Australiese nasionale krieketspan

Die Australiese nasionale krieketspan (Engels: Australia national cricket team) is die nasionale krieketspan van Australië en word deur Krieket Australië (CA, van Engels: Cricket Australia) bestuur. Dit is die gesamentlike oudste span in toetskrieket, wat hul eerste toets reeds in 1877 teen Engeland gespeel het.[10] Die span speel ook EDI- en T20I-krieket, hulle was deel van beide die eerste EDI, teen Engeland in die 1970/71 seisoen[11] en die eerste T20I, teen Nieu-Seeland in die 2004/05-seisoen,[12] en het ook albei wedstryde gewen. Die span trek sy spelers hoofsaaklik van die spanne wat in die Australiese binnelandse kompetisies speel – die Sheffield Shield, die Australiese tuis-eendagreeks en die Big Bash-liga. Australië is tans (April 2022) erste op die IKR-toetsranglys, derde op die eendagranglys en sesde op die Twintig20-wêreldranglys.[13][14][15]

Australië
Kenteken van die Australiese nasionale krieketspan.svg
Kenteken van die Australiese nasionale krieketspan
KonferensieKrieket Australië
Personeel
ToetskapteinPat Cummins
EDI-kapteinAaron Finch
T20I-kapteinAaron Finch
AfrigterVlag van Australië Andrew McDonald
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1877
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1909)
IKR-streekOos-Asië-Pasifiek
IKR-ranglys Tans[3] Beste rang tot dusver
Toetsrang3de1ste (1 Januarie 1952)
EDI3de1ste (1 Januarie 1990)[1]
T20I6de1ste (1 Mei 2020)[2]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 15–19 Maart 1877
Laaste toetst Vlag van Pakistan Pakistan op Gaddafistadion, Lahore; 21–25 Maart 2022
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]842399/226 (47,38%)
(2 gelykop, 215 onbeslis)
Vanjaar[5]52/0 (0 gelykop, 3 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
1/1 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslag3de plek (in 2019–2021)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 5 Januarie 1971
Laaste EDIt Vlag van Pakistan Pakistan op Gaddafistadion, Lahore; 2 April 2022
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]961582/336 (63,26%)
(9 gelykop, 34 onbeslis)
Vanjaar[7]31/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings12/12 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015)
Kampioentrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2006 en 2009)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Edenpark, Auckland; 17 Februarie 2005
Laaste T20It Vlag van Pakistan Pakistan op Gaddafistadion, Lahore; 5 April 2022
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]15983/70 (53,33%)
(3 gelykop, 3 onbeslis)
Vanjaar[9]64/1
(1 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings7/7 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2021)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Australiese krieketspan het al 842 toetswedstryde gespeel, 399 gewen, 226 verloor, 215 het onbeslis en twee gelykop geëindig.[16] Australië is die suksesvolste span in toetskrieket, volgens algehele oorwinnings, wen-nederlaag-verhouding en wenrekord.

Die Australiese krieketspan het al 961 EDI-wedstryde gespeel, 582 gewen, 336 verloor, nege het gelykop en 34 onbeslis geëindig.[17] Australië is die suksesvolste span in internasionale eendagwedstryde en hulle het tot dusver meer as 60% van hulle wedstryde gewen. Australië het sewe keer in die eindstryd van die krieketwêreldbekertoernooi verskyn (in 1975, 1987, 1996, 1999, 2003, 2007 en 2015) en die eindstryd vyf keer gewen: in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015; albei meer as enige ander span. Australië is ook die eerste span wat in vier agtereenvolgende eindstryde verskyn het (in 1996, 1999, 2003 en 2007), en hulle het sodoende die ou rekord van drie eindstrydverskynings van Wes-Indië (in 1975, 1979 en 1983) geëwenaar en is ook die eerste span wat drie agtereenvolgende krieketwêreldbekertoernooie gewen het (in 1999, 2003 en 2007). Die span was vir 34 wêreldbekerwedstryde onoorwonne, totdat Pakistan hulle op 19 Maart tydens die Krieketwêreldbeker 2011 se groepfase met vier paaltjies geklop het.[18] In 2015 het hulle die tweede span geword wat ’n krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het (in 2015), ná Indië (in 2011). Australië het ook die IKR se Kampioentrofee twee keer ingepalm (in 2006 en 2009), tot dusver die enigste span wat dit twee agtereenvolgende keer gewen het.

Die Australiese krieketspan het al 159 Twintig20-wedstryde gespeel, 83 gewen, 70 verloor, drie het gelykop en drie onbeslis geëindig.[19] Die span het die eindstryd van die IKR se T20I-wêreldbeker twee keer gehaal (in 2010 en 2021) en die eindstryd een keer gewen: in 2021 teen Nieu-Seeland.

Op 12 Januarie 2019 het Australië sy 1 000ste oorwinning in internasionale krieket behaal.[20] Hulle het Indië in die eerste EDI op die Sydney-krieketveld met 34 lopies gewen. 24 voormalige Australiese spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Beheerliggaam

Krieket Australië (Engels: Cricket Australia, CA), voorheen bekend as die Australiese Krieketraad (AKR; Engels: Australian Cricket Borard, ACB), is die beheerliggaam vir enige krieket in Australië. Dit is in 1905 as die Australiese Beheerraad vir Internasionale Krieket (Australian Board of Control for International Cricket) gestig. Dit is as ’n Australiese publieke maatskappy gelys.[21]

Krieket Australië bestuur al die Australiese verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van beide toets- en EDI-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Australië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Australiese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Nes ander krieketnasies beskik Australië oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[22] Australia A is die tweede nasionale span van Australië en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Geskiedenis

Invoering en vestiging van krieket

 
’n Krieketwedstryd op die Melbourne-krieketveld op 1 Januarie 1864
 
Die Aborigines-krieketspan van die Engelandtoer 1868 met Charles Lawrence in die middel

Soos in ander dele van die wêreld het Britse kolonisasie die spel krieket na Australië gebring, wat vinnig gewildheid verwerf het. Die eerste bekende krieketwedstryd in Australië is in Desember 1803 in Sydney gespeel en volgens ’n verslag in die Sydney Gazette op 8 Januarie 1804 was dié spel in die nuwe kolonie reeds goed gevestig.[23] Teens 1826 is krieketklubs soos die Currency Krieketklub, die Militêre Krieketklub en die Australiese Krieketklub gestig. Van hierdie vroeë wedstryde is op Hydepark[24] en Racecourse[25] aangebied.[26][27][28][29] Net ’n kort rukkie later is klubs in Van Diemen’s Land (later Tasmanië genoem) soos in Hobart in 1832 en Launceston in 1843 gestig. In 1838 is in Victoria glo Australië se mees eksklusiewe en invloedrykste krieketklub gestig, die Melbourne Krieketklub (MKK). Klubs in die ander kolonies het in 1839 in Suid-Australië en Wes-Australië gevolg, en in 1835 is ’n wedstryd tussen die werknemers en die werktuigkundiges op die een kant en die bouers van die nuwe Regeringshuis in Perth op die ander kant gereël.[27]

Interkoloniale krieket in Australië het in Februarie 1851 met ’n besoek van krieketspelers uit Victoria in Tasmanië begin.[27] Dié wedstryd is op 11–12 Februarie in Launceston gespeel en Tasmanië het met drie paaltjies gewen.[30] ’n Bykomende drie wedstryde is voor 1854 tussen die twee spanne gespeel, maar daarna het die oorsteek van die Bassstraat vir die Victoria-span minder aantreklik geword en hul fokus het na die buurkolonie Nieu-Suid-Wallis verskuif. Dié wedstryde het ’n groot belangstelling gewek, insluitende ’n skare van 15 000 tydens ’n wedstryd in Sydney in Januarie 1853.[27] Krieketrade is in die onderskeidelike kolonies gestig: in 1857 in Nieu-Suid-Wallis, in 1864 in Victoria en in 1871 in Suid-Australië.[27]

In 1861/62 het ’n Engelse span die eerste toer na Australië onderneem; dié toer is deur die spysenieringmaatskappy Spiers & Pond as ’n private onderneming gereël. Die span is deur HH Stephenson aangevoer en het veral uit krieketspelers van Surrey bestaan en alhoewel dié span nie heeltemal verteenwoordigend was nie, was dit redelik sterk. Terwyl die plaaslike bevolking se pogings, selfs as hulle die kans sou gehad het, meestal tevergeefs was, het die toer onder die ondersteuners gewildheid verwerf en was vir beide krieketspelers en aanbieders baie winsgewend. ’n Verdere toer het in 1863/64 gevolg, aangevoer deur George Parr en dit was nog suksesvoller as die vorige toer.[31]

In 1868 het Aborigines-krieketspelers die eerste Australiese span geword om na Engeland te toer, waarmee vir Australië die internasionale krieket begin het. Dié span is aangevoer deur Charles Lawrence, ’n lid van Stephenson se 1861-span wat in Australië gebly het, en het meestal uit spelers van Harrow en Edenhope in die Wimmera-streek van Wes-Victoria bestaan. Die span het uitstekende spelers soos Johnny Mullagh ingesluit en 14 van 47 wedstryde gewen, 19 gelykop gespeel en 14 verloor. Naas krieket het die spelers ook atletiese bekwaamheid voor, ná en tydens wedstryde vertoon, insluitende die gooi van boemerangs en spiese. Die groot werklas en die slegte weerstoestande het sy tol geëis toe King Cole tydens die toer ’n dodelike geval van tuberkulose opgedoen het.[32]

Die eerste toetse

 
Die Australiese krieketspan wat in 1878 na Engeland getoer het
 
Die “doodsberig” wat in 1882 in The Sporting Times verskyn het

In 1873/74 en 1876/77 is verdere toere deur Engelse spanne (insluitende die destyds bekendste krieketspeler W.G. Grace) na Australië onderneem.[31] Die 1876/77-seisoen is noemenswaardig vir ’n wedstryd tussen ’n saamgestelde XI uit Nieu-Suid-Wallis en Victoria teen die besoekende Engelse op die Melbourne-krieketveld op 15–19 Maart 1877. Dié wedstryd, wat later as die eerste toetswedstryd nog erken is, is met 45 lopies deur Australië gewen.[33][10] Charles Bannerman het die eerste honderdtal in eersterangse krieket aangeteken, en ’n onoorwonne telling van 165 behaal.[34] Die uitslag van hierdie wedstryd word deur beide Australiërs en Engelse as ’n weerkaatsing van Australiese krieket se stygende gehalte gesien.[35] Toetskrieket, wat destyds net tussen Australië en Engeland gespeel is, is gekniehalter deur die lang afstand tussen dié twee lande, waardeur wedersydse toere per skip maande geduur het. Weens die moeite van die destydse lang toere was die “ontspanne” gasheer altyd die gunsteling. Ten spyte van Australië se kleiner bevolking was die span in vroeë wedstryde baie mededingend. Die meeste krieketspelers was destyds veral uit óf Nieu-Suid-Wallis óf Victoria, met die noemenswaardige uitsondering George Giffen, die veelsydige ster uit Suid-Australië.

