Anti-inflammatoriese middel

'n Anti-inflammatoriese middel is 'n geneesmiddel, 'n chemiese stof, vir die behandeling van pyn. Anti-inflammatoriese middels maak sowat die helfte van pynstillers uit, wat die pyneffek verlig deur die vermindering van inflammasie in teenstelling met opiate en opioïede, wat direk op die sentrale senuweestelsel inwerk.

Aspirien-tablette, 'n algemene anti-inflammatoriese middel

Nie-steroïed anti-inflammatoriese middelswysig

Nie-steroïed anti-inflammatoriese middels (NSAIMs) verlig pyn deur die inhibering van die siklo-oksigenase (COX)-ensiem. Die COX-ensiem is behulpsaam met die vorming van prostaglandiene, die oorsaak van inflammasie. In sy geheel, verhoed die NSAIMs dat prostaglandiene ooit gesintetiseer word, dit lei tot die vermindering of uitskakeling van pyn.

Algemene voorbeelde van NSAIMs is: aspirien, diklofenak, ibuprofeen, en naprokseen. Die nuwer spesifieke COX-inhibeerders word nie saam met die tradisionele NSAIMs geklassifiseer nie, selfs al het hulle vermoedelik dieselfde werkingswyse.

Aan die ander kant is daar pynstillers wat algemeen geassosieer word met anti-inflammatoriese middels, maar wat geen anti-inflammatoriese effekte het nie. 'n Voorbeeld hiervan is parasetamol, wat in die VSA asetaminofen genoem word en onder die handelsnaam "Tylenol" verkoop word. In teenstelling met NSAIMs, wat pyn en inflammasie verminder deur die inhibering van COX-ensieme, het parasetamol reeds in 2006 getoon dat dit die heropname van endokannabinoïdien stuit, wat slegs pyn verminder, en verduidelik waarom dit 'n minimale effek op inflammasie het.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media