Benuerivier

Die Benuerivier (Engels: Benué River; Frans: la Bénoué; Bantoe Tschadda, letterlik "Moeder van Waters") is 'n groot wes-vloeiende rivier in Wes-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van 1 400 km die grootste sytak van die Nigerrivier.

Benuerivier
Die Benuerivier naby Yola, Nigerië.
Die Benuerivier naby Yola, Nigerië.
Die Benuerivier naby Yola, Nigerië.

Die stroomgebied van die Benuerivier.

OorsprongAdamaouabergte (Kameroen)
MondingNigerrivier, Nigerië
Lokoja
StroomgebiedKameroen, Nigerië
Lengte1 400 km[1]
Oorspronghoogte1 100 m
Gemiddelde afloop3 400 m³/s[2]
Stroomgebiedopp.1 000 km²[3]
Satellietbeeld van die Benuerivier

Die Benuerivier ontspring in die suidelike Hoogland van Adamaua noord van Ngaoundéré in Kameroen net wes van Tsjad. Aansluitend vloei die rivier in 'n groot boog in 'n noordelike rigting, voordat dit naby Garoua weswaarts vloei. Aansluitend kruis die Benuerivier die grens van Nigerië en bereik die stad Yola. Verder in die weste mond die Gongolarivier, die Benuerivier se grootste sytak, uit. Hiervanaf vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting tot by Makurdi en aansluitend verder weswaarts. Vir die laaste deel vloei die Benuerivier in 'n westelike rigting, voordat dit in die suidelike sentrum van Nigerië net suid van die hoofstad Abuja in die Nigerrivier uitmond. By die samevloeiing is die Benuerivier groter as die Niger.

Die Benuerivier is in 1851 deur die Duitse Afrika-verkenner Heinrich Barth ontdek en in 1854 deur sy landsgenoot Eduard Vogel besoek. Die Skotse William Balfour Baikie het die rivier in 1854 en 1857–58 vir die eerste keer met 'n stoomboot tot die grens by Adamaua bevaar. Sedertdien is die onderloop verskeie keer bevaar, soos deur Gerhard Rohlfs, Adolph Burdo en Eduard Flegel, wie in 1882 ook die Benuerivier se bron ontdek het.

Die rivier was in die 19de eeu 'n belangrike vertrekpunt na Sentraal-Afrika. Die belangrikste hawestad is Yola, waar jaarliks tussen 60 en 80 ton ivoor gehandel is. Vanaf Adamaua het die Benuerivier die grens tussen die Sokoto-kalifaat en die kleiner lande suid daarvan in Swart-Afrika gevorm.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) Jaroslab Balek: Hydrology and Water Resources in Tropical Africa. Elsevier, 1977, ISBN 0-444-99814-4, bl. 90.
  2. (en) Inger Andersen: The Niger River Basin: A Vision for Sustainable Management. World Bank Publications 2005, ISBN 0-8213-6203-8, bl. 46.
  3. (en) John D. Milliman, Katherine L. Farnsworth: River Discharge to the Coastal Ocean: A Global Synthesis. Cambridge University Press, 2011, ISBN 978-0-521-87987-3, bl. 10.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media