’n Hoogtepunt van Australië se vroeë geskiedenis was die 1882-toets in Engeland op The Oval, wat Australië verrassend met sewe lopies gewen het.[36][37][38] In hierdie wedstryd het Fred Spofforth 7/44 in die toets se vierde beurt behaal en sodoende die Australiese oorwinning verseker, aangesyn hy Engeland van hul 85-lopiesteiken ontneem het. Ná die wedstryd het The Sporting Times, ’n vername destydse Londense koerant, ’n spottende “doodsberig” gedruk waarin die dood van Engelse krieket bekend gemaak is en dat “die lyk veras sal word en die as na Australië geneem sal word”. Uit hierdie ’n koerantgrap het die beroemde Die As-reeks ontstaan, waarin Australië en Engeland ’n reeks toetswedstryde speel om te bepaal wie die As-urn verower. Tot op hede is hierdie kompetisie een van die felste wedyweringe in internasionale sport.[39][40] Die volledige persberig lui soos volg:

In Liefdevolle Herinnering

AAN
ENGELSE KRIEKET,
WAT BY DIE OVAL GESTERF HET
OP
29 AUGUSTUS 1882,
Diep beklaag deur 'n groot verdriet
vriende en bekendes.
R. I. V.

N.B.—Die lyk sal veras en die
as na Australië geneem word.[41]

Die “goue tydperk”

 
“Spring vir ’n reguit grenshou”, George Beldam, ca. 1905 – glo een van die bekendste foto’s in die krieketgeskiedenis[42]
 
Die Australiese span in 1896
 
Die derde toets tussen Australië en Engeland in 1902 op die Adelaide-ovaal

Na die tydperk tussen die 1890-seisoen en die begin van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 word dikwels as die Golden Age of Cricket (“goue tydperk van krieket”) verwys.[38] Naas Engeland, wat steeds Australië se hoofmededinger was, het aan die einde van die 19de eeu met Nieu-Seeland en Suid-Afrika nuwe mededingers verskyn. Die As-reekse was oorwegend geëwenaar en veral die kolwer Victor Trumper was die Australiese span se ster.[43]

Tydens hierdie “goue tydperk” van die Australiese krieket het die span onder kapteinskap van Joe Darling, Monty Noble en Clem Hill agt van hul tien toetse gewen. Volgens algemene mening het die Australiese “goue tydperk” met die Engelse toer na Australië in 1897/98 begin en tot die Suid-Afrikaanse toer na Australië in 1910/11 gestrek. Uitstekende kolwers, briljante veelsydiges asook uitmuntende boulers het almal gehelp om van Australië die oorheersende krieketmag in hierdie tydperk te maak.[38]

Victor Trumper het een van Australië se eerste sporthelde geword, en word algemeen as Australië se beste kolwer voor Donald Bradman en een van die gewildste spelers beskou. Hy het destyds ’n rekord van 49 toetse gespeel en 3163 lopies aangeteken (’n verdere rekord) met ’n destydse gemiddeld van 39.04. Sy vroeë beswyking in 1915 op 37 aan nierversaking het tot nasionale rou gelei. Die Wisden Cricketers' Almanack het in sy doodsberig oor hom Trumper Australië se beste kolwer genoem: Of all the great Australian batsmen Victor Trumper was by general consent the best and most brilliant. (“Van al die groot Australiese kolwers was Victor Trumper met algemene toestemming die beste en briljantste.”)[44]

Die laaste jare voor die Eerste Wêreldoorlog is deur ’n konflik tussen die spelers, aangevoer deur Clem Hill, Victor Trumper en Frank Laver, en die Australiese Krieketraad, onder Peter McAlister, wat probeer het om meer beheer oor toere van die spelers te kry, oorheers. Dit het tot die uittrede van ses leidende spelers (die sogenaamde “Groot Ses”) tydens die driehoekige toernooi in 1912 in Engeland gelei, waarvolgens Australië se span as ’n tweede vlakspan beskou is.[45] Dit was die laaste reeks voor die Groot Oorlog, en Australië sou vir agt jaar nie meer internasionale krieket speel nie; Tibby Cotter het tydens die oorlog in Palestina gesneuwel.[46]

Tussenoorlogse tydperk

 
Herbert Sutcliffe vee Arthur Mailey uit tydens die eerste As-toets in Sydney, 1924

Ná die Eerste Wêreldoorlog is die internasionale toere tydens die 1920/21-seisoen hervat. Die besoekende Engelse span onder kaptein Johnny Douglas het tydens die As-reeks 1920/21 al vyf toetse in Australië onder kaptein Warwick Armstrong verloor.[47] Verskeie spelers van die tydperk voor die oorlog, insluitende Warwick Armstrong, Charlie Macartney, Charles Kelleway, Warren Bardsley en die paaltjiewagter Sammy Carter het ’n leidende rol in die span se sukses gehad, maar ook nuwe spelers en die sogenaamde “tweelingverwoesters” Jack Gregory en Ted McDonald. Die span het sy sukses tydens die Englandtoer 1921 voortgesit, waarin hulle drie van hul vyf toetse in Warwick Armstrong se laaste toetsreeks gewen het.[48] Daarmee het Australië sy oorheersing in die As-reeks bekragtig. Gedurende die drie reekse tussen 1920 en 1925 het hulle van 15 toetse net een teen Engeland verloor. Die hele span was egter in die tweede helfte van die 1920’s minder konsekwent, en Australië het sy eerste die As-reeks sedert die 1911/12-seisoen in 1928/29 verloor.[49]

Die Bradman-tydperk

 
Die Australiese span tydens hul Engelandtoer in 1930
 
Bill Woodfull ontwyk ’n gevaarlike lyf-bal van Harold Larwood tydens die sogenaamde “Lyfkrieket-reeks” in 1932–33

Die Australiese Engelandtoer in 1930 het ’n nuwe tydperk van sukses vir die Australiese span ingelui. Die span, gelei deur Bill Woodfullthe unbowlable (“die Onboulbare”)[50] – het legendes soos Bill Ponsford, Stan McCabe, Clarrie Grimmett, maar ook die jong paartjie Archie Jackson en Don Bradman ingesluit. Bradman was die uitstekende kolwer van die reeks en het ’n rekord van 974 lopies aangeteken, insluitende een honderdtal, twee dubbelhonderdtalle en een driehonderdtal, ’n reuse telling van 334 in Leeds wat 309 lopies op een dag insluit.[51] Jackson het drie jaar later op 23 aan tuberkulose beswyk, nadat hy in agt toetse gespeel het.[52] Die span is algemeen as onoorwinlik beskou, en Australië het nege van hul volgende tien toetse gewen.

Die Engelse 1932/33-toer na Australië het in die sogenaamde “Lyfkrieket-reeks” ontaard en word as een van die mees epiese in internasionale krieket beskou. Weens die oorheersing van Don Bradman het die Engelse span lyfboulwerk gebruik, om paaltjies te neem.[53] Die Engelse kaptein Douglas Jardine het vir sy boulers Bill Voce en Harold Larwood opdrag gegee om vinnige aflewerings met ’n kort afstand op die liggame van die Australiese kolwers te boul.[53] Dié taktiek, alhoewel dit effektief was, is deur die Australiese ondersteuners as kwaadwillig en onsportief beskou. Beserings aan Bill Woodfull, wat net bo die hart getref is, en Bert Oldfield, wat ’n skedelbreuk opgedoen het (hoewel dit van ’n nielyfbal was), het die situasie vererger, en amper tot onluste in die met 50 000 ondersteuners volgepakte Adelaide-ovaal in die derde toets gelei. Die konflik het byna tot ’n diplomatieke voorval tussen die twee lande ontwikkel, nadat vername Australiese politici, waaronder die goewerneur van Suid-Australië, Alexander Hore-Ruthven (van Engelse herkoms), protes by hul Engelse eweknieë aangeteken het. Die reeks eindig met ’n 4–1-oorwinning vir Engeland, maar die gebruikte lyfboulwerk-taktiek is die volgende jaar verbied.[53]

Die Australiese span het van hierdie reeks herstel en hul volgende Engelandtoer in 1934 gewen. Die span is gelei deur Bill Woodfull tydens sy laaste toer en is veral oorheers deur Ponsford en Bradman, albei het twee keer ’n vennootskap van meer as 380 lopies behaal, en Bradman het weer ’n driehonderdtal in Leeds behaal. Die boulwerk is oorheers deur die draaipaartjie Bill O’Reilly en Clarrie Grimmett, wat altesaam 53 paaltjies geneem het, van wie O’Reilly twee keer ’n sewe-paaltjie-oes.[54]

