Anneline Kriel

Mej. Wêreld 1974

Anneline Kriel (gebore 1955) is 'n Suid-Afrikaanse model, aktrise en skoonheidskoningin. Sy het in 1974 op 19-jarige ouderdom Mej. Wêreld geword nadat die Verenigde Koninkryk se Helen Morgan bedank het net vier dae ná haar kroning. Anneline was Suid-Afrika se tweede Mej. Wêreld naas Penny Coelen-Rey.

Anneline Kriel
Gebore28 Julie 1955 (1955-07-28) (68 jaar oud)
PlekWitbank, Suid-Afrika
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Alma materUniversiteit van Pretoria
Loopbaan
Titel(s)Mej. Suid-Afrika 1974
Mej. Wêreld 1974
HaarkleurBlond
OogkleurGroen
Persoonlike gegewens
GadeSol Kerzner (1980-1985)
Phillip Tucker (1989-1994)
Peter Bacon
KindersWitney
Tayla[1]

Sy het in verskeie Afrikaanse produksies gespeel,[2] asook in die internasionale rolprent Kill and Kill Again.[3]

Loopbaanwysig

Anneline was net 19 jaar oud toe sy Mej. Wêreld 1974 word. Dit was ’n onstuimige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis omdat die land toenemend geboikot is. Die blonde Anneline is dus soms oorsee as die gesig van apartheid-Suid-Afrika uitgebeeld en state soos die Verenigde Koninkryk en Australië het geweier om haar te verwelkom op haar wêreldtoer as Mej. Wêreld. In Suid-Afrika is haar kroning egter deur baie positief ontvang.[4]

In 1981 het sy die pop-enkelsnit He Took Off My Romeos uitgereik.[5][6]

Persoonlike lewewysig

Anneline het grootgeword op die myndorp Witbank.[4] In Maart 1976 was sy in ’n skandaal betrokke weens naakfoto's wat uitgelek en in die Sunday Times van Suid-Afrika verskyn het. Roy Hilligenn, Mnr. Suid-Afrika van 1943, 1944, 1946 en 1976, en Mnr. Amerika van 1951, het die foto's geneem en vir R100 000 aan ’n Britse koerant verkoop. Dit het haar gewys waar sy met vakansie kaal sonbrand saam met haar destydse kêrel, Richard Loring, en Hilligenn en sy gesin.[7]

Sy het in 1980 met die hotelmagnaat Sol Kerzner getrou. Hulle is vyf jaar later geskei.[8] Sy het in Switserland die Joodse geloof aangeneem en is in 1989 met die miljoenêr-perdeteler Phil Tucker getroud.[9] Hulle het twee dogters, Tayla en Witney, gehad. Anneline het in 1994 aansoek om ’n egskeiding gedoen[10] en was in 2000 in ’n toesigstryd met Tucker gewikkel.[11]

Sy is later met Peter Bacon, ’n hoofbestuurder en voormalige protégé van Kerzner, getroud.[12]

Filmografiewysig

Rolprent
JaarTitelRolNotas
1975Somer
1978Someone Like You
1981Kill and Kill AgainKandy Kane
1985Van der Merwe PI[13]
1990Reason to DieLena

Verwysingswysig

  1. Mooie Anneline Kriel met haar 2 ewe beeldskone dogters, Sarie, 26 Oktober 2009
  2. Motel View Victoria University Press. 1992. pp. 60
  3. Allan, Jani (1980s). Face Value. Longstreet.
  4. 4,0 4,1 A Race Apart: the beauty queens of the apartheid era Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine The Times. 25 Junie 2010
  5. South Africa's Vinyl Music History Rock.co.za. URL besoek op 15 September 2012
  6. Anneline Kriel - He Took Off my Romeos Soundcloud. URL besoek op 15 September 2012
  7. A Century of Sundays: 100 Years of Breaking News in the Sunday Times, 1906-2006 Geargiveer 9 April 2015 op Wayback Machine 2006. pp. 229
  8. The Sun king Daily Telegraph. 18 Julie 2004
  9. The Adventures of Rabbi Arieh: A Destined Mission Around the World iUniverse. 2009. pp. 187
  10. Tucker's funeral an understated affair IOL. 30 Mei 2008
  11. Anneline in court in custody battle IOL. 11 Mei 2000
  12. Peter Bacon: He's come from the casinos of Sun City to play one-armed bandits in Britain[dooie skakel] The Independent. 19 September 2004
  13. VAN DER MERWE P.I. Geargiveer 21 Junie 2013 op Wayback Machine MNET. URL besoek op 15 September 2012

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Shelly Latham
Mej. Suid-Afrika
1974
Opgevolg deur
Gail Anthony
Voorafgegaan deur
Marjorie Wallace
Mej. Wêreld
1974
Opgevolg deur
Wilnelia Merced
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media