Bamboes

Bamboes (Bambusoideae) is die naam van die grootste lid van die grasfamilie (Gramineae, of Poaceae). Daar is ongeveer 60 verskillende genera en meer as 200 spesies wat in alle tropiese en subtropiese gebiede van die wêreld groei. Afgesien daarvan dat bamboes vir 'n hele aantal verskillende doeleindes gebruik kan word, is dit ook 'n voedselbron vir mense en die panda-beer.

Bamboes
Bamboes woud by Huangshan, China
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Monocots
Subklas:
Commelinids
Orde:
Poales
Familie:
Genus:
BOP clade
Spesie:
Bambusoideae
Binomiale naam
Bambusoideae

Voorkoms en groeiwysig

Bamboessoorte wissel van die klein Japanse pigmeebamboes, wat slegs 'n paar sentimeter hoog is, tot die bamboese wat in China en Indië en teen die noordelike hange van die Andesgebergte in Suid-Amerika aangetref word en maklik 40 m of hoër word. Bamboes groei in gebiede wat van 0 tot 5 000 m bo seespieël is.

Bamboese is slank plante: 'n Bamboesstam van byvoorbeeld 20 m hoog, is gewoonlik slegs 12 cm dik. Soos alle grasse, is ook die bamboes se stam hol, gelid en hard aan die buitekant. Groot veeragtige blare groei aan die bopunt van die stam uit.

Bamboes groei baie vinnig en kan maklik 'n lengte van 10 m in net twee maande bereik. Dié verbasende groeivermoë het daartoe aanleiding gegee dat bamboes dikwels gedurende die Tweede Wêreldoorlog en die Viëtnamese oorlog as folterinstrument gebruik is. Die slagoffers is vasgemaak op jong bamboesstokkies, wat binne enkele ure in hul liggame ingegroei het.

Gebruikewysig

In lande soos Thailand, China, Japan, Indië en Indonesië word bamboes op baie maniere benut. 'n Hele huis word somtyds uit die verskillende bamboesdele opgerig. Die stingels vorm 'n raamwerk en geweefde splinters dien as afskortings vir die verskillende vertrekke. Gesplete bamboese word vir die vloer gebruik en die dak word met bamboesblare gedek. Die binneste hol gedeelte van die stam tussen twee knope word gebruik vir koppies, bakke en houers. Van die kleiner bamboese word inkpotte en vingerhoede gemaak. Die jong lote is 'n gewilde kossoort van die panda-beer, en mense voeg dit as 'n groente by kos. Ook die sade van die bamboes kan geëet word en word dikwels as plaasvervanger vir rys gebruik.

Maar dit is nog lank nie die einde van die talle gebruike van bamboes nie. 'n Sekere medisyne word van bamboessap verkry, en sommige Chinese slaap op 'n bamboeskussing. Meshewwe word van die buitenste deel van die stam gemaak en papier van die binneste. Baie snuisterye vir die uitvoer- en toeristehandel word vervaardig, byvoorbeeld pype en speelgoed.

Bykans alle Westerse lande voer vandag bamboes in om te gebruik in die vervaardiging van sambreelhandvatsels, stoele, gordyne, hokke, mandjies, wiegies, materiaal ens.

Bronnelyswysig

Wêreldspektrum, Volume 2, bl.163-164, ISBN 0908409419

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media