Augustus Octavianus

Augustus (* 23 September 63 v.C. as Gaius Octavius in Rome; later deur sommige skrywers as aangenome seun Octavianus[1] genoem; † 19 Augustus 14 n.C. in Nola naby Napels) word as die eerste Romeinse keiser beskou.

Augustus
1ste Keiser van die Romeinse Ryk
Augustus Octavianus.
Augustus Octavianus.
Regeer16 Januarie 27 v.C. - 19 Augustus 14 n.C. (vir 40 jare en 215 dae)
Volle naamGaius Octavius Thurinus
Gebore23 September 63 v.C.; Rome, Romeinse Republiek
Oorlede19 Augustus 14 n.C.; Nola, Kampanië, Romeinse Ryk (op 75)
BegraweMausoleum van Augustus, Rome
VoorgangerJulius Caesar, as leier van die Republiek
OpvolgerTiberius
Adellike huisJulio-Claudiese dinastie
VaderGaius Octavius
MoederAtia Balba Caesonia
EggenoteClodia Pulchra
Scribonia
Livia Drusilla
KindersJulia die ouere
Gaius Caesar
Lucius Caesar
Agrippa Postumus
Tiberius

As grootneef en hooferfgenaam van Julius Caesar het hy die politieke magstryd gewen wat ná die moord op Caesar in 44 v.C. uitgebreek het en in 31 v.C. alleenheerser van die Romeinse Ryk geword. Hy het 'n einde aan die Romeinse burgeroorloë gemaak wat 'n eeu lank gewoed het en was die stamvader van die keiserlike Julies-Claudiese geslagslyn.

Met sy slagsprek restitutio rei publicae ("herstelling van die republiek") het hy aanspraak daarop gemaak dat hy die ou politieke orde sou herstel, maar met sy beleid het hy die republikeinse staatsstruktuur in werklikheid omgeskep tot 'n monargiese stelsel - die sogenaamde prinsipaat, 'n soort militêre diktatuur met diktatoriale magte vir homself. Sy heerskappy het nogtans 'n lang tyd van binnelandse vrede gebring wat later idealiserend as Pax Augusta geteken is.

Veldtogte in Germaniëwysig

Augustus se legioene het die Ryn oorgesteek en stadigaan die Germane begin onderwerp. Heelparty stamhoofde het gemeen die proses kan voordelig wees en saamgewerk, en selfs hul seuns na Rome gestuur om as Romeine opgevoed te word.

Een van hulle was Arminius, seun van Segimerus, stamhoof van die Cheruske. Arminius is later terug na Germania, as vriend van die Romeinse goewerneur, Publius Quintilius Varus. Maar Arminius het gesien hoe wreed die Romeine sy mense behandel, en het dus in die geheim ’n opstand georganiseer.

In September van die jaar 9 n.C. het hy valse berigte van ’n opstand aan Varus laat stuur, wat dadelik met drie legioene uitgeruk het. Arminius, het besef dat hy nie op oop grond met dié uitstekend toegeruste legioene deurmekaar moet raak nie, en Varus dus deur die Teutoburgwoud laat marsjeer.

Sodoende is die legioene in ’n kilometers lange stoet uitgerek en kon hulle nie in hul normale slagordes veg nie. Op 9 September het die Germane met ’n reeks aanvalle begin, en in die daaropvolgende drie dae is die Romeine stelselmatig uitgemoor totdat hulle uitgewis is. Die Ryn het die vaste grens van die Romeinse Ryk geword.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Die uitgang -anus in Romeinse name word algemeen deur seuns gedra wat aangeneem is. Gaius Octavius het self nie die naam Octavianus vir homself gebruik nie.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media