Basilica minor

Basilica minor (Latyn, letterlik "klein basiliek") is 'n besondere eretitel wat deur die pous aan 'n beduidende kerkgebou verleen word, ongeag sy boustyl. Met die toekenning van dié eretitel word die bande tussen 'n kerk en die biskop van Rome versterk, terwyl die gebou ook vir sy omgewing beduidender word.

Adamspoort van die Bambergse Domkerk in Beiere, Duitsland. Die pouslike wapen oor die portaal verwys na sy status as Basilica minor

Die geboue en vlae van 'n Basilica maior dra soms die gekruiste sleutels wat ook op die pouslike wapen uitgebeeld word. Die padiglione (Latyn: umbraculum, Italiaans ook ombrellino), 'n geel-rooi gestreepte keëlvormige syskerm, wat oorspronklik as 'n sonbeskerming tydens prosessies gebruik is, en die tintinabulum, 'n liturgiese klokkie, is deesdae geen verpligte kentekens meer nie.

Tans dra 1 477 kerkgeboue wêreldwyd die eretitel basilica (basiliek), waarvan 528 in Italië. Veral bedevaartskerke word met dié titel vereer. 'n Basilica minor kan maklik aan die pouslike wapen (van die huidige pous of dié wat die titel oorspronklik verleen het) herken word wat oor die portaal of enige ander opvallende plek aangebring is. 'n Hoër rang as dié van Basilica minor is die titel Basilica maior, wat egter tot op datum slegs aan sewe Rooms-Katolieke kerkgeboue toegeken is.

Verwysingswysig

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Basilica minor

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media