Ben Lindemann

Ben Lindemann (8 Desember 1937 - 23 Januarie 2018) is die skrywersnaam van die Afrikaanse skrywer, joernalis, uitgewer, TV-regisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger van dokumentêre programme, Johan Nel.

Johan Nel
Gebore
Johannes Marthinus Nel

8 Desember 1937
Sterf23 Januarie 2018 (op 80)
NasionaliteitSuid-Afrika
Alma materUniversiteit van die Oranje-Vrystaat
BeroepAfrikaanse skrywer, joernalis, uitgewer, tv regisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger van dokumentêre programme
Bekend virskryfwerk en dokumentêre programme
EggenootSannie
KindersMarietjie
Leonora
GeloofChristen

Lewe en werkwysig

Ben Lindemann is die skrywersnaam van Johannes Marthinus Nel (meer bekend as Johan Nel), wat in Keimoes in die Benede-Oranjeriviervallei gebore is (8/12/1937 - 23/01/2018) en sy laaste jare op Wellington deur gebring het.[1] "Die skrywersgogga het Johan reeds op 'n jong ouderdom gebyt toe hy in 1948 op 11 jarige ouderdom begin het om berigte vir Die Burger te skryf"[2] In 'n onderhoud met Radio Helderberg in 2010 vertel hy dat "Ben Lindemann" eintlik verwys na "blindeman" omdat hy self so voel as skrywer wanneer hy tastend soek na beter kennis en hoe om sy gevoelens dan met die leser te kommunikeer.[3]

Na skool studeer hy verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, waar hy ’n B.A.-graad met Sielkunde en Volkekunde as hoofvakke behaal. Aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi hy ook vier modules in Kommunikasiekunde. Vanaf 1959 tot 1962 is hy verslaggewer by Die Volksblad en Die Transvaler, waarna hy tot 1964 redakteur is van Kommando, die amptelike tydskrif van die S.A. Weermag. Hierna is hy tot 1972 uitgewer en bemarkingsbestuurder by Nasionale Boekhandel, J.L. van Schaik en Tafelberg Uitgewers. Tussen 1972 en 1977 is hy eienaar en redakteur van die tydskrif Op Safari (wat in 1977 verkoop is en ingelyf is by Stywe Lyne) en vanaf 1972 tot 1998 eienaar en bestuurder van Makro Boeke, wat meer as 700 grootdruk titels uitgee. In hierdie tyd is hy medestigter en redakteur van Vrystaat, ’n plattelandse streekkoerant op Bethlehem in die Vrystaat (1975–1976); regisseur van meer as 57 dokumentêre programme en 62 insetsels vir televisie by o.a. Sonneblom Films (1981–1985) en stig 4M-Produksies vir sy vryskut-regie en vervaardiging van dokumentêre programme vir televisie asook korporatiewe programme vanaf 1985. Vanaf 1975 is hy ook vryskutskrywer wat bydraes lewer tot onder andere Insig, Sarie, Huisgenoot, Die Burger en By, Rapport en Paarl Post. Later word hy medebestuurder by Benedic Boeke/ Benedic Books , waar hy verantwoordelik is vir die keuring van manuskripte en bemarking. Hy was ook by Toastmasters betrokke en aanvanklik aangestel as Vise-President (jaar onbekend) en is later President tot 2005. In 2010 word hy aangestel as gereelde verslaggewer vir Kaap Rapport. Hy het sedert 2000 op Wellington gebly, waar hy gereelde artikels vir Paarl Post geskryf het. Sy laaste tv dokumentêre sluit in Eilande van die Gariep[4] (KykNET 2017) en Vergete Rivier (KykNET 2018).

Skryfwerkwysig

Kolie Seekoei Kry 'n Bril - een van Ben Lindemann se kinderboeke word in Karin Smith se MA verhandeling met die titel "Kriteria vir die seleksie van biblioterapeutiese materiaal vir die opvoedkundige sielkundige" gelys as 'n voorbeeld van 'n biblioterapeutiese boek vir kinders wat bril dra: "Indien daar 'n emosionele parallel bestaan tussen die kind en die karakters in die verhaal, verhoog dit die moontlikheid dat die kind met die karakters kan identifiseer. Dan is dit moontlik vir hom om nuwe insigte te verwerf, deurdat hy die karakter se hanteringstrategiee, sowel as die resultate daarvan vir die karakter sien. 'n Gerusstellende, dog realistiese slot behoort die kind te help om rustigheid te kry"(p.140). Haar annotasie vir die verhaal is as volg: "Kolie seekoei sien soms snaakse dinge - hy het al gesien hoe ‘n blom in ‘n skoenlapper verander en hoe ‘n blaar in 'n akkedis verander! Hy kon nooit saam met Manie Muis met 'n raket of 'n bal speel nie, want hy het die bal altyd gemis. Eendag vat Manie Muis hom stad toe na dokter Volstruis. Hy sê hy moet bril dra en ‘n paar dae later lewer die posman dit af. Vir die eerste keer sien Kolie mooi, maar somtyds haal hy sy bril af net om te kan sien hoe ‘n blom in ‘n skoenlapper verander"(p.151-2)

