Miombokoester

Voëlspesie

(Aangestuur vanaf Anthus nyassae)

Die miombokoester[1] of boskoester (Anthus nyassae) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël van breëblaarboomveld van suidsentrale Afrika. Dit is vroeër as 'n takson van die langbekkoester (Anthus similis) gereken, maar word nou soos Nicholsonse koester as 'n aparte spesie beskou. Dit is inheems aan Angola, noordelike Botswana, suidelike DRK, Malawi, noordelike Mosambiek, noordoostelike Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Engels staan dit as die wood pipit bekend.

Miombokoester
Volwassene in Angola
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. nyassae
Binomiale naam
Anthus nyassae
Neumann, 1906

Voorkoms en gewoonteswysig

Die voël is 18 cm groot, weeg 24 gram, en die genders lyk eenders. Die voëls kom as enkelinge of in pare voor en soek hul kos op die grond. Hulle bewoon grasryke breëblaarboomveld, waaronder veral miomboveld, maar ook veld met rooisering, Zambezi- of dopperkiaat. Anders as die Nicholsonse of langbekkoesters word hulle slegs by uitsondering in klipperige areas gevind.[2] Hulle vreet 'n wye verskeidenheid insekte, insluitend grasdraer- en funguskwekertermiete. Hulle uiter 'n mossie-agtige sang uit bome, het 'n tjirpende roep in vlug, en 'n trillende roep wanneer hulle opvlieg.[2]

Broeigedragwysig

In Zimbabwe broei hulle hoofsaaklik van September tot November.[2] Die nes word in 'n verskuilde holte langs 'n graspol geplaas, en die legsel bestaan meestal uit 2 tot 3 eiers. Die eier se basiskleur wissel van roomwit, wasigblou tot bleekbruin. Dié is veral om die breër punt olyfbruin, bleeklaventel of in wisselende skadu's van grys, bruin of rooibruin gespikkel of gevlek. Pasuitgebroeide kuikens is swart en naak, maar ontwikkel dons na enkele dae.[2] Volwassenes kan 'n gebreekte vlerk afleidingvertoning by die nes uitvoer. Jongvoëls verveer kort nadat hulle die nes verlaat, en volwassenes ondergaan soortgelyk 'n ververing na die broeityd.[2]

Subspesieswysig

Twee subspesies word in Suider-Afrika onderskei:[1][2]

  • A. n. frondicolus Clancey, 1964 — Zimbabwe en aanliggende Mosambiek
  • A. n. chersophilus Clancey, 1989 — Botswana, Namibië, suid-Angola en Zambië

Sien ookwysig

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Anthus nyassae

Bronwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Harrison, J. A., red. (1997). The Atlas of Southern African birds: Vol.2 Passerines (PDF). Johannesburg: BirdLife South Africa. p. 396. ISBN 0-620-20730-2. Besoek op 13 Februarie 2024.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 Hockey, P.A.R.; Dean, W.R.J.; Ryan, P.G.; et al. (2005). Roberts Birds of Southern Africa (7de uitg.). Kaapstad: Trustees of the John Voelcker Bird Book Fund. pp. 1110–1111. ISBN 0-620-34053-3.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media