Don Bradman word algemeen as die beste kolwer van alle tye beskou.[55][56] Hy het die sport vanaf 1930 tot sy uittrede in 1948 oorheers, en nuwe rekords vir die hoogste telling in ’n toetsbeurt (334 teen Engeland op Headingley in 1930), die meeste lopies (6996), die meeste honderdtalle (29), die meeste dubbel-honderdtalle en die hoogste toets- en eersterangse kolfgemiddeldes aangeteken. Sy rekord vir die hoogste kolfgemiddelde – 99.94 – is nooit oortref nie. Dit is amper 40 lopies per beurt meer as die naasbeste kolfgemiddelde. Hy sou met ’n gemiddelde van meer as 100 lopies per beurt kon afgesluit het as hy nie vir ’n nulletjie in sy laaste toets uitgevang is nie. Hy is in 1949 vir sy bydraes tot krieket tot ridder geslaan. Hy word algemeen as een van Australië se grootste sporthelde beskou.[57][58]

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is toetskrieket weer onderbreek, in die laaste toetsreeks voor die oorlog in 1938 het Len Hutton ’n wêreldrekord van 364 vir Engeland aangeteken, en Chuck Fleetwood-Smith moes 298 lopies in Engeland se wêreldrekord van 7/903 afstaan.[59] Ross Gregory, ’n noemenswaardige jong kolwer wat voor die oorlog in twee toetse gespeel het, het tydens die oorlog gesneuwel.[60]

Ná die Tweede Wêreldoorlog

 
Peter May ry Bill Johnston op pad na ’n honderdtal in Sydney, 1954
 
Die Australiese span voor die toets in Wellington, Nieu-Seeland, 1946
Filmnuus uit 1964: Nederland wen die krieketwedstryd teen Australië op die Haagse krieketveld

Die Australiese krieketspan het sy sukses ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog voortgesit, en het tydens die 1945/46-seisoen die eerste toets (ook Australië se eerste toets teen Nieu-Seeland, sedert 1930 ’n toetsnasie) in Nieu-Seeland gespeel.[61] Australië was verreweg die suksesvolste span van die 1940’s en was in die hele dekade onoorwonne; hulle het twee As-reekse teen Engeland en hul eerste toets teen Indië (sedert 1932 ’n toetsnasie) gewen.[62] Die span het op sy ou sterre rondom Bradman staat gemaak, maar ook nuwe talente ingespan, wie almal in die tweede helfte van die 1940’s sou debuteer en vir ’n groot deel van die volgende dekade die grondslag van die Australiese span sal vorm. Die span onder kaptein Don Bradman in Engeland in 1948 het die bynaam die The Invincibles (“die onoorwinlikes”) gekry, nadat hulle tydens die hele toer net een wedstryd verloor het.[63][64] Van 31 eersterangse wedstryde gedurende die toer het hulle 23 gewen en in agt gelykop gespeel, insluitende ’n oorwinning in die vyf-toetsreeks met 4–0, met een onbeslis. Die toer is veral noemenswaardig vir die vierde toets, waarin Australië met sewe paaltjies gewen nadat hulle ’n teiken van 404 gejaag het, en ’n nuwe rekord vir die hoogste lopiejaag in toetskrieket opgestel het, beide Arthur Morris en Bradman het honderdtalle behaal, maar ook vir die laaste toets, Bradman se laaste, wat hy met ’n nulletjie in sy laaste beurt afsluit, nadat hy net vier lopies benodig het om sy loopbaan met ’n gemiddelde 100 te beëindig.[65]

Gedurende die 1950’s was Australië minder suksesvol, nadat hulle drie agtereenvolgende As-reekse teen Engeland verloor het, insluitende ’n erge Engelandtoer 1956, waar die “draaibaltweelings” Laker en Lock Australië vernietig het, en altesaam 61 paaltjies geneem het, insluitende Laker se 19 paaltjies in die wedstryd (’n eersterangse rekord) op Headingley, ’n wedstryd wat “Laker se wedstryd” gedoop is.[66] Australië het egter herstel en vanaf 1958 tot 1968 oor ses agtereenvolgende reekse die urn behou, eers onder die leierskap van Ian Johnson, en toe Ian Craig en Richie Benaud. Die tuisreeks teen Wes-Indië in die 1960/61-seisoen is veral noemenswaardig vir die onbesliste toets in die eerste wedstryd op The Gabba, die eerste in toetskrieket, nadat Australië versuim het om die beslissende lopie vir ’n oorwinning aan te teken.[67][68] Australië het die reeks met 2–1 gewen in ’n naelskraapse reeks wat vir sy uitstekende kwaliteit en sin vir ’n regverdige spel geloof is.[69] Van die uitstaande spelers in die reeks en die vroeë 1960’s was die draaibalbouler Richie Benaud, wat ’n destydse aantal rekord van paaltjies geneem het en Australië in 28 toetse aangevoer het, insluitende 24 sonder ’n nederlaag; Alan Davidson, ’n noemenswaardige snelbouler en ook die eerste speler wat tien paaltjies neem en 100 lopies in dieselfde speel in die eerste toets aanteken; Bob Simpson, wat Australië ook later as kaptein sou lei; Colin McDonald, die eerste keuse-aanvangskolwer vir die grootste deel van die 1950’s en vroeë 1960’s; Norm O’Neill, wat 181 tydens die onbesliste toets aangeteken het; Neil Harvey, aan die einde van sy lang loopbaan; en Wally Grout, ’n uitstekende paaltjiewagter wat op 41 oorlede is.

Die Australiërs het hul sukses gedurende die 1970’s voortgesit. Die Eeufeestoets is in Maart 1977 op die Melbourne-krieketveld ter herdenking van die eerste toets 100 jaar gelede gespeel. Australië het die toets met 45 lopies gewen, ’n identiese uitslag as in die eerste toetswedstryd.[70][71]

Opkoms van EDI-krieket

 
Die Australiese span in 1988

Sedert 1971 speel Australië nie net toetswedstryde teen ander krieketnasies nie, maar ook EDIs. Tydens die Krieketwêreldbeker 1975 in Engeland is Australië in die eindstryd deur Wes-Indië verslaan. Aan die begin van die 1980’s het ’n krisis in Australiese krieket gevolg. Tydens beide die Krieketwêreldbeker 1979 en Krieketwêreldbeker 1983 – wat ook in Engeland aangebied is – is Australië reeds in die groepfase uitgeskakel en hulle het ook die As-reeks tussen 1977 en 1986 by ses geleenthede vyf keer verloor.

In Mei 1977 het Kerry Packer ’n wegbreektoernooi aangekondig – Wêreldreekskrieket – nadat die Australiese Krieketraad geweier het om Channel Nine se aanbod vir eksklusiewe uitsaairegte van Australiese toetswedstryde in 1976 te aanvaar. Packer het in die geheim kontrakte met internasionale krieketspelers onderteken, waaronder 28 Australiërs. Byna die hele destydse Australiese toetsspan was by die toernooi betrokke en die Australiese keurders moes die spelers kies wat in die algemeen as ’n derdeklas-span beskou word en in die Sheffield Shield betrokke was. Die voormalige speler Bob Simpson, wat tien jaar tevore weens ’n konflik met die Australiese Krieketraad afgetree het, is op 41 teruggeroep om Australië teen Indië te lei. Jeff Thomson is as onderkaptein benoem in ’n span wat sewe debutante ingesluit het. Australië het die reeks met 3–2 gewen, veral te danke aan Simpson se kolfwerk, wat 539 lopies aangeteken het, insluitende twee honderdtalle; en die boulwerk van Wayne Clark, wat 28 paaltjies geneem het.[72] Australië het die volgende reeks in Wes-Indië met 1–3 verloor,[73][74] die Wes-Indiese krieketspan het ’n volstoomspan op die veld gesit; Australië het ook die 1978/79 As-reeks teen Engeland met 1–5 verloor, die span se ergste uitslag in Australië.[75] Graham Yallop is as kaptein vir die As-reeks benoem, en is deur Kim Hughes vir die 1979/80-toer na Indië opgevolg. Rodney Hogg het 41 paaltjies in sy debuutreeks geneem, ’n Australiese rekord. Wêreldreekskrieket-spelers het vir die 1979/80-seisoen weer by die span aangesluit, nadat die Australiese Krieketraad en Kerry Packer ’n ooreenkoms bereik het.[76] Greg Chappell is as kaptein herbenoem. Die Wêreldreekskrieket het talle innovasies gesien wat tot op hede in krieket gebruik word.[77]

Die jaar 1981 het die onderarmboulvoorval in ’n EDI teen Nieu-Seeland gesien, nadat Greg Chappell vir sy broer Trevor opdrag gegee het om ’n onderarmaflewering vir die Nieu-Seelandse kolwer Brian McKechnie te boul; dit was die laaste bal in die wedstryd en Nieu-Seeland moes ’n grenshou aanteken om die wedstryd gelykop te laat eindig. Die nasleep van hierdie voorval het die politieke verhoudinge tussen Australië en Nieu-Seeland laat versuur, verskeie leidende politieke en krieketpersoonlikhede het die voorval as “onsportief” en “teen die gees van krieket” beskryf.[78]

Australië het sy sukses tot in die vroeë 1980’s voortgesit, met ’n span bestaande uit die Chappell-broers, Dennis Lillee, Jeff Thomson en Rod Marsh. Die 1980’s was ’n periode van relatiewe middelmatigheid ná die onrus as gevolg van die rebelletoere in 1987 na Suid-Afrika en die daaropvolgende aftrede van verskeie sleutelspelers. Die rebelletoere is deur die Suid-Afrikaanse Krieketraad finansieel ondersteun om aan sy geskorste nasionale krieketspan internasionale wedstryde te besorg — die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan is nes die Springbokke en Olimpiese atlete weens die Suid-Afrikaanse regering se rassistiese apartheidsbeleid van alle internasionale toernooie verban.[79][80] Van Australië se beste spelers is gestroop. Die Australiese Krieketraad het hierdie spelers vir drie jaar geskors, wat die spelerpoel vir die nasionale spanne baie laat verswak het, aangesien die meeste van hierdie spelers óf destyds verteenwoordigende spelers was óf op die punt was om toekennings te ontvang. Nogtans het Australië tydens die Krieketwêreldbeker 1987 in Indië en Pakistan sy eerste titel ingepalm.[81]

Onder die kapteinskap van Allan Border en die nuwe vlak van veldwerk wat deur die nuwe afrigter Bob Simpson ingevoer is, het die span sy krieketvermoeë herstruktureer en geleidelik herbou. Van die rebelspelers het ná die uitdiening van hul skorsings by die nasionale span heraangesluit, waaronder Trevor Hohns, Carl Rackemann en Terry Alderman. Gedurende hierdie maer jare het veral enkele spelers die Australiese span laat dryf.