Piet Kokkewiet, Kokkewiet[5] is ’n moderne sprokie. In sy resensie oor die boek, skryf André P. Brink: “...dit ’n plesier om iets soos Ben Lindemann se Piet Kokkewiet, Kokkewiet raak te loop: tereg ’n 'moderne sprokie' …Ook skryf Brink: "Dit is die sjarmante soort lektuur wat ’n wye leserskring, jonk en oud, verdien, met ’n eenvoud wat nooit fasiel raak nie, ’n 'gesondheid' - ’n geloof in die goeie, ’n rustige betragting van menslike gebreke en deugde – wat my self baie plesier verskaf het.[6]

Na die dood van die vader word die ma en drie jong dogters aan die wêreld se genade oorgelewer in die besproeiingswêreld naby Upington. ’n Onbekende weldoener, die Piet Kokkewiet van die titel, help hulle om kop bo water te hou, ten spyte van die uitdagings wat die lewe inhou, soos geldnood, uitbuiting deur handelaars, vryers, ’n rivier wat dreig om die gesaaides te verspoel en bure wat nydig raak omdat sy haar bruin werkers ’n leefbare loon betaal. Alle gebeure word beleef deur die gemoed van die dogter Annie.

In 2009 word baie van die verhale wat hy onder die skuilnaam Ben Lindemann vir tydskrifte soos Sarie, Huisgenoot en Landbouweekblad geskryf het, in die omnibus “Piet Kokkewiet, Kokkewiet en ander verhale” uitgegee. “Die Meisie van Gazette” (wat aanvanklik as vervolgverhaal in Landbouweekblad[7] gepubliseer is) en “Die Hooghartige Juffrou Bobbejé” is liefdesverhale teen die agtergrond van die koerantwêreld en die wêreld van televisie-produksies. “Verlore Stad[8]” is ’n liefdesverhaal teen die agtergrond van ’n soektog na ’n geheimsinnige stad wat volgens kenners iewers onder die sandduine van die Kalahari begrawe lê. “Marionette Meester” (wat later apart as gratis e-boek beskikbaar gestel word) en “Elandsbaai se Liggies” beskryf die onverwagte draaie wat die liefde in die lewens van mense kan gooi. “Gastehuis Visarend” en “Piet Kokkewiet, Kokkewiet” speel af op die eiland-wêreld van die Benede-Oranjeriviervallei. Hy vertaal ook “Heidi” van Johanna Spyri in Afrikaans.

TV en ander film werkwysig

JaarTV en Korporatiewe Dokumentêre asook TV Insetsels
1982Magaliesberg (Navorsing, Teks en Aanbieding deur Johan Nel, Regie: André van den Heever ) Sonneblom FilmsSAUK
1983Die Oranje Rivier (reeks van 3 episodes)
1985Ons Geveerde Vriende ('n Reeks van 10 episodes, Teks: O.P.M. Prozesky en Johan Nel, Regie: Johan Nel) Sonneblom FilmsTV 1
1987Verlorenvlei
T.O. Honiball
Die Derde Oog (15 minute)50/50
Visarende (15 minute)50/50
Witsand (15 minute)50/50
Kolmanskop
Anna Huis
Elektronika
Patente
Productivity
Victorian Architecture in South Africa
ROEP: Red Ons Eensame Platteland
Die Oos Kaap (reeks van 3 episodes)
1990Die lang trek na nêrens (gedramatiseerde dokumentêr met o.a. André Rossouw, Paul Ehlers, At Botha, Pierre Knoessen) deur Vier-M-ProduksiesSAUK
2005O, Boereplaas! (60 minute dokumentêr oor grondhervorming en probleme rondom die bemagtiging van agtergeblewe boere)KykNET
(Titel onbekend) 4 videos oor oriëntasie van eerstejaarsUS
2006Learn Well ('n program oor studievaardighede vir eerstejaars te Stellenbosch Universiteit)US
Word 'n Ingenieur (vir die Departement Ingenieurswese, US)US
2015Bemarkingsprogramme van 8-minute elk oor die Karsten Boerdery vir 'n internasionale bemarkingsskou in Nederland.Karsten-Boerdery
2017Eilande van die Gariep ('n reeks van 4 episodes) (Johan Nel - Vervaardiger; Johann Botha - Aanbieder)KykNET
2018Vergete Rivier ('n reeks van 4 episodes)[9] (Johan Nel - Vervaardiger, Johann Botha - Aanbieder )KykNET

