Been

Hierdie artikel behandel die anatomiese verskynsel in organismes. Vir die gelyknamige ledemaat, sien been (ledemaat).

Been bestaan uit 'n harde grondstof waarin veral die soute kalsiumkarbonaat en kalsiumfosfaat voorkom. Onder die mikroskoop vertoon been 'n definitiewe en kenmerkende patroon van weefselrangskikking. In die lengte van die been loop 'n groot aantal klein kanale, Havers se kanale. Hulle is met mekaar verbind en besit onder andere 'n aar, 'n slagaar, 'n senuwee en 'n limfvaat.

Die bene in 'n mens se voet.

Rondom Havers se kanale kom die beenweefsel in konsentriese lae of lamelle voor. In die lamelle is daar 'n menigte vloeistofgevulde holtes, die lakunes. In elke lakune word 'n beensel aangetref. Die lakunes (holtes) is deur middel van fyn kanale (kanalikuli) met mekaar en ook met Havers se kanale in verbinding. Só 'n groep konsentriese lae met hul fyn kanale wat 'n Havers se kanaal omring, word Havers se stelsel genoem.

Twee soorte been kan onderskei word, naamlik harde been (kompakte been) en sponsbeen. Die skag van 'n langbeen bestaan uit harde been en die koppe uit sponsbeen. Aan die buitekant word been begrens deur 'n veselagtige membraan, die periosteum.

Bronnewysig

  • Senior Biologie, Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media