Begin van ’n nuwe oorheersing

 
EDI-wedstryd tussen Australië en Indië in Melbourne, 2004
 
EDI-wedstryd tussen Australië en Suid-Afrika in Brisbane, 2006
 
Heldeverwelkoming vir Australië te Sydney na hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 2007

Met die opkoms van ’n aantal nuwe spelers in die laat 1980’s het Australië van sy laagtepunt herstel. Nadat hulle die As in 1989 ingepalm het,[82] het Australië momentum gekry en agtereenvolgens die toetsreekse teen Sri Lanka[83] en Pakistan[84] gewen, voordat hulle die As in 1990/91 weer tuis verdedig het.[85] Aansluitend het Australië na Wes-Indië getoer, maar dié toetsreeks met 1–2 verloor.[86] Hulle het herstel en Indië in hul volgende toetsreeks in 1991/92 met 4–0 verslaan.[87] Met die aftrede van die verdedigende kampioen Allan Border is onder leierskap van Mark Taylor en later Steve Waugh ’n nuwe tydperk van aanvallende krieket ingelui.

Die 1990’s en vroeë 21ste eeu was waarskynlik Australië se suksesvolste tydperk, waartydens hulle al die As-reekse, behalwe vir 2005, gewen. Afgesien van die uitskakeling tydens die Krieketwêreldbeker 1992 tuis en in Nieu-Seeland was die wen van hierdie toernooi vir Australië byna vanselfsprekend. Ná ’n tweede plek tydens die Krieketwêreldbeker 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka het hulle drie agtereenvolgende krieketwêreldbekertoernooie (in 1999, 2003 en 2007) gewen en sodoende ’n driekuns behaal. Vanaf 1999 tot in 2011 het Australië ’n ononderbroke wenloop tydens vier krieketwêreldbekertoernooie aangeteken wat teen Pakistan begin het en twaalf jaar later deur dieselfde teenstander beëindig is.[88] Hierdie sukses is behaal deur die herstrukturering van beide die span en die stelsel onder Border, opeenvolgende aggressiewe kapteins, en die doeltreffendheid van verskeie sleutelspelers.

Die nuwe millennium

 
Eindstryd van die Krieketwêreldbeker 2015 tussen Australië en Nieu-Seeland op die Melbourne-krieketveld
 
Australië teen Pakistan op die Brisbane-krieketveld in 2017

Vervolgens het die Australiese oorheersing egter gekrimp. Hulle het die eerste As-reeks in 20 jaar teen Engeland met 0–5 verloor.[89] Hoewel Australië tydens die As-reeks 2006/07 sonder ’n nederlaag wraak geneem het,[90] het Engeland daarin geslaag om die Australiërs in te haal en selfs verby te steek. Onder andere het hulle tydens die As-reeks 2010/11 vir die eerste keer sedert 1986/87 ’n tuisreeks verloor.[91]

Australië het op 12 Maart 2006 die eerste span geword wat met 434–5 in 50 boulbeurte meer as 400 lopies in een beurt aangeteken het. Hulle het nogtans dié wedstryd verloor, nadat Suid-Afrika die wêreldrekord vir die hoogste suksesvolle lopiejaag met 438–9 in 49.5 boulbeurte gehaal en met die voorlaaste aflewering Australië van ’n oorwinning ontneem het. Die wedstryd word as een van die beste EDIs beskou wat ooit gespeel is.[92][93][94]

Ná hul driekuns tydens die krieketwêreldbekertoernooie en hul oorwinning tydens die Kampioentrofee in 2006 en 2009 is Australië tydens die Krieketwêreldbeker 2011 in Bangladesj, Indië en Sri Lanka in die kwarteindstryd uitgeskakel. Tydens die As-reeks 2013/14 het Australië Engeland weer met 5–0 verslaan en die derde plek op die toetsranglys gehaal.[95] Vroeg in 2014 het Australië Suid-Afrika, die destydse nommer een, met 2–1 verslaan en hul plek op die wêreldranglys oorgeneem. Australië het die Krieketwêreldbeker 2015 tuis teen Nieu-Seeland gewen, nadat hulle net een wedstryd verloor het.[96] By die T20I-wêreldbekertoernooie wat sedert 2007 uitgespeel word, is Australië minder suksesvol en het vir die eerste keer in 2010 die eindstryd gehaal, maar hulle is deur Engeland verslaan.[97]

Australiese krieketbalpeuterskandaal van 2018

In 2018 is die span deur ’n skandaal geraak. Op 25 Maart 2018, tydens die derde toets teen die gasheer Suid-Afrika, was die spelers Cameron Bancroft, Steve Smith, David Warner en die leierskorps van die span in ’n krieketbalpeuterskandaal betrokke.[98][99] Beide Smith en Bancroft het erken dat hulle saamgesweer het om die toestand van die bal te verander deur dit te vryf met ’n stuk kleefband wat skuurkorrels bevat wat van die grond af opgetel is (later het aan die lig gekom dat skuurpapier gebruik is).[100] Smith het verduidelik dat die doel was om ’n voordeel te kry deur die oppervlak van die bal onwettig te verander om omgekeerde swaai te bewerkstellig.[101] Bancroft is verfilm met die bal en nadat hy meegedeel is dat hy gevang is, is daar gesien dat hy ’n geel voorwerp uit die sak na die binnekant van sy broek vervoer om die bewyse te verberg.[102][103] Beide Steve Smith en David Warner is tydens die derde toets as kaptein en onderkaptein onthef en hulle is (saam met Cameron Bancroft) huis toe gestuur; volgens oorspronklike meldings het die hoofafrigter Darren Lehmann Cameron Bancroft gehelp om met die bal te peuter.[104] Die IKR het Smith vir een wedstryd geskors en ’n boete van 100% van sy wedstrydsalaris opgelê, terwyl Bancroft met 75% van sy wedstrydfooi beboet is en drie demerietepunte gekry het.[105] Tim Paine is vir die vierde toets as kaptein aangewys. Krieket Australië het vervolgens Smith en Warner vir twaalf maande en Bancroft vir nege maande geskors. Beide Smith en Bancroft was vir twaalf maande na die skorsing nie in aanmerking vir leierskaprolle geneem nie, terwyl Warner lewenslank nie meer leidende rolle van enige span kan oorneem nie.[100] In die nasleep van hierdie gebeure het Darren Lehmann aan die einde van die reeks sy bedanking as hoofafrigter aangekondig.[106] Nadat die beheerliggaam Krieket Australië sy ondersoek voltooi het, is Lehmann van enige verdenking van betrokkenheid vrygespreek.[107] Op 8 Mei 2018 is Tim Paine ook as EDI-kaptein aangewys[108] en Aaron Finch is ure later weer as T20I-kaptein heraangestel, alhoewel Finch Paine as EDI-kaptein vervang het ná ’n 5-0 EDI-vernedering in Engeland in Junie 2018.[109]

Onder Paine

Op 7 Oktober 2018 het Australië sy eerste toetswedstryd onder die nuwe afrigter Justin Langer en ’n nuwe leierskorps, insluitende Tim Paine as Australië se 46ste toetskaptein, gewen.[110][111] Ná ’n 0–1-nederlaag teen Pakistan in ’n twee-toetsreeks in die Verenigde Arabiese Emirate[112] en die eerste tuisnederlaag teen Indië in 71 jaar[113] het hulle hul sukses hervat en die twee-toetsreeks teen Sri Lanka tuis met 2–0 gewen.[114] Gedurende die Engelse 2019-somer het Australië tydens die Krieketwêreldbeker 2019 se groepfase tweede geëindig, maar hulle is in die halfeindstryd deur die latere kampioen Engeland op Edgbaston uitgeskakel.[115] Australië het toe die As-urn tydens die 2019-As-reeks herwin nadat hulle die vierde toets op Old Trafford wen, die eerste keer op Engelse bodem sedert 2001.[116]

Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 se Super 12 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate het Australië Suid-Afrika, Sri Lanka, Bangladesj en Wes-Indië geklop; hul enigste nederlaag was teen Engeland. Vervolgens het hulle hul groep in die tweede plek afgesluit en tot die halfeindrondte gevorder, waar hulle Pakistan met vyf paaltjies geklop en die eindstryd gehaal het.[117] In die eindstryd het Australië Nieu-Seeland met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm.[118]

Kleure

 
Ricky Ponting slaan ’n ses vir Australië tydens ’n EDI-wedstryd teen Sri Lanka in 2006

Vir toetswedstryde speel die Australiese nasionale krieketspan in hul wit kriekettrui, met ’n opsionele sweetpaktop of ’n truirok met ’n groen en goud V-halslyn in koue weer. Die borg (tans Alinta vir tuiswedstryde en Qantas vir wegwedstryde) se kenteken word op die regterkant van die bors vertoon, terwyl Krieket Australië se embleem op die linkerkant verskyn. Indien hulle in die sweetpaktop speel, word Krieket Australië se embleem onder die V-halslyn vertoon en die borg se kenteken bly op die regterkant van die bors.[119] Die sakgroen, die Australiese krieketpet, word as ’n belangrike deel van die kriekettrui en as ’n simbool van die nasionale span beskou, en aan nuwe spelers word ná hul benoeming vir die nasionale span een pet oorhandig. Beide die pet en die helm vertoon die Australiese krieketwapen duidelik sigbaar, pleks van Krieket Australië se embleem. Aan die einde van 2011 is ASICS as die vervaardiger van die wit en korter formate se truie benoem en het by Adidas oorgeneem, en die Asics-kenteken is op die truie en broeke vertoon. Spelers mag enige vervaardiger vir hul ander uitrusting kies (kolf, beenskutte, skoene en handskoene).

