Anton Rupert

Afrikaanse entrepreneur van Suid-Afrika

Anthony Edward Rupert (4 Oktober 1916, Graaff-Reinet18 Januarie 2006, Stellenbosch) was 'n Afrikaanse entrepreneur van Suid-Afrika, sakeman en omgewingsbewaarder. Hy is op die dorp Graaff-Reinet in die Oos-Kaap gebore waar hy ook grootgeword het. Hy studeer in Pretoria en trek later na Stellenbosch, waar die Rembrandtgroep gestig is en steeds sy hoofkwartier het. Hy sterf in sy slaap in sy huis in Thibaultstraat, Stellenbosch, in die ouderdom van 89, en word oorleef deur sy seun, Johann, dogter Hanneli, en ses kleinkinders. In 2004 word hy vereer met die 28ste plek in die "Voorste 100 Groot Suid-Afrikaners", 'n televisiereeks op SABC3.

Anton Rupert
Anton Rupert
Gebore
Anthony Edward Rupert

4 Oktober 1916
Graaff-Reinet
Sterf18 Januarie 2006 (op 89)
Stellenbosch, Suid-Afrika
EggenootHuberte

Sakeloopbaanwysig

Nadat hy sy mediese studies gestaak het weens 'n gebrek aan geld, verwerf Rupert sy graad in chemie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy ook 'n kort tydjie doseer. Hierna begin hy 'n droogskoonmakery.

Met 'n aanvanklike belegging van 10 pond en saam met twee ander beleggers stig hy in 1939 die Voorbrand-tabakmaatskappy.[1] Aanvanklik word snuif en later ook sigarette in sy motorhuis vervaardig. Hy bou hierdie onderneming uit tot wat die tabak- en industriële reus Rembrandt sou word. Rembrandt se buitelandse tabakbelange word in 1972 gekonsolideer in die maatskappy Rothmans.

Hy het die transformasie van Rembrandt wat verdeel het in Remgro ('n beleggingsmaatskappy met finansiële, mynbou en industriële belange) en Richemont ('n Switsers-gebaseerde luukse- artikelgroep) bestuur. Richemont besit luukse handelsmerke soos Cartier, Alfred Dunhill, Sulka, Seeger, Piaget, Baume & Mercier, Vacheron Constantin en Montblanc.

Hierdie besighede bestaan tans uit honderde maatskappye wat teenwoordig is in 35 lande op ses kontinente met 'n gekombineerde jaarlikse netto verkope in die omgewing van VS$10 miljard. In 1995 het Rembrandt en Richemont hul tabakbelange gekonsolideer in Rothmans International, wat op daardie tydstip die wêreld se vierde grootste sigaretvervaardiger was.

In 1999 het Rothmans International saamgesmelt met British American Tobacco (JSE: BTI), die wêreld se tweede grootste sigaretvervaardiger. Remgro het 'n 10% en Richemont 'n 18,6% aandeel in BTI.

Rupert se oudste seun, Johann Rupert, is nou die uitvoerende hoofbestuurder van Richemont en voorsitter van Remgro.

Die Rupertfamilie is ook betrokke by die Suid-Afrikaanse wyn- en drankindustrie. Hulle besit die L'Ormarins en La Motte wynlandgoedere en het 'n belang in Rupert & Rothschild Vignerons, die wynmaakvenootskap tussen die Rupert- en Rothschild-families (ten tye van die dood van Rupert se jongste seun Anthonij in 'n motorongeluk in 2001, was hy hoof van Rupert & Rothschild Vignerons.)

Die Ruperts het ook gedeeltelike beheer van twee van Suid-Afrika se groot wynhandelshuise, Stellenbosch Farmers' Winery (SFW) en Distillers Corporation, wat tesame een uit elke ses bottels wyn in Suid-Afrika produseer en ongeveer tagtig persent van die land se brandewyn. Hierdie twee maatskappye het saamgesmelt om Distell te vorm.

Onder ander belange besit die Rupertgroep ook Suid-Afrika se tweede grootste kettinggroep van privaathospitale, die Medi-Clinic Korporasie, met 3 900 beddens.

Hy het ook 'n belangrike rol gespeel in die Suid-Afrikaanse Kleinsakeontwikkelingskorporasie, 'n nie-winsgewende maatskappy wat lenings aan klein- en mediumgrootte maatskappye toegestaan het, en sedert 1981 byna 'n halfmiljoen werksgeleenthede geskep het. Die organisasie is na 1994 omvorm tot die huidige Business Partners organisasie.

Alhoewel hy openlik krities was oor die destydse apartheidstelsel, beide tuis en oorsee, het hy konfrontasie vermy wat sy sakebelange kon skaad.

Betrokkenheid by natuurbewaring en die gemeenskapwysig

Rupert was ook nou betrokke in omgewingsbewaring en sy maatskappye was betrokke by die befondsing van die skone kunste. Sedert 1964 is stigtings tot stand gebring deur Rembrandt vir die bevordering van onderwys, kuns, musiek en die bewaring van historiese geboue. Rupert was 'n stigterslid van die WWF (World Wildlife Fund) en dit was in sy rol as die president van die organisasie se Suid-Afrikaanse tak wat hy die leiding geneem het in die stigting van oorgrensbewaringsgebiede (ook bekend as "vredesparke"), soos die Groter Limpopo Oorgrenspark.

Met 'n aanvangskenking van 1,2 miljoen rand deur die Rupert Natuurstigting, is die "Vredesparkstigting" op 1 Februarie 1997 gestig ten einde die totstandkoming van oorgrensbewaringsgebiede in Suider-Afrika te bevorder. Nelson Mandela, Prins Bernhard van Nederland en Anton Rupert was die stigtersbeskermhere van die Peace Parks Foundation.

In 2000 het die Kaapse Drie-eeuefeesstigting aan hom die Molteno-medalje toegeken vir lewenslange diens aan kultuur- en natuurbewaring.[2]

Verwysingswysig

  • Dommisse, Ebbe; Esterhuyse, Willem. Anton Rupert: 'n Lewensverhaal. Tafelberg Uitgewers, 2009. ISBN 978-0-624-04595-3
  1. Joyce, Peter (1989). The South African family encyclopaedia. Internet Archive. Cape Town : Struik Publishers. ISBN 978-0-86977-887-6.
  2. "Archives - Cape Tercentenary Foundation". The Cape Tercentenary Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2020.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media