Australiese krieketbalpeuterskandaal van 2018

In Maart 2018 was die Australiese nasionale krieketspan betrokke by 'n balpeuterskandaal tydens en na afloop van die derde Toets teen Suid-Afrika in Kaapstad toe Cameron Bancroft deur televisiekameras uitgevang is, terwyl hy probeer het om die een kant van die bal met skuurpapier grof te maak. Dit sou die swaai van die bal in vlug verbeter, maar wat volgens krieketreëls streng ontoelaatbaar is.[1] Die kaptein, Steve Smith, en onderkaptein, David Warner, was albei betrokke by die beplanning van die verneukspul en al drie is ongekende lang skorsings uit internasionale en plaaslike krieket deur Krieket Australië opgelê. Alhoewel daar bevind is dat hy nie hierby betrokke was nie, het Australië se afrigter, Darren Lehmann, ook aangekondig dat hy sou bedank as gevolg van die skandaal.[2] Steve Smith is deur Tim Paine vervang as die span se toetskaptein.[3]

Steve Smith (links) en David Warner (regs) is deur Krieket Australië vir 12 maande uit internasionale en tuiskrieket geskors.

Derde Toetswysig

In Maart 2018 het die Australiese nasionale krieketspan deur Suid-Afrika getoer om vier Toetswedstryde teen die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan te speel.[4] Op 24 Maart 2018, net na middagete op die derde dag van die derde Toets, is Australië se Cameron Bancroft op die televisiedekking en op die groot skerms van Newlands vertoon waar hy die bal met 'n klein geel voorwerp uit sy broeksak vryf.[5][6] Na Bancroft besef het dat hy gesien is, en dus moontlik uitgevang is, is daar weer op tv-dekking gewys hoe hy die voorwerp in die voorkant van sy broek wegsteek. Hy is hierna deur die skeidsregters op die veld nadergeroep en ondervra, maar hy het vir hulle 'n swart sonbrilsakkie uit sy broeksak gehaal. Die skeidsregters het die bal geïnspekteer, maar verkies om nie die bal aan die Suid-Afrikaanse span te bied om dit te vervang as hulle wou nie, en/of hulle vyf straflopies toe te ken nie, die opsies wat vir die skeidsregters beskikbaar is volgens Reel 41.3 van die Krieketspelreels. Dit het aangedui dat die bal nie op 'n merkbare manier verander is deur Bancroft nie.

Tydens die perskonferensie aan die einde van die dag se spel, het Bancroft erken dat hy vertoon is terwyl hy probeer het om die toestand van die bal te verander. Dit is uitgevoer met 'n stukkie geel kleefband wat grond en gruis bevat het, wat 'n skuuroppervlak verskaf het. Vyf dae later tydens 'n ondersoek na die voorval, het hy erken dit was skuurpapier, wat krieketspelers gebruik om hulle kolwe mee glad te skuur.[7] Op hierdie perskonferensie het Australië se kaptein, Steve Smith, erken dat hy vooraf van die plan met Bancroft geweet het. Smith het gesê dat die plan tydens die middagetepouse  deur die "leierskapgroep" beraam is, maar hy het nie enige name genoem nie.[8][9] Hy het voorts gesê dit was 'n "groot fout wat gemaak is", en toe hy uitgevra is deur die media, het hy gesê dat hy nie as kaptein van die span sou bedank nie.[10]

Andy Pycroft, die wedstrydskeidsregter, het Bancroft van 'n vlak 2-misdryf aangekla: poging om die toestand van die bal te verander. David Richardson, uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad (ICC), het Smith aangekla weens "gedrag van 'n ernstige aard wat in teenstelling met die gees van die spel is".[11] Smith aanvaar die aanklag en die voorgestelde sanksie van twee skorsingspunte, wat gelykstaande is aan 'n verbod vir die volgende Toets, vier strafpuntstelselpunte word bygevoeg tot sy rekord, plus 'n boete van 100% van sy wedstrydfooi. Bancroft aanvaar ook die aanklag teen hom, ontvang drie strafpuntstelselpunte en word beboet met 75% van sy wedstrydfooi.[11]

Verwysingswysig

  1. "Bancroft, Smith admit to ball tampering". Cricinfo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2019. Besoek op 28 Maart 2018.
  2. "Australian ball-tampering: Darren Lehmann to quit as Australia coach". BBC Sport (in Engels). 29 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 29 Maart 2018.
  3. "Paine to be Australia's 46th Test captain". Cricket Australia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Maart 2018.
  4. "CSA announces Zimbabwe and India tour itineraries". Cricket South Africa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 September 2017.
  5. "Cameron Bancroft at centre of alleged ball-tampering row". ESPN Cricinfo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 24 Maart 2018.
  6. "Bancroft and Smith answer to ball tampering allegations". International Cricket Council (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2018. Besoek op 24 Maart 2018.
  7. "Sticky truth about sandpaper revelation". cricket.com.au (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 28 Maart 2018.
  8. "Australia own up to ball tampering" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op 24 Maart 2018.
  9. "Cameron Bancroft: Australia player admits to ball-tampering, Steve Smith knew in advance" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2019. Besoek op 24 Maart 2018.
  10. "Desperation drove Australia to cheat - Smith" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 24 Maart 2018.
  11. 11,0 11,1 "Steve Smith suspended and Bancroft handed three demerit points" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2019. Besoek op 29 Maart 2018.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media