Rugby Australia

(Aangestuur vanaf Australiese Rugbyunie)

Rugby Australia (Rugby AU), tot 2017 bekend as die Australiese Rugbyunie (Engels: Australia Rugby Union, afgekort “ARU”), is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Australië beheer. Die beheerliggaam is in 1949 gestig en in Sydney gesetel. Sedertdien verteenwoordig dit Australië by Wêreldrugby en ook by Oseanië Rugby (“OR”).

Rugby Australia
Kenteken van Rugby Australia
Kenteken van Rugby Australia
Engelse naamRugby Australia
AfkortingRugby AU
LandVlag van Australië Australië
SportsoorteRugby, Sewesrugby
Gestig op25 November 1949
Gestig inSydney, Australië
Lid vanWêreldrugby
Aangesluit in1949
Vastelandse beheerliggaamOseanië Rugby
PatroonDavid Hurley[1]
VoorsitterDaniel Herbert
PresidentJoe Roff
Hoof- uitvoerende beamptePhil Waugh
Amptelike taalEngels
Amptelike webwerfaustralia.rugby

Geskiedeniswysig

In 1874 is die Suidelike Rugbyunie gestig wat vanuit Twickenham in Engeland beheer is. In 1881 is die administrasie aan Nieu-Suid-Wallis oorhandig en in 1892 het die Suidelike Rugbyunie van Nieu-Suid-Wallis en die Noordelike Rugbyunie van Queensland (gestig in 1883) die Nieu-Suid-Wallis Rugbyunie en die Queensland Rugbyunie geword.

Omdat Nieu-Suid-Wallis die ouer unie was, was hy ook verantwoordelik vir die administrasie van al die toere en vir die verteenwoordiging van Australië op die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby). In 1947 het die staatsunies ooreengekom dat dit beter vir die toekoms van rugby in Australië sou wees om deur een administratiewe liggaam beheer te word. In 1948 het die IRVR ’n uitnodiging aan Australië gerig (eerder as aan ’n verteenwoordiger van Nieu-Suid-Wallis) om ’n setel op die raad in te neem.

Die eerste vergadering van die Australiese Rugbyvoetbalunie is gehou op 25 November 1949 met elf afgevaardigdes van Nieu-Suid-Wallis, Queensland, Suid-Australië, Wes-Australië, Tasmanië en Victoria. Die ARU is in 1949 gestig en het in dieselfde jaar by die IRVR aangesluit.[2] Daarbenewens was die Australiese beheerliggaam in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby).[3] Rugby Australia bestaan uit agt plaaslike beheerliggame, wat elkeen ’n deelstaat of gebied verteenwoordig.[4] In 1972 het die Australiese Hoofstadgebied ’n lid geword en in 1978 het Noord-Australië ’n buitengewone lid geword. In 2004 het die AHG-unie sy naam verander na die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie nadat twee streeksunies in suidelike Nieu-Suid-Wallis ’n verbintenis met die AHG aangegaan het.

In 1985 is die Australiese Rugbyvoetbalunie as ’n maatskappy geïnkorporeer en in 1997 het die naam verander na Die Australiese Rugbyunie Bpk. Die naam het in 2017 weer verander na Rugby Australia Ltd. (Rugby Australië Bpk.)

Taakwysig

Hoofkantoor van Rugby Australia in Sydney

Rugby Australia organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Australië se nasionale seniormansrugbyspan (die Wallabies), vroue en jeug. Naas die amptelike nasionale span roep Rugby Australia ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Australië. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Australië beskik oor ’n nasionale span vir studente, die Australian Schoolboys, wat as ’n voorbereiding op die Australiese nasionale rugbyspan dien. Die Junior Wallabies is die o/20-nasionale span en hulle neem aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deel.[5] Hulle bestuur saam met die Argentynse Rugbyunie, Nieu-Seeland Rugby en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie as ’n gesamentlike onderneming SANZAAR, die beheerliggaam van beide Superrugby en Die Rugbykampioenskap, die vernaamste rugbytoernooie in die Suidelike Halfrond. Rugby AU hou ook toesig oor sewesrugby in Australië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Australiese Nasionale Olimpiese Komitee saam.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in die land is die Nasionale Rugbykampioenskap, waaraan sewe Australiese spanne en een uit Fidji deelneem.[6] Bo die nasionale kampioenskap word jaarliks saam met spanne uit Nieu-Seeland en een elk uit beide Fidji en die Stille Oseaan-eilande (feitlik die Cookeilande, Fidji, Samoa en Tonga) die internasionale Superrugbytoernooi beslis.[7] Aangesien die seisoene min oorvleuel word talle spelers in albei professionele ligas ingespan.

Rugby Australia organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van die Rugbywêreldbeker 1987 (saam met Nieu-Seeland) en die Rugbywêreldbeker 2003 (op sy eie). Hulle sal ook die Rugbywêreldbeker 2027 aanbied.[8] Daarbenewens word die Australië Sewes jaarliks in Australië beslis.

