Aware

Die Aware was 'n steppevolk wat in die oorgangsperiode tussen die antieke tydperk en die Middeleeue vanuit hul Europese vestigingsgebied in die Hongaarse Laagvlakte groot dele van Sentraal- en Oos-Europa oorheers het. Hul oorsprong en taal is onbekend. Volgens historiese bronne was die term "Awaar" 'n moontlik 'n versamelnaam vir 'n volk van gemengde etniese afkoms waarin ruitervolke en ander stamme versmelt het, terwyl hulle ook noue bande met Slawiese volke gehandhaaf het.

Europa in die 6de eeu n.C.
'n Goue bulkopbak wat in 1799 in Hongarye as deel van die Skat van Nagyszentmiklós ontdek is

In 558 het die Aware nog 'n gebied in die Kaukasus bewoon. Vervolgens het hulle betrokke geraak by oorloë tussen verskillende Germaanse stamgroepe en as bondgenote van die Germaanse Langobarde 'n beslissende rol in die oorlog teen die Gepidae as bondgenote van die Bisantynse Ryk gespeel. Tussen 550 en 575 het die Aware hulle in die Groot Hongaarse Laagvlakte tussen die Donau- en Tiszariviere gevestig. Hierdie gebied, wat groot dele van die huidige Oostenryk en Hongarye ingesluit het en op sy hoogtepunt tussen die 6de en 8ste eeu verder uitgebrei is tot 'n magtige ryk wat van die Oos- tot die Adriatiese See en van die Elbe- tot die Dnipro-rivier gestrek het, sou tot die sentrum van die Pannoniese Awarebeskawing ontwikkel.

Weens die gebrek aan skriftelike dokumente bly die herkonstruksie van die Awaarse beskawing en geskiedenis 'n uitdaging vir historici en argeoloë. Die mees omvattende beskrywing hiervan is deur die Oostenrykse geskiedkundige Walter Pohl gepubliseer. Historiese bronne bevestig dat Aware hulself in hul ryk eerder volgens hul sosiale status as bolaag van die samelewing gedefinieer het as deur etniese herkoms. In die vroeë 9de eeu het Karel die Grote daarin geslaag steeds groter dele van die Awareryk te verower. Die Aware het in dié tyd aan status en politieke belangrikheid ingeboet. Awaarse invloede en leefstyle kan - onder Hongaarse en (Proto-)Bulgaarse heerskappy - nog tot in die 10de eeu aangetoon word. Vervolgens het Aware hul kulturele identiteit verloor.[1]

Aware en Awaarssprekers word tans nog in die Kaukasus-gebied aangetref.

Verwysingswysig

  1. "Heinz Dopsch, Universiteit van Salzburg : Steppenvölker im mittelalterlichen Osteuropa - Hunnen, Awaren, Ungarn und Mongolen. Besoek op 27 Mei 2017" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 November 2017. Besoek op 27 Mei 2017.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media