Eerbewysewysig

In 1987 ontvang hy ’n Artes-toekenning vir die Beste Skeppende Bydrae[10] van die jaar vir sy dokumentêr Verlorenvlei.[11]

Publikasieswysig

Boeke[12] en Stories in Tydskriftewysig

JaarPublikasieNom de plume
1963Die Nuwe Lewe (Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg, 1963; Voortrekker-Boekklub, Maart 1963)Johan Nel
Die Vals Snaar (Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg)Johan Nel
1961Geen Getuienis (Spanningsreeks, Uitgegee in die 60's deur Treffer Uitgewers, Bloemfontein)Johan Nel
1960Groen Dood van Groot Rivier(Speurreeks, Uitgegee in die 60's deur Treffer Uitgewers, Bloemfontein)Johan Nel
1960Droster in Algerië (Spanningsreeks, Uitgegee in die 60's deur Treffer Uitgewers, Bloemfontein)Johan Nel
1960Vloek van die Namib (Spanningsreeks, Uitgegee in die 60's deur Treffer Uitgewers, Bloemfontein)Johan Nel
1960Ek, Die Rooi Spioen (Spanningsreeks, Uitgegee in die 60's deur Treffer Uitgewers, Bloemfontein)Johan Nel
1977Piet Pou verloor sy pronk (Op Safari, Pretoria)Ben Lindemann
1977Kolie Seekoei kry 'n Bril (Mini-Makro-boek uitgegee deur Op Safari (Edms) Beperk, Pretoria)ISBN 0909231400 / ISBN 9780909231408Ben Lindemann
1977Skilder Fred Soek na Kleur (Mini-Makro-boek uitgegee deur Op Safari (Edms) Beperk, Pretoria)Ben Lindemann
1978Bobba se boot (Daan Retief Uitgewers) ISBN 0909230277 / ISBN 9780909230272Ben Lindemann
1982Piet Kokkewiet, Kokkewiet (Sarie, Makro Boeke 1983, Tafelberg Uitgewers 1986)Ben Lindemann
1984Koggelroep van die hadida (Tafelberg Uitgewers) ISBN 0624023141 / ISBN 9780624023142.Ben Lindemann
2002Marionette meester (Sarie)Ben Lindemann
2003Elandsbaai se Liggies (Sarie)
2003Gastehuis Visarend (2003)
2005Meisie van Gazette (Landbou Weekblad Geargiveer 3 Oktober 2018 op Wayback Machine)Ben Lindemann
2006Die Hoogheilige Juffrou Bobbejé (Huisgenoot)
2008Verlore Stad (Landbou Weekblad Geargiveer 3 Oktober 2018 op Wayback Machine)Ben Lindemann
2009Piet Kokkewiet, Kokkewiet en ander verhale - 'n Ben Lindemann Omnibus (Benedic Boeke) ISBN 978-0-9814408-0-4[13]Ben Lindemann

Vertalingswysig

JaarPublikasie
1978Heidi – Johanna Spyri, oorvertel in Afrikaans deur Ben Lindemann (Illustrasies deur Alida Carpenter) (Daan Retief Uitgewers) ISBN 0909230285 / ISBN 9780909230289

Artikelswysig

'Grondhervorming bring nuwe moontlikhede' Rapport, 2 Oktober 2005

'Ons Biblioteke sukkel, maar daar is hoop' Rapport, 27 November 2005

'Arm en ryk woon saam in Eko-Dorp' Rapport, 15 Januarie 2006

'Laat daar Sonkrag wees: veilig, volop, en goedkoop' Rapport, 19 Maart 2006

'Plan by US om studente te leer hoe om te leer' Rapport, 23 April 2006

'Die Kalahari-stad bly verlore' Rapport. 2 Junie 2006

'Alan Paton - liewe land, sestig jaar!' Rapport 20 Augustus 2006

'Noord-Kaap se monsterbome' Rapport 1 Oktober 2006

'Leesprobleme word leerprobleme...maar daar is raad' Rapport 21 Januarie 2007

'Die leerkrag agter Helen Keller' Rapport 4 Februarie 2007

'Groenkrag is die antwoord' Rapport 11 Februarie 2007

'Breyten & broers kom tuis' Rapport 25 Februarie 2007

'Die voëls is terug in die Kalahari, Rapport, 15 April 2007

'Henry Jones: Die man het hom nooit laat keer', Rapport, 29 April 2007

'Daar's krag in die SON' Rapport, 2 September 2007

'Hoe om jou letters in gelid te kry. Navorser ontwerp program vir disleksielyers' Rapport 30 September 2007