Bestuurwysig

Rugby Australia se konsessie-areas is geskoei op die tradisionele deelstaatspanne

Die bestuurstrukture van die ARU is in Desember 2012 hersien na ’n oorsig van die voormalige federale senator en Minister van Sport, Mark Arbib.[9]

Lidmaatskapwysig

Die lede van die ARU (aandeelhouers) sluit die unies in wat Australië se deelstate en gebiede verteenwoordig, tesame met die Superrugbykonsessies in dié land, en die Rugbyuniespelersvereniging (RUPA).[10] Lede oefen hul stemreg uit op die ARU se jaarlikse algemene vergadering. Volgens die grondwet wat in 2012 aanvaar is, het elk van die agt bestaande lidunies en RUPA ’n afgevaardigde met een toegewese stem. Daarnaas het elke Superrugbykonsessie ’n afgevaardigde met een stem. Soos dit tans staan word slegs die Rebels en die Waratahs onafhanklik geadministreer, wat beteken dat die stemme van die ander drie spanne effektief deur die onderskeie lidunies wat die spanne besit, bepaal. Laastens kry lidunies met meer as 50 000 geregistreerde spelers ’n bykomende stem. Slegs Nieu-Suid-Wallis en Queensland voldoen aan hierdie vereiste. Dit bring die totale aantal stemme op sestien.[10] Die ARU het ook ’n aantal geaffilieerde groepe wat nie stemreg het nie.[10]

Afd.LedeStemme
AHGAHG en Suidelike NSW Rugbyunie2
NSWNieu-Suid-Wallis Rugbyunie23
Waratahs Rugby1
QLDQueensland Rugbyunie3
VICVictoriaanse Rugbyunie12
Melbourne Rebels1
WARugby Wes-Australië2
SASuid-Australiese Rugbyunie1
TASTasmaanse Rugbyunie1
NGNoordelike Gebied Rugbyunie1
Rugbyuniespelersvereniging1

Geaffilieerdes
Australiese Barbarian Rugbyklub
Australiese Juniorrugbyunie
Australiese Skolerugbyvoetbalunie
Australiese Dienste Rugbyunie
Australiese Vrouerugbyunie
Classic Wallabies
NSWNieu-Suid-Wallis Landelike Rugbyunie
Sydney Rugbyunie

Nota: Die Australiese Rugbyskeidsregtersvereniging en Australiese Universiteiterugbyunie was vroeër, tot 2005 en 2014 onderskeidelik, nie-semgeregtigde lede.

Heldesaalwysig

Rugby Australia het ’n heldesaal. Elke jaar word twee of meer noemenswaardige Australiese rugbyspelers van alle eras van die internasionale spel in die Wallaby-heldesaal ingelyf. Ingelyfdes kom uit al die toetsspanne sedert die Wallabies vir die eerste keer in 1899 gespeel het. Oorweging word geskenk aan spelers se rugbyloopbaan maar inlywing rus nie alleen op statistiese prestasies nie.

Om in aanmerking te kom vir insluiting in die Wallaby-heldesaal moes ’n speler:

  • Ten minste een toets vir Australië gespeel het
  • Vir ten minste tien jaar reeds uitgetree wees
  • ’n Groot bydrae tot die sport gemaak het
  • Uitstaande vaardighede, sportmangees, toewyding, karakter en persoonlike bydrae tot hul span en die spel in hul era getoon het.

Lede van die Heldesaalwysig

  • Trevor Allan
  • Jock Blackwood
  • Eddie Bonis
  • Wylie Breckenridge
  • David Brockhoff
  • Cyril Burke
  • David Campese
  • Ken Catchpole
  • Bill Cerutti
  • Des Connor
  • Greg Cornelsen
  • Greg Davis
  • Edward “Weary” Dunlop
  • John Eales
  • Charlie Eastes
  • Mark Ella
  • Nick Farr-Jones
  • Jack Ford
  • Tim Gavin
  • George Gregan
  • John Hipwell
  • Tim Horan
  • Peter Johnson
  • Phil Kearns
  • Stephen Larkham
  • Tom Lawton, Snr
  • Mark Loane
  • Michael Lynagh
  • Paul McLean
  • Wally Meagher
  • Tony Miller
  • Herbert Moran
  • Simon Poidevin
  • Tom Richards
  • Alex Ross
  • Geoff Shaw
  • Tony Shaw
  • Nicholas Shehadie
  • Andrew Slack
  • John Solomon
  • John Thornett
  • Johnnie Wallace
  • Jon White
  • Colin Windon

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Governor-General the Hon David Hurley named patron of Australian Rugby". Rugby Australia. 23 Augustus 2019. Besoek op 27 Maart 2024.
  2. (en) "Our History". Rugby Australia. 2020. Besoek op 27 Maart 2024.
  3. (en) Robert F. Dewey (2012). John Nauright, Charles Parrish (red.). Rugby Union Football, Pacific Islands. pp. 445–447. ISBN 978-1-59884-300-2. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  4. (en) "Governance". Rugby Australia. 2020. Besoek op 27 Maart 2024.
  5. (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 27 Maart 2024.
  6. (en) "National Rugby Championship". Rugby Australia. 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2021. Besoek op 5 Maart 2021.
  7. (en) "Reports: Agreement reached for 12-team Super Rugby from 2022". www.sarugbymag.co.za. Besoek op 27 Maart 2024.
  8. (en) "Rugby World Cup host locations confirmed through to 2033". Wêreldrugby. 12 Mei 2022. Besoek op 27 Maart 2024.
  9. (en) Arbib, Mark (2012). "Verbetering van die bestuur van Australiese Rugby" (PDF). Australian Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF 0.8 MB) op 13 Maart 2016. Besoek op 13 April 2016.
  10. 10,0 10,1 10,2 (en) "ARU neem geskiedkundige stap na lede stem vir grondwetlike verandering". Australian Rugby. 10 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2016. Besoek op 12 April 2016.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media