Vir EDI- en T20I-wedstryde dra die span gewoonlik truie in groen en goud, die nasionale kleure van Australië. Daar was al ’n verskeidenheid van style en uitlegte in albei korter vorme van krieket, met gekleurde truie (soms “nagklere” genoem) wat in die laat 1970’s vir Wêreldkrieketreekse ingevoer is. Die Alinta- of Qantas-kenteken word duidelik sigbaar op die trui en ander toerusting vertoon. Die huidige EDI-tuistrui gebruik groen as hoofkleur en goud as tweede kleur. Die wegtrui is die teenoorgestelde van die tuistrui met goud as hoofkleur en groen as tweede kleur. Die T20I-tuistrui gebruik swart met strepe in die nasionale kleure van Australië, groen en goud.[120] Sedert Australië, geklee in goud truie, Nieu-Seeland tydens die Krieketwêreldbeker 2015 op die Melbourne-krieketveld verslaan het, het dit ook hul hoofkleur geword, en die gebruikte pette is “floppie goud” genoem, voorheen bekend as “sakgoud”, ’n ekwivalent vir die sakgroen in die korter vorme van die spel.[121] Tot in die vroeë 2000’s het Australië in EDI-wedstryde geel helms gedra, voordat hulle soos in toetskrieket groen helms begin gebruik het.

Voormalige uitrusters was onder andere Asics (1999), ISC (2000–2001), Fila (2002–2003) en Adidas (2004–2010). Voor Travelex was van die voormalige borge Coca-Cola (1993–1998), Fly Emirates (1999) en Carlton & United Breweries (2000–2001).

Tuisstadions

 
Welwillendheidsdagtoetswedstryd op die Melbourne-krieketveld in 2006
Huidige Australiese krieketstadions wat tydens toetswedstryde ingespan word

Nes ander vername krieketnasies soos Bangladesj, Engeland, Ierland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe beskik Australië oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Australiese nasionale krieketspan span vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Australië in.

Australië se eerste internasionale wedstryd (en die eerste toets ooit) is teen Engeland op 15–19 Maart 1877 op die Melbourne-krieketveld gespeel. Op 27 November–1 Desember 2015 is op die Adelaide-ovaal die eerste dag/aandtoetswedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland gespeel.[122]

Van Australië se tradisionele krieketwedstryde op vakansiedae sluit in dié rondom Welwillendheidsdag en rondom Nuwejaarsdag op die Melbourne-krieketveld.

Die Australiese nasionale krieketspan het tot dusver elf tuisstadions tydens toetswedstryde ingespan:

No.StadionPlekEerste toets
1Melbourne-krieketveld (MCG)Melbourne15 Maart 1877
2Sydney-krieketveld (SCG)Sydney17 Februarie 1882
3Adelaide-ovaalAdelaide12 Desember 1884
4Brisbane Showgrounds (The Ekka)Brisbane30 November 1928
5The Gabba-krieketveld (The Gabba)Brisbane27 November 1931
6WACA-krieketveld (The WACA)Perth11 Desember 1970
7Bellerive-ovaalHobart16 Desember 1989
8Marrara-ovaalDarwin18 Julie 2003
9Cazaly’s-stadionCairns25 Julie 2003
10Perth-stadionPerth14 Desember 2018
11Manuka-ovaalCanberra1 Februarie 2019

Krieketwêreldbekerstadions

Die Krieketwêreldbeker 1992 is saam deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Van die wedstryde was soos volg opgedeel: Australië het 25 wedstryde op elf verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 14 wedstryde op sewe plekke aangebied het. Beide Australië en Nieu-Seeland het hul wedstryde tydens dié toernooi tuis gespeel, terwyl die openingswedstryd tussen albei gashere op die Nieu-Seelandse Edenparkstadion in Auckland aangebied is. In ruil daarvoor is die eindstryd tussen Pakistan en Engeland op die Australiese Melbourne-krieketveld aangebied.

23 jaar later het beide Australië en Nieu-Seeland die Krieketwêreldbeker 2015 aangebied. Australië het 26 wedstryde op sewe verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 23 wedstryde op sewe plekke aangebied het. Albei gashere het hul wedstryde tuis gespeel, terwyl hul ontmoeting tydens die groepfase weer op die Nieu-Seelandse Edenparkstadion in Auckland gehou is. Tydens die eindwedstryd op die Australiese Melbourne-krieketveld het die gashere herontmoet.

Australië sal as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2022 optree. Tydens dié toernooi sal sewe Australiese stadions ingespan word. Ses jaar later sal beide Australië en Nieu-Seeland die T20I-wêreldbeker 2028 aanbied.[123]

Under the Southern Cross I Stand

Die span se lied is Under the Southern Cross I Stand (“Onder die Suiderkruis staan ek”) wat die spelers ná elke oorwinning sing en wat in die span “met eerbiedige agting en respek behandel word”.[124] Die amptelike lirieke is soos volg, maar wanneer dit deur die spelers gesing word, word die woord little in die laaste lyn met bloody of ’n vloek vervang.

Under the Southern Cross I Stand
A sprig of wattle in my hand,
A native of my native land,
Australia you little beauty.[125]

“Onder die Suiderkruis Ek staan”
“’n Takkie wattel in my hand,”
“’n Boorling van my geboorteland,”
“Australië jou klein skoonheid.”

Die lirieke van Under the Southern Cross I Stand word toegeskryf aan die voormalige paaltjiewagter Rod Marsh, wat blykbaar deur Henry Lawson se 1887-gedig, Flag of the Southern Cross, geïnspireer is.[124] Marsh het oorspronklik die taak gehad om die span aan te wakker om die liedjie te sing en het, by sy aftrede, dié taak aan Allan Border oorhandig. Van die ander spelers wat hierdie taak oorgeneem het, is David Boon (nadat Border die kapteinskap oorgeneem het), Ian Healy (ná Boon se aftrede), Ricky Ponting (ná Healy se aftrede) en Justin Langer (nadat Ponting kaptein geword het). Die taak is daarna aan Michael Hussey oorhandig, wat oorgeneem het toe Langer in Januarie 2007 afgetree het. Ná Hussey se aftrede op 6 Januarie 2013 het hy aangekondig dat hy die taak aan Nathan Lyon sal oorhandig.[126]

Die lied is gebaseer op die koor van die patriotiese lied Australia; or Heart to Heart and Hand to Hand wat in die 1890’s deur Thomas Hilhouse Taylor (1861–1925) geskryf is.[127][128]

Een bron beweer dat “Die getuienis dui daarop dat hierdie krieketlied in die laat 1890’s as ’n patriotiese lied ontstaan het, in die 1940’s in ’n militêre drinklied omskep is en uiteindelik in die 1970’s tot die oorwinningslied van die Australiese krieketspan geword het. Van die begin af het hierdie onverskrokke vers gewild geraak onder krieketaanhangers in die besonder, en by Australiërs in die algemeen.”[129]

Wedywering met ander nasionale spanne

 
Die As is die oudste trofee in internasionale krieket en word sedert 1882 tussen Engeland en Australië uitgespeel

Sedert die eerste toets op 15–19 Maart 1877 handhaaf Australië ’n wedywering met Engeland wat in die kompetisie om die As neerslag vind, die mees tradisionele en belangrikste wedywering in internasionale krieket. Dit vom deel van die sedert die laat 19de eeu bestaande intensiewe, sportiewe wedywering tussen Engeland en Australië, wat ook in ander sportsoorte (veral rugby en op die Statebondspele) ’n besondere status geniet.[130]

Soos in ander sportsoorte (veral rugby, rugby league, netbal en op die Statebondspele) handhaaf Australië ’n tradisionele wedywering met die buurnasie Nieu-Seeland,[131][132] waarna dikwels as “wedywering onder sibbes” (sibling rivalry) verwys word.[133][134] Die eerste toetsreeks tussen albei spanne is tydens die Australiese besoek aan Nieu-Seeland in 1945/46 gespeel. In 1981 het die “onderarm”-wedstryd op die Melbourne-krieketveld die sportiewe verhoudinge tussen albei spanne versuur en dit is selfs op die hoogste politieke vlak tussen albei nasies bespreek. Australië en Nieu-Seeland is die enigste twee krieketnasies wat om twee trofeë meeding: Sedert 1985/86 in toetskrieket om die Trans-Tasman-trofee en sedert 2006/07 in EDI-krieket om die Chappell-Hadlee-trofee. Albei nasies het al belangrike kriekettoernooie soos die Krieketwêreldbeker 1992 en die Krieketwêreldbeker 2015 saam aangebied. Daarbenewens het hulle in die eindstryde van die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2021 ontmoet, wat albei deur Australië gewen is. Australië sal saam met Nieu-Seeland die T20I-wêreldbeker 2028 aanbied.[135]

Internasionale toere

Soos gebruiklik sedert die begin van internasionale krieket, onderneem die Australiese nasionale krieketspan deels maandelange oorsese toere, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaasliksaamgestelde spanne en klubspanne speel. Eweneens huisves hulle ander nasionale spanne wat na Australië toer. Gedurende die plaaslike somer tree hulle as gasheer op of onderneem op hul beurt toere deur die ander krieketnasies van die Suidelike Halfrond en gedurende die plaaslike winter onderneem hulle toere deur krieketnasies van die Noordelike Halfrond. Die bekendste en mees tradisionele, want oudste trofee, wat tydens die toere uitgespeel word, is die As waarom Australië en Engeland sedert 1882 meeding. Sedertdien het ander trofeë bygekom, waarom Australië teen ander nasionale spanne meeding. Net so speel Australië in toetskrieket sedert 1960/61 teen Wes-Indië om die Frank Worrell-trofee, sedert 1985/86 teen Nieu-Seeland om die Trans-Tasman-trofee, sedert 1996/97 teen Indie om die Border-Gavaskar-trofee, sedert 1999/2000 teen Zimbabwe om die Southern Cross-trofee, sedert 2007/08 teen Sri Lanka om die Warne-Muralitharan-trofee en sedert 2021/22 teen Pakistan om die Benaud-Qadir-trofee mee. Daarbenewens speel hulle in EDI-krieket sedert 2004/05 om die Chappell-Hadlee-trofee teen Nieu-Seeland.