' 'n Kans op 'n beter lewe - Fair Trade Projek in Rawsonville' Rapport 21 Oktober 2007

'As jy moeg word vir die lewe in die stad' Rapport, 2 Desember 2007

'Toekomsdrome oor motors sonder brandstof' Rapport 26 Julie 2008

'Goedkoper, kleiner, skoner: Daar's raad vir die kragkrisis' Rapport, 18 Januarie 2009

'Die els wat blindes leer lees en skryf het' Die Burger, 2 Mei 2009

'Toorn as vrug van die 21ste eeuse gees' Die Burger, 2009

'Gertjie Niemöller: Hy kon die onmoontlike vermag (Huldeblyk)' Die Burger, 1 Aug 2015 https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20150801/282823599888238

'Wellington het 'n ware lady verloor (Huldeblyk aan Winnie Rust)'. Paarl Post, 20 Mei 2016 https://www.netwerk24.com/ZA/Paarl-Post/Nuus/wellington-het-n-ware-ladyverloor-20160518-2

Bronnewysig

Resensieswysig

Piet Kokkewiet, Kokkewietwysig

  • Brink, André P. ' 'n Sjarmante verhaal wat baie plesier verskaf' Rapport” 8 Augustus 1982

TV Programmewysig

  • Greyvenstein, Zanné 'TV Topics: The Magaliesberg - rich in history'The Citizen, 1 July 1981
  • Fourie, Louise 'Magaliesberg se hart klop in prent' Bosveld-Beeld, 13 Augustus 1981
  • 'Gisteraand oor die TV - Magaliesberge' Die Burger, 3 Desember 1981
  • Grűtter, Wilhelm 'Pluimpie van die Week - Magaliesberge' Fokus, 'n Weeklikse TV-rubriek: Beeld, 12 Desember 1981
  • 'Gisteraand oor die TV - Oranjerivier' Die Burger, 19 Januarie 1983
  • Michell, John TV Review - 'Oranjierivier'Rand Daily Mail, 19 January 1983
  • Holzapfel, J 'TV Gisteraand -Oranjerivier' Beeld 26 Januarie 1983
  • Koole, Chris 'Gisteraand oor televisie - Oranjerivier' Die Burger, 2 Februarie 1983
  • De Bruin, Wilma 'TV-gisteraand: Oranjerivier' Beeld, 2 Februarie 1983
  • Louw, Reinet 'Pragreeks kom oor SA se voëls' Beeld, 1984
  • Grűtter, Wilhelm 'Ons Geveerde Vriende' Fokus, 'n Weeklikse TV-rubriek, Beeld, 22 Maart 1986

Koerantewysig

De Bruin, Wilma 'Johan het nou sy merk gemaak' Beeld, 6 Oktober 1983

'Johan het nou nes geskop' Die Burger, Oktober 1983

Zeeman, Jaomi 'Johan Nel - nuusman nou op die kassie' Die Courant, 22 November 2017

Verwysingswysig

  1. https://www.netwerk24.com/ZA/Paarl-Post/Wellington/dorp-groet-sy-koerantman-20180131-2
  2. Zeeman, J. Johan Nel- nuusman nou op die kassie. Die Courant, 22 November 2017, p.6.
  3. Radio Helderberg Onderhoud, 4 Mei 2010 [1]
  4. Oranjerivier vallei in die kollig -TV span besoek ons streek Die Gemsbok16 November 2012, p.14
  5. André P. Brink se resensie in Rapport van 8 Augustus 1982
  6. https://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=85535
  7. Lindemann, B. Die Meisie van Gazette, Landbouweekblad Gesinsafdelig:Vervolgverhaal, 2005 http://152.111.1.45/argief/berigte/landbouweekblad/2005/07/8/60/1.html Geargiveer 3 Oktober 2018 op Wayback Machine
  8. Lindemann, B. Verlore Stad, Landbouweekblad, Gesinsafdeling: vervolgverhaal, 2008 http://152.111.1.45/argief/berigte/landbouweekblad/2008/11/07/LB/68/01.html Geargiveer 3 Oktober 2018 op Wayback Machine
  9. https://www.youtube.com/watch?v=J0gjygpxi1U
  10. Rautenbach, Elmarie 'Spogaand van die SAUK' Beeld, 9 Maart 1987
  11. Nel se pen nou stil Die Courant 31 Januarie 2018
  12. Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2009080453/
  13. Litnet Argief
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media