Bergkaree

Die bergkaree (Searsia leptodictya) is 'n Suid-Afrikaanse immergroen boom wat as die "Mohlwehlwe" in Sotho en as die "Mountain karee" in Engels bekend staan.[2] Die boom se FSA-nommer is 387.[3][4] Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië en Zimbabwe. In Suid-Afrika is die boom inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat.

Bergkaree
Groeiwyse naby Skeerpoort in die Magaliesberg, Noordwes
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Rosids
Orde:Sapindales
Familie:Anacardiaceae
Genus:Searsia
Spesie:
S. leptodictya
Binomiale naam
Searsia leptodictya
(Diels) T.S.Yi, A.J.Mill. & J.Wen, (2004)
Sinonieme
  • Rhus leptodictya (Diels)
  • Rhus amerina Meikle
  • Rhus leptodictya f. pilosa R.Fern. & A.Fern.
  • Rhus rhombocarpa R.Fern. & A.Fern.
  • Searsia leptodictya f. pilosa (R.Fern. & A.Fern.) Moffett[1]

Beskrywingwysig

Die boom lyk baie soos die karee en witkaree maar die blaarrande is saagtandig.[5] Die boom het 'n enkele, rowwe donkerbruin tot swart stam.[6] Dit bereik 'n hoogte van 5 meter met dieselfde omtrek by die takke en bied goeie weerstand teen droogte maar slegs gedeeltelik teen ryp.[5] Dit is 'n pragtige klein boom vir 'n klein tuin met sy ronde kroon en interessante hangeffek van sy takkies en blaarstele. Dit kan in volle son of in gedeeltelike skaduwee geplant word. Die immergroen boom dra klein wit blommetjies, wat op vroulike bome verander in bondels van klein, plat bessies 5 mm in deursnee. Die vruggies lok baie voëls wat graag die bessies vreet. Daar kan ook bier gebrou word van die bessies.

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77063303-1
  2. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=5522-74
  3. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  4. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 173. ISBN 978-1-77007-759-1.
  5. 5,0 5,1 Moller, Eugene (2013). Watter Boom is dit?. ISBN 978-1-77007-832-1.
  6. TREES of the Kruger National Park, a field guide, Piet van Wyk. Struik Uitgewers, Kaapstad, 2008., ISBN 978 1 7707 759 1 
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media