Spelers

Bekende spelers

 
Donald Bradman
 
Ian Chappell
 
Clarrie Grimmett (1934)
 
Fred Spofforth (1897)

24 voormalige Australiese spelers is vir hul uitstekende prestasies in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:[136]

SpelerPosisieInskrywing
Richie BenaudVeelsydig2009
Allan BorderMiddelorde-kolwer2009
Donald BradmanKolwer2009
Greg ChappellKolwer2009
Ian ChappellKolwer2009
Alan DavidsonVeelsydig2011
Adam GilchristPaaltjiewagter-kolwer2013
Clarrie GrimmettBouler2009
Neil HarveyToporde-kolwer2009
Dennis LilleeBouler2009
Ray LindwallVeelsydig2009
Rod MarshPaaltjiewagter2009
Stan McCabeVeelsydig2021
Glenn McGrathBouler2012
Keith Ross MillerVeelsydig2009
Arthur MorrisKolwer2016
Monty NobleVeelsydig2021
Bill O’ReillyBouler2009
Ricky PontingKolwer2018
Bob SimpsonVeelsydig2014
Fred SpofforthBouler2011
Victor TrumperKolwer2009
Shane WarneBouler2013
Steve WaughKolwer2009

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Australië 464 spelers toets-, 236 spelers EDI- en 102 spelers T20I-wedstryde gespeel. Vervolgens die spelers, wat vir die Australiese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

ToetsEDIT20I
SpelerTydperkToetseLopiesSpelerTydperkEDIsLopiesSpelerTydperkT20IsLopies
Ricky Ponting1995–201216813 378Ricky Ponting1995–201237413 589Aaron Finch2011–hede892 741
Allan Border1978–199415611 174Adam Gilchrist1996–200828609 595David Warner2009–hede882 554
Steve Waugh1985–200416810 927Mark Waugh1988–200224408 500Glenn Maxwell2012–hede841 982
Michael Clarke2004–201511508 643Michael Clarke2003–201524507 981Shane Watson2006–2016581 462
Matthew Hayden1994–200910308 625Steve Waugh1986–200232507 569Cameron White2007–2014470984
Korrek teen: 20 April 2022[137]Korrek teen: 20 April 2022[138]Korrek teen: 20 April 2022[139]

Paaltjies

ToetsEDIT20I
SpelerTydperkToetsePaaltjiesSpelerTydperkEDIsPaaltjiesSpelerTydperkT20IsPaaltjies
Shane Warne1992–2007145708Glenn McGrath1993–2007249380Adam Zampa2016–hede6271
Glenn McGrath1993–2007124563Brett Lee2000–2012221380Mitchell Starc2012–hede5060
Nathan Lyon2011–hede108427Shane Warne1993–2003193291Shane Watson2006–20165848
Dennis Lillee1971–1984070355Mitchell Johnson2005–2015153239Andrew Tye2016–hede3247
Mitchell Johnson2007–2015073313Craig McDermott1985–1996138203Ashton Agar2016–hede4346
Korrek teen: 20 April 2022[140]Korrek teen: 20 April 2022[141]Korrek teen: 20 April 2022[142]

Spankapteins

Tot op hede het 47 spelers as kaptein vir Australië tydens ’n toetswedstryd fungeer, 26 tydens ’n EDI en elf tydens ’n T20I.[143]

Toets[144]EDI[145]T20I[146]
No.NaamTydperkNaamTydperkNaamTydperk
1Dave Gregory1876–1879Bill Lawry1971Ricky Ponting2005–2009
2Billy Murdoch1880–1890Ian Chappell1972–1975Adam Gilchrist2007
3Tom Horan1884–1885Greg Chappell1975–1983Michael Clarke2007–2010
4Hugh Massie1884–1885Bob Simpson1978Brad Haddin2009
5Jack Blackham1884–1895Graham Yallop1979Cameron White2011
6Tup Scott1886Kim Hughes1979–1984George Bailey2012–2014
7Percy McDonnell1886–1888David Hookes1983Aaron Finch2014–hede
8George Giffen1894–1895Allan Border1985–1994Steve Smith2015–2016
9Harry Trott1896–1898Ray Bright1986Shane Watson2016
10Joe Darling1899–1905Geoff Marsh1987–1991David Warner2016–2018
11Hugh Trumble1901–1902Mark Taylor1992–97Matthew Wade2020
12Monty Noble1903–1909Ian Healy1996–1997
13Clem Hill1910–1912Steve Waugh1997–2002
14Syd Gregory1912Shane Warne1998–1999
15Warwick Armstrong1920–1921Adam Gilchrist2001–2007
16Herbie Collins1921–1926Ricky Ponting2002–2012
17Warren Bardsley1926Michael Hussey2006–2007
18Jack Ryder1928–1929Michael Clarke2008–2015
19Bill Woodfull1930–1934Cameron White2011
20Vic Richardson1935–1936Shane Watson2012–2013
21Donald Bradman1936–1948George Bailey2013–2015
22Bill Brown1945–1946Steve Smith2015–2018
23Lindsay Hassett1949–1953David Warner2016
24Arthur Morris1951–1955Aaron Finch2017–hede
25Ian Johnson1954–1957Tim Paine2018
26Ray Lindwall1956–1957Alex Carey2021
27Ian Craig1957–1958
28Richie Benaud1958–1964
29Neil Harvey1961
30Bob Simpson1964–1978
31Brian Booth1965–1966
32Bill Lawry1967–1971
33Barry Jarman1968
34Ian Chappell1970–1975
35Greg Chappell1975–1983
36Graham Yallop1978–1979
37Kim Hughes1978–1985
38Allan Border1984–1994
39Mark Taylor1994–1999
40Steve Waugh1998–2004
41Adam Gilchrist2000–2005
42Ricky Ponting2003–2010
43Michael Clarke2010–2015
44Shane Watson2013
45Steve Smith2015–2021
46Tim Paine2018–2021
47Pat Cummins2021–hede

Rekords

Toetsrekord teen ander lande

TeenstanderGespeelGewenVerloorGelykopOnbeslis% GewenEerste oorwinning
  Bangladesj6510083,3318 Julie 2003
  Engeland35615011009642,1315 Maart 1877
IKR Wêreld XI11000100,0014 Oktober 2005
  Indië102433012842,1528 November 1947
  Nieu-Seeland6034801856,6629 Maart 1946
  Pakistan69341502049,2713 November 1959
  Sri Lanka311940861,2922 April 1983
  Suid-Afrika98522602053,0618 Oktober 1902
  Wes-Indië116583212550,0012 Desember 1930
  Zimbabwe33000100,0014 Oktober 1999
Algeheel842399226221547,3815 Maart 1877
Rekords volledig tot en met toets #2461 op 8–11 April 2022. Laaste keer hersien op 20 April 2022.[147]

Wêreldtoetskampioenskap

  • 2019–2021: Derde plek

EDI-rekord teen ander lande

TeenstanderWedstrydeGewenVerloorGelykopOnbeslis% GewenEerste oorwinning
t. Toetsnasies
  Afghanistan33000100,0025 Augustus 2012
  Bangladesj211910195,0030 April 1990
  Engeland15284632357,045 Januarie 1971
IKR Wêreld XI33000100,005 Oktober 2005
  Indië143805301060,1518 Desember 1980
  Ierland54001100,0027 Augustus 2015
  Nieu-Seeland13892390770,2230 Maart 1974
  Pakistan10769341366,827 Junie 1975
  Sri Lanka9761320465,5911 Junie 1975
  Suid-Afrika10348513148,5214 Desember 1993
  Wes-Indië14376613355,3520 Desember 1975
  Zimbabwe302720193,1016 Junie 1983
t. Assosiaatlede
  Kanada22000100,0016 Junie 1979
  Kenia55000100,0023 Februarie 1996
  Namibië11000100,0027 Februarie 2003
  Nederland22000100,0018 Maart 2007
  Skotland55000100,0016 Mei 1999
  Verenigde State11000100,0013 September 2004
Algeheel96158233693463,265 Januarie 1971
Rekords volledig tot en met EDI #4389 op 16 April 2022. Laaste keer hersien op 20 April 2022. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[148]

Wêreldbekerrekord

JaarUitslag
1975Naaswenner
1979Groepfase
1983Groepfase
1987Kampioen
1992Rondte 1
1996Naaswenner
1999Kampioen
2003Kampioen
2007Kampioen
2011Kwarteindrondte
2015Kampioen
2019Halfeindrondte
2023N.v.t.

