Bartolomeo Rastrelli

Francesco Bartolomeo Rastrelli (Russies: Франче́ско Бартоломе́о (Варфоломе́й Варфоломе́евич) Растре́лли; 1700, Parys, Koninkryk van Frankryk – 29 April 1771 in Sint Petersburg, Russiese Ryk) was 'n Italiaanse argitek wat hoofsaaklik in Rusland werksaam was. Hy het 'n geredelik herkenbare styl van laat-Elizabethaanse barok ontwikkel wat weelderig, majestueus en verhewe was. Sy grootste werke, insluitende die Winterpaleis in Sint Petersburg en die Katharina-paleis in Tsarskoye Selo, is bekend om die uitspattigheid en weelderige dekorasie daarvan.[1]

Portret van Graaf Rastrelli soos geskilder deur Pietro Rotari

Biografiewysig

In 1716 verhuis Bartolomeo na Sint Petersburg, wat vier jaar vantevore die nuwe Russiese hoofstad geword het. Hy is vergesel van sy vader, die Italiaanse beeldhouer Carlo Bartolomeo Rastrelli (1675–1744). [1] Sy ambisie was om die nuutste Italiaanse argitektuurmodes te kombineer met tradisies van die Moskouse Barok-styl. Sy eerste belangrike opdrag kom in 1721 toe hy gevra word om 'n paleis te bou vir prins Demetre Cantemir, die voormalige heerser van Moldawië.

Hy word in 1730 as senior hofargitek aangestel. Sy werke het guns gevind by die vroulike vorste van sy tyd, en hy het hierdie pos behou gedurende die heerskappy van keiserinne Anna (1730–1740) en Elisabeth (1741–1762).

Rastrelli se laaste en mees ambisieuse projek was die Smolny-klooster in Sint Petersburg waar keiserin Elisabeth die res van haar lewe sou deurbring. Die kloktoring sou die hoogste gebou in Sint Petersburg en die hele Rusland word. Elisabeth se dood in 1762 verhinder egter dat Rastrelli hierdie groot ontwerp voltooi. [1]

Die nuwe keiserin, Katharina II, het Barok-argitektuur afgemaak as outydse "slagroom", en die bejaarde argitek het dus afgetree in Courland, waar hy toesig gehou het oor die voltooiing van die hertoglike paleise.

In sy laaste jare het hy obskure handeltransaksies met Italiaanse kunshandelaars aangegaan. Hy is enkele maande voor sy dood verkies tot die Ryksakademie van Kunste. [1] 'n Stadsplein voor die Smolny-klooster dra sedert 1923 Rastrelli se naam. Hy is die onderwerp van 'n komposisie getiteld "Rastrelli in Sint Petersburg", wat in 2000 geskryf is deur die Italiaanse komponis Lorenzo Ferrero.

Tien bestaande geboue wat deur Rastrelli ontwerp iswysig

#BeeldNaamLiggingDatum
1 Rundāle-paleisPilsrundāle naby Bauska
 Letland
1736–1740
1764–1767
2 Jelgava-paleisJelgava
 Letland
1738–1740
1763–1772
3 Peterhof-paleisPeterhof naby Sint Petersburg
 Rusland
1747–1755
Peterhof-paleis kapellePeterhof naby Sint Petersburg
 Rusland
1747–1751
4 Sint Andrew's Kerk, KiëfKiëf
 Oekraïne
1748–1767
5 Smolny-kloosterSint Petersburg
 Rusland
1748–1764
6 Vorontsov-paleisSint Petersburg
 Rusland
1749–1757
7 Katharina-paleisTsarskoe Selo (die dorp Pushkin)
 Rusland
1752–1756
Hermitage-pawiljoenTsarskoe Selo (die dorp Pushkin)
 Rusland
1749
8 Mariyinsky-paleisKiëf
 Oekraïne
1752
1870
9 Stroganov-paleisSint Petersburg
 Rusland
1753–1754
10 WinterpaleisSint Petersburg
 Rusland
1754–1762[2]

Boris Vipper spekuleer dat Rastrelli sy laaste (en onvoltooide) ontwerp vir die Neoklassieke-herehuis naby Mitava gemaak het.

Gesloopte gebouewysig

#BeeldNaamNotasLiggingDate
1 AnnenhofGebou van hout, vervang deur die Katharina-paleisLefortovo Distrik, Moskou
 Rusland
1731
verplaas in 1736
afgebrand in 1746
2 Anna se WinterpaleisVervang deur die WinterpaleisSint Petersburg
 Rusland
1732–1735
gesloop in 1754
3 SomerpaleisGebou van hout, vervang deur Sint Michael se KasteelSint Petersburg
 Rusland
1741–1744
gesloop in 1797
4 Winter KremlinpaleisVervang deur die Groot KremlinpaleisMoskouse Kremlin
 Rusland
1747–1756
herbou in
gesloop in 1837

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Bartolomeo Francesco Rastrelli. Encyclopædia Britannica
  2. Ring, Trudy; Watson, Noelle; Schellinger, Paul (28 Oktober 2013). Northern Europe: International Dictionary of Historic Places. ISBN 9781136639449.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media