mm
 BurgemeesterJulian A. Gold
 Amptelike WebwerfBeverly Hills

Die gebied het oorspronklik deel uitgemaak van 'n Spaanse plaas en is vir die verbouing van limabone aangewend. In 1914 is Beverly Hills deur 'n groep beleggers geïnkorporeer wat op soek na 'n oliebron was, maar in plaas daarvan op water afgekom en besluit het om die plek as 'n nedersetting te ontwikkel.

Europees geïnspireerde kommersiële boukuns in die voetgangerslaan van Rodeo Drive
Beverly Hills se raadsaal in die Spaanse Koloniale Herlewingstyl (Spanish Colonial Revival) dateer van 1932
Styl en status op vier wiele - Italiaanse luukse motors in Beverly Hills

In 2015 het Beverly Hills, waarna ook dikwels as "90210" verwys word (na aanleiding van een van sy hoofsaaklike poskodes), 'n bevolking van 34 870 gehad. Die stad, wat as een van die welvarendstes in die Verenigde State beskou word, staan onder meer bekend vir sy Rodeo Drive-winkeldistrik en die Beverly Hills-olieveld, een van min wat temidde van 'n stadsgebied geleë is en steeds ontgin word.

Beverly Hills se ekonomiese basis vergelyk gunstig met dié van groter nedersettings met enkele honderdduisend inwoners. Saam met pendelaars, wat bedags na die stad stroom, het Beverly Hills tydens dagure 'n bevolking van tussen 150 000 en 200 000. As 'n sogenaamde voldiens-gemeenskap verskaf die munisipaliteit aan sy burgers alle dienste soos polisie, brandweer, watervoorsiening en -suiwering, afvalverwydering en bouinspeksie. Beverly Hills het daarnaas sy eie skooldistrik met sommige van die beste skole in die hele Verenigde State.[3]

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Nota: Vir nedersettings in Kalifornië word die terme stad (city) en dorp (town) as sinonieme gebruik. Die munisipale bevoegdhede van nedersettings volgens algemene reg word deur die deelstaat se Government Code (ook California Codes genoem) bepaal.
  3. www.beverlyhills.org: About Beverly Hills. Besoek op 10 Maart 2016

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media