Kampioentrofeerekord

JaarUitslag
1998Kwarteindrondte
2000Kwarteindrondte
2002Halfeindrondte
2004Halfeindrondte
2006Kampioen
2009Kampioen
2013Groepfase
2017Groepfase

T20I-rekord teen ander lande

TeenstanderWedstrydeGewenVerloorGelykopOnbeslis% GewenEerste oorwinning
t. Toetsnasies
  Bangladesj10640060,0016 September 2007
  Engeland201090152,639 Januarie 2007
  Indië239130140,901 Februarie 2008
  Ierland11000100,0019 September 2012
  Nieu-Seeland151041070,0017 Februarie 2005
  Pakistan2511121147,915 Februarie 2010
  Sri Lanka221291056,8120 September 2007
  Suid-Afrika221480063,639 Januarie 2006
  Wes-Indië177100041,1721 Februarie 2010
  Zimbabwe3210066,663 Julie 2018
t. Assosiaatlede
  Verenigde Arabiese Emirate11000100,0022 Oktober 2018
Algeheel15983703354,1617 Februarie 2005
Rekords volledig tot en met T20I #1512 op 17 April 2022. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valby).[149]

Twintig20-rekord

JaarUitslag
2007Halfeindrondte
2009Rondte 1
2010Naaswenner
2012Halfeindrondte
2014Super 10
2016Super 10
2021Kampioen
2022gekwalifiseer

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Australia hang on to No.1 ODI ranking". Krieket Australië. 5 Februarie 2017. Besoek op 20 April 2022.
  2. (en) "Australia advance to the top of men's Test and T20I rankings". Internasionale Krieketraad. 1 Mei 2020. Besoek op 20 April 2022.
  3. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  4. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "Test matches – 2022 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "ODI matches – 2022 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "T20I matches – 2022 Team records". ESPNcricinfo.
  10. 10,0 10,1 (en) "1st Test, Melbourne, Mar 15-19 1877, England tour of Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  11. (en) "Only ODI, Melbourne, Jan 5 1971, England [Marylebone Cricket Club] tour of Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  12. (en) "Only T20I (D/N), Auckland, Feb 17 2005, Australia tour of New Zealand". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  13. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 April 2022. Besoek op 20 April 2022.
  14. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 16 April 2022. Besoek op 20 April 2022.
  15. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 18 April 2022. Besoek op 20 April 2022.
  16. (en) "Records / Test matches / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  17. (en) "Records / One-Day Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  18. (en) "World Cup day 29 as it happened". BBC. 19 Maart 2011. Besoek op 20 April 2022.
  19. (en) "Records / Twenty20 Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  20. (en) "Jhye Richardson sets up Australia's 1000th win". Internasionale Krieketraad. Besoek op 20 April 2022.
  21. (en) "Board of Directors". Krieket Australië. Besoek op 20 April 2022.
  22. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  23. (en) "SYDNEY". The Sydney Gazette and New South Wales Advertiser (NSW : 1803–1842). Nieu-Suid-Wallis: Nasionale Biblioteek van Australië. 8 Januarie 1804. p. 3. Besoek op 20 April 2022.
  24. (en) "Cricket Match". The Sydney Gazette and New South Wales Advertiser. 12 Desember 1833. p. 2. Besoek op 20 April 2022.
  25. (en) "The Return Cricket Match". The Australian. 7 Februarie 1834. Besoek op 20 April 2022.
  26. (en) "Military – First Innings". The Australian. 28 Februarie 1834. Besoek op 20 April 2022.
  27. 27,0 27,1 27,2 27,3 27,4 (en) Jack Pollard (1986). The Pictorial History of Australian Cricket (hersiene uitgawe). Boronia: J.M Dent Pty Ltd & Australian Broadcasting Corporation. ISBN 0-86770-043-2.
  28. (en) "The Grand Cricket Match". The Sydney Gazette and New South Wales Advertiser. 5 April 1834. p. 2. Besoek op 20 April 2022.
  29. (en) "Immigrants. First Innings". The Australian. 4 April 1834. p. 2. Besoek op 20 April 2022.
  30. (en) "Tasmania v Victoria, 1850/51". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  31. 31,0 31,1 (en) Peter Wynne-Thomas (1989). The Complete History of Cricket Tours at Home and Abroad. Londen: Hamlyn. ISBN 0-600-55782-0.
  32. (en) Ken Piesse (1988). Great Australian Cricket Stories. South Yarra: Penguin. ISBN 0-670-90101-6.
  33. (en) Martin Williamson. "Australia v England 1876–77". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  34. (en) Gideon Haigh (8 Augustus 2016). "What do we know about the first Test cricketer?". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  35. (en) Ken Piesse (2003). Cricket Colosseum:125 Years of Test Cricket at the MCG. South Yarra: Hardie Grant. ISBN 1-74066-064-1.
  36. (en) "England v Australia 1882". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  37. (en) "Only Test, London, Aug 28 – 29 1882, Australia tour of England". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  38. 38,0 38,1 38,2 (en) David Frith (20 Februarie 2010). "The golden age". ESPNCricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  39. (en) "Ashes". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 April 2022.
  40. (en) Aaron Timms (9 Julie 2015). "A brief guide to the Ashes, where colonial master and renegade offspring clash". The Guardian. Besoek op 20 April 2022.
  41. (en) Marcus Williams (6 November 2002). "The Ashes in The Times". Londen: The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2008. Besoek op 5 Februarie 2008.
  42. (en) Catherine McGregor (5 November 2016). "Cricket's Victor Trumper master of his field, just like Gideon Haigh". The Australian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2016. Besoek op 12 Januarie 2020.
  43. (en) Gideon Haigh (7 November 2009). "The man who was the Golden Age". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  44. (en) "Victor Trumper | Cricket Players and Officials". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  45. (en) "Australia in England 1912". Wisden Cricketers' Almanack – Online Archive. John Wisden & Co. 1913. Besoek op 20 April 2022.
  46. (en) "Tibby Cotter | Cricket Players and Officials". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  47. (en) "M.C.C. Team in Australia 1920–21". ESPNcricinfo. 4 Januarie 2007. Besoek op 20 April 2022.
  48. (en) "The Australians in England, 1921". ESPNcricinfo. 17 Mei 2007. Besoek op 20 April 2022.
  49. (en) S.J. Southerton (24 April 2008). "M.C.C. team in Australia 1928–29". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  50. (en) "The real Unbowlable, and birthday hundreds". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  51. (en) S.J. Southerton (30 November 1930). "The Australian team in England 1930". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  52. (en) "Archie Jackson | Cricket Players and Officials". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  53. 53,0 53,1 53,2 (en) Martin Williamson (11 Augustus 2007). "Bodyline". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  54. (en) S. J. Southerton (30 November 1934). "The Australian team in England, 1934". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  55. (en) mohankaus (17 Januarie 2009). "ICC's "Best Ever" batsmen and bowlers!". i3j3Cricket :: A blog for fans of Indian cricket... Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2014. Besoek op 14 Januarie 2011.
  56. (en) "The 10 Greatest Batsmen Ever". World Cricket Watch. 15 Oktober 2009. Besoek op 20 April 2022.
  57. (en) "Donald Bradman | Cricket Players and Officials". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  58. (en) "Don Bradman". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 April 2022.
  59. (en) Wilfrid Brookes (30 November 1938). "The Australian team in England 1938". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  60. (en) "Ross Gregory | Cricket Players and Officials". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  61. (en) "Only Test, Wellington, Mar 28 – 30 1946, Australia tour of New Zealand". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  62. (en) Ashley Mallett (22 Januarie 2012). "Hazare's Adelaide magic". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  63. (en) "Australia's last surviving Invincible makes final journey to Lord's for the second Ashes Test". Australian Broadcasting Corporation. 10 Augustus 2019. Besoek op 20 April 2022.
  64. (en) "Wisden Cricket Monthly – August 1998". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  65. (en) Suresh Menon (21 September 2008). "A quiet goodbye". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  66. (en) Martin Williamson (11 Julie 2015). "When Laker skittled the Aussies". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  67. (en) Rob Steen (8 Desember 2010). "It was fifty years ago today". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  68. (en) "Australia v West Indies 1960–61". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  69. (en) "Background – The 1960/61 West Indies tour of Australia". ESPNcricinfo. 18 Oktober 2000. Besoek op 20 April 2022.
  70. (en) "Australia v England 1976–77". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  71. (en) "Remembering the 1977 Centenary Test". The Roar. 1 November 2009. Besoek op 20 April 2022.
  72. (en) "India in Australia, 1977–78". ESPNcricinfo. 30 November 1978. Besoek op 20 April 2022.
  73. (en) Peter Toohey. "Rumble in Jamaica". The Cricket Monthly. Besoek op 20 April 2022.
  74. (en) "Australia in the West Indies, 1977–78". ESPNcricinfo. 30 November 1978. Besoek op 20 April 2022.
  75. (en) "England in Australia, 1978–79". ESPNcricinfo. 30 November 1979. Besoek op 20 April 2022.
  76. (en) Martin Williamson. "World Series Cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  77. (en) "Innovations that changed the game of cricket". Australian Broadcasting Corporation. 3 Oktober 2016. Besoek op 20 April 2022.
  78. (en) "Underarm, underarm". ESPNcricinfo. 29 Januarie 2011. Besoek op 20 April 2022.
  79. (en) "Australian XI tour of South Africa 1985/86". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  80. (en) "The story behind the South African rebel tours". The Roar. 14 Februarie 2016. Besoek op 20 April 2022.
  81. (en) "'How'd I do that?'". ESPNcricinfo. 22 Januarie 2017. Besoek op 20 April 2022.
  82. (en) Daniel Brettig (20 Maart 2010). "'Everything we touched turned to gold'". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  83. (en) "The Sri Lankans in Australia, 1989–90". ESPNcricinfo. 30 November 1990. Besoek op 20 April 2022.
  84. (en) "The Pakistanis in Australia, 1989–90". ESPNcricinfo. 30 November 1990. Besoek op 20 April 2022.
  85. (en) "England in Australia and New Zealand, 1990–91". ESPNcricinfo. 18 Junie 2009. Besoek op 20 April 2022.
  86. (en) "The Australians in the West Indies, 1990–91". ESPNcricinfo. 30 November 1991. Besoek op 20 April 2022.
  87. (en) "The Indians in Australia, 1991–92". ESPNcricinfo. 30 November 1992. Besoek op 20 April 2022.
  88. (en) "Pakistan hands Australia first Cricket World Cup loss since 1999". The Star. 19 Maart 2011. Besoek op 20 April 2022.
  89. (en) Andrew Miller. "Living the dream". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  90. (en) "Australia seal the whitewash". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  91. (en) "Ashes: England wrap up 3–1 series win over Australia". BBC. 7 Januarie 2011. Besoek op 20 April 2022.
  92. (en) "438 Game voted the Best ODI Ever". thesportscampus.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2011. Besoek op 15 Januarie 2011.
  93. (en) "'438' game voted best ever by fans". Times Live. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2011. Besoek op 15 Januarie 2011.
  94. (en) "Miracle at the Wanderers: An oral history of 'The 438 Game'". Krieket Australië. Besoek op 20 April 2022.
  95. (en) Mark Nicholas (6 Januarie 2014). "Australia's success a testament to immense will". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  96. (en) Andrew Fidel Fernando (29 Maart 2015). "Majestic Australia win fifth World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  97. (en) Harry Reekie (16 Mei 2010). "England beat Australia to win World Twenty20 title". BBC. Besoek op 20 April 2022.
  98. (en) "The leadership group of the Australian cricket team including Steve Smith and David Warner to be questioned for the foul play relating to admission of ball tampering controversial scandal". news.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2018. Besoek op 25 Oktober 2020.
  99. (en) Kate O'Halloran (25 Maart 2018). "Steve Smith and David Warner brings disgrace to Australian cricket over ball tampering row". The Guardian. Besoek op 20 April 2022.
  100. 100,0 100,1 (en) "Tampering trio learn their fate". Krieket Australië. 28 Maart 2018. Besoek op 20 April 2022.
  101. (en) "This is Australia's moment of truth". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  102. (en) "Aussies face questions over Ashes conduct". NewsComAu. Besoek op 20 April 2022.
  103. (en) "Desperation drove Australia to cheat – Smith". ESPNcricinfo. 24 Maart 2018. Besoek op 20 April 2022.
  104. (en) "Smith, Warner, Lehmann in sights as Sutherland flies to SA". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  105. (en) "Steve Smith suspended and Bancroft handed three demerit points". ICC media release. 25 Maart 2018. Besoek op 20 April 2022.
  106. (en) "Darren Lehmann steps down as Australian cricket coach over ball-tampering scandal". Australian Broadcasting Corporation. Besoek op 20 April 2022.
  107. (en) "Australian ball-tampering: Darren Lehmann says side must stop 'butting heads'". BBC. 28 Maart 2018. Besoek op 20 April 2022.
  108. (en) "Paine to captain Aussies in ODIs". Krieket Australië. Besoek op 20 April 2022.
  109. (en) "New skippers in, Swepson named for white-ball tours". Krieket Australië. 8 Mei 2018. Besoek op 20 April 2022.
  110. (en) "Paine's new Australia face first Test of their quality". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  111. (en) "Paine to be Australia's 46th Test captain". Krieket Australië. 28 Maart 2018. Besoek op 20 April 2022.
  112. (en) Danyal Rasool (19 Oktober 2018). "Abbas takes ten-for as Pakistan seal 1-0 series win". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  113. (en) Shashank Kishore (6 Januarie 2019). "Kohli's India script historic series win in Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  114. (en) Andrew Fidel Fernando (4 Februarie 2019). "Starc's ten-for powers Australia towards crushing victory". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  115. (en) Vic Marks (11 Julie 2019). "England thrash Australia to reach their fourth Cricket World Cup final". The Guardian. Besoek op 20 April 2022.
  116. (en) Ouzia Malik (8 September 2019). "Australia retain the Ashes after victory over England in fourth Test at Old Trafford". Evening Standard. Besoek op 20 April 2022.
  117. (en) Sidharth Monga (11 November 2021). "Wade, Stoinis tee off at the close to put Australia in final". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  118. (en) Karthik Krishnaswamy (20 April 2022). "Marsh, Warner muscle Australia to T20 World Cup glory". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  119. (en) "Photograph: Ricky Ponting, 2010". Canadian Broadcasting Corporation. Besoek op 20 April 2022.
  120. (en) "ASICS unveil new uniforms – Cricket Australia". Krieket Australië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2011. Besoek op 22 Julie 2013.
  121. (en) "Floppy Gold to rival Baggy Green?". Krieket Australië. Besoek op 20 April 2022.
  122. (en) "First day-night Test for Adelaide Oval". ESPNcricinfo. 29 Junie 2015. Besoek op 20 April 2022.
  123. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  124. 124,0 124,1 (en) Andrew Stevenson (2 Januarie 2007). "Tune in for a new voice in victory". The Age. Besoek op 20 April 2022.
  125. (en) "Cricket Australia FAQ". Krieket Australië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2010. Besoek op 30 Desember 2010.
  126. (en) "Australia v Sri Lanka, 3rd Test, Sydney, 4th day Report : Retiring Hussey steers Australia to victory | Cricket News". ESPNcricinfo. 6 Januarie 2013. Besoek op 20 April 2022.
  127. (en) "Under the Southern Cross I Stand [the Australian cricket team's victory song]". The Institute of Australian Culture.
  128. (en) "Australia, or Heart to Heart and Hand to Hand [song, 1890s]". The Institute of Australian Culture.
  129. (en) "Under the Southern Cross I Stand [the Australian cricket team's victory song]". The Institute of Australian Culture.
  130. (en) Simon Barnes (25 November 2017). "Why England and Australia love to hate each other". New Statesman. Besoek op 20 April 2022.
  131. (en) Trevor Marshallsea (3 Mei 2016). "Mad Tuesday: 11 things you never wanted to know about the Trans Tasman sporting rivalry". Fox Sports. Besoek op 15 November 2021.
  132. (en) Russell Jackson (28 Oktober 2015). "The encounters that have underpinned trans-Tasman sporting rivalry". The Guardian. Besoek op 15 November 2021.
  133. (en) Suvajit Mustafi (28 Maart 2015). "Australia vs New Zealand, an intense sibling rivalry where nothing else matters than 'win'". Cricket Country. Besoek op 15 November 2021.
  134. (en) Rosanna Price, Henry Cooke (27 Maart 2015). "Top ten NZ/Australia clashes". Stuff. Besoek op 15 November 2021.
  135. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 November 2021.
  136. (en) "ICC Hall of Famers". Internasionale Krieketraad. Besoek op 20 April 2022.
  137. (en) "Records / Australia / Test Matches / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  138. (en) "Records / Australia / One-Day Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  139. (en) "Records / Australia / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  140. (en) "Records / Australia / Test Matches / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  141. (en) "Records / Australia / One-Day Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  142. (en) "Records / Australia / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  143. Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein plaasgevind het
  144. (en) "Australia / Records / Test Matches / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  145. (en) "Australia / Records / One-Day Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  146. (en) "Australia / Records / Twenty20 Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 20 April 2022.
  147. (en) "Records / Australia / Test matches / Result summary". ESPNcricinfo. 11 April 2022. Besoek op 20 April 2022.
  148. (en) "Records / Australia / ODI matches / Result summary". ESPNcricinfo. 16 April 2022. Besoek op 20 April 2022.
  149. (en) "Records / Australia / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 17 April 2022. Besoek op 20 April 2022.

