Ben Schoeman (pianis)

Ben Schoeman is 'n Suid-Afrikaanse pianis en 'n gekontrakteerde Steinway-kunstenaar.

Schoeman het reeds verskeie pryse verower, insluitend 'n eersteplek tydens die 11de UNISA Vodacom Internasionale Klavierkompetisie in Pretoria (2008), die goue medalje en Lorna Viol-prys in die Royal Over-Seas League Music Competition, Londen (2009), die Standard Bank Jong Kunstenaarstoekenning vir Musiek (2011) en die prys vir kontemporêre musiek tydens die Cleveland Internasionale Klavierkompetition, VSA (2013). In 2016 ontvang Schoeman die Huberte Rupert-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot musiek in sy geboorteland.

Hy het solo-, kamermusiek- en konsertoptredes in Europa, Kanada, die VSA en Suid-Afrika aangebied in gesogte konsertsale soos die Wigmore Hall, Barbican, Cadogan en Koningin Elizabeth Saal in Londen, die Konzerthaus in Berlyn, die Gulbenkian Auditorium in Lissabon, Teatro del Giglio in Lucca, die Kaapstadse stadsaal en die Roemeense Athenaeum in Boekarest. Hy het opgetree tydens feeste in die Verenigde Koninkryk (Londen, Edinburgh Fringe, King's Lynn en Chester Feeste), Italië (Festival da Bach à Bartók en Festival Mario Ghislandi), Suid-Afrika (Grahamstad, KKNK en Woordfees), Roemenië (George Enescu-fees) en Kanada (Ottawa-kamermusiekfees).

Hy het onlangs as solis in Ravel se Concerto vir die Linkerhand en Tsjaikofski se Klavierconcerto No. 1 saam met die Guildhall-simfonieorkes in die Barbican-saal in Londen verskyn. Hy het saam met talle dirigente opgetree, waaronder Nicholas Cleobury, Carlos Izcaray, James Judd, Gérard Korsten, Theodore Kuchar, Diego Masson, En Shao, Yasuo Shinozaki, Arjan Tien en Conrad van Alphen.

Hy werk ook gereeld saam met die pianis Tessa Uys en die fluitspeler Dawid Venter. Schoeman het saam met sy duovennoot, die tjellis Anzél Gerber, eerste prys tydens die Ibla Grand Prize-kompetisie in Italië gewen. Die duo het in Carnegie Hall in New York opgetree en het die goue medalje in die Globale Musiektoekennings vir hul opname van musiek deur Anton Rubinstein ontvang. Die vooraanstaande Suid-Afrikaanse komponis Stefans Grové het sy Concerto vir Klavier, Tjello en Orkes (2013) aan Gerber en Schoeman opgedra, en hulle het die premiére van die werk saam met die Kaapse en Natalse Filharmoniese Orkeste tydens hul landwye konserttoer gespeel.

Schoeman het aan die Universiteit van Pretoria, die Internasionale Klavierakademie in Imola, die Guildhall Skool van Musiek & Drama en die Scuola di Musica di Fiesole studeer. Sy onderwysers sluit onder andere Michel Dalberto, Louis Lortie, Ronan O’Hora, Boris Petrushansky, Joseph Stanford en Eliso Virsaladze in.

In 2016 behaal hy 'n doktorsgraad in musiek aan die City University of London en die Guildhall Skool van Musiek & Drama met 'n verhandeling getiteld "Die Klavierwerke van Stefans Grové (1922-2014): 'n Studie van Stilistiese Invloede, Tegniese Elemente en Kanon-formasie in Suid-Afrikaanse kunsmusiek". Sy doktorale studie word onder toesig van Christopher Wiley voltooi en is deur die Oppenheimer-gedenktrust, die Nasionale Navorsingstigting, die Wingate-beurs en die Worshipful Company of Cordwainers en die Drake Calleja Trust ondersteun.

Sy soloalbum met werke van Franz Liszt is beskikbaar onder die TwoPianists plaatetiket. Hy het ook musiek van Rubinstein en Rachmaninoff met die tjellis Anzél Gerber opgeneem. Sy uitvoering in Londen van Beethoven se 9de simfonie met die pianis Tessa Uys (gerangskik vir klavierduet deur Xaver Scharwenka) word in 2019 op kykNET uitgesaai. Ben Schoeman is 'n seniorlektor in musiek aan die Universiteit van Pretoria.[1]

Eksterne skakelswysig

Verwysingswysig

  1. http://benschoeman.com/bio .Opgespoor en besoek op 13/08/2019
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media