Bell-versameling

Die Bell-versameling in die Jagger-biblioteek van die Universiteit van Kaapstad is ‘n nalatenskap van die kunstenaar Charles Davidson Bell en sy oom sir John Bell.

Die versameling bestaan uit sketse, waterverfskilderye, houtdrukblokke, medaljes en swaarde. Veral die eenkleurige gewaste pentekeninge van tonele in die Oorlog van die Byl is van groot historiese belang. So ook is die straatbeelde van geboue en mense op die strate van Kaapstad van kultuur-historiese nut. Ook is daar ontwerpe vir posseëls (o.a. die beroemde Kaapse driehoekseëls) van die Kaapkolonie en heraldiese wapens.

In die jare 1834 tot 1836 het Charles Bell die ekspedisie van Andrew Smith na Masjonaland vergesel en ‘n 300 tekeninge op die reis gemaak. Hiervan verskyn 8 in James Chapman se Travels in the interior of South Africa (uitgegee in 1868), meer as 60 van mense, plekke en natuurskoon in Andrew Smith se Diary (van 1939) en ‘n paar in Robert Moffat se Missionary Labours. Verskeie van die oorspronklike sketse is in die Bell-versameling. Sy kunswerke toon sy veelsydigheid as kunstenaar. Hy het ‘n oog gehad vir presiese detail en ‘n fyn humorsin. In 1851 wen hy ‘n goue medalje by die Britse Fine Art Exhibition vir sy skildery Landing of Van Riebeeck at the Cape of Good Hope. Die skildery is in die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad. ‘n Twintig afdrukke van sy sketse en skilderye is in die Standard Encyclopaedia of Southern Africa opgeneem en waarvan die oorsponklikes in die Africana Museum is.

Sir John Bell (Bonytown, Fifeshire, Skotland, 1 Januarie 1782 – Cadogan Place, Londen, 20 November 1876) was ‘n soldaat in die Napoleontiese oorloë, Kaapse regeringsamptenaar en koloniale sekretaris (dus minister van binnelandse sake) en ook ‘n kunstenaar. Op een tydstip was hy die oudste generaal in die Britse leër. John Bell was besonder kunssinnig. Hy het kerke ontwerp en waarskynlik is die kerk op Robbeneiland na een sy sy planne gebou. In die versameling is waterverfskilderye van Europese tonele en komiese pensketse wat mense aan die Kaap uitbeeld. Die seremoniële swaarde en medaljes is van hom afkomstig.

Bibliografiewysig

  • van Rijssen, Elizabeth: The Bell Heritage Trust at the University of Cape Town. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 2, April 1982
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media