Verdere leesstof

  • (en) Gideon Haigh (2018). Crossing The Line: How Australian Cricket Lost its Way. Melbourne: Slattery Media Group. ISBN 978-1-921778-94-0.
  • (en) Jared van Duinen (2018). The British World and an Australian National Identity: Anglo-Australian Cricket, 1860–1901. Palgrave Studies in Sport and Politics. Londen: Palgrave Macmillan. ISBN 978-1-137-52777-6.
  • (en) John Major (2009). More Than A Game: The Story of Cricket’s Early Years. Londen: Harper Collins. ISBN 978-0-00-728011-7.
  • (en) Chris Harte (1993). A History of Australian Cricket. Andre Deutsch. ISBN 978-0-233-98825-2.
  • (en) D. Frith (1990). Australia versus England: a pictorial history of every Test match since 1877. Victoria: Penguin Books. ISBN 0-670-90323-X.
  • (en) Jack Pollard (1988). Australian Cricket: The game and the players. Sydney: Angus & Robertson. ISBN 0-207-15269-1.
  • (en) Ralph Barker en Irving Rosenwater (1969). England v Australia: A compendium of Test cricket between the countries 1877–1968. B.T. Batsford. ISBN 0-7134-0317-9.

Eksterne skakels


Australiese nasionale krieketspan

Die Australiese nasionale krieketspan (Engels: Australia national cricket team) is die nasionale krieketspan van Australië en word deur Krieket Australië (CA, van Engels: Cricket Australia) bestuur. Dit is die gesamentlike oudste span in toetskrieket, wat hul eerste toets reeds in 1877 teen Engeland gespeel het.[10] Die span speel ook EDI- en T20I-krieket, hulle was deel van beide die eerste EDI, teen Engeland in die 1970/71 seisoen[11] en die eerste T20I, teen Nieu-Seeland in die 2004/05-seisoen,[12] en het ook albei wedstryde gewen. Die span trek sy spelers hoofsaaklik van die spanne wat in die Australiese binnelandse kompetisies speel – die Sheffield Shield, die Australiese tuis-eendagreeks en die Big Bash-liga. Australië is tans (April 2022) erste op die IKR-toetsranglys, derde op die eendagranglys en sesde op die Twintig20-wêreldranglys.[13][14][15]