Anna Elizabeth Botha

Anna Elizabeth (Elize) Botha (1922 - 1997), gebore op 6 Mei[1] 1922 as Anna Elizabeth Rossouw, was die vrou van staatspresident Pieter Willem Botha, en gevolglik Suid-Afrika se eerste dame vanaf 1984 tot 1989. Mnr. Botha het van 1978 tot 1984 as die eerste minister van Suid-Afrika gedien.

Anna Elizabeth Botha

Presidentsvrou van Suid-Afrika
Ampstermyn
3 September 1984 – 15 Augustus 1989
PresidentPieter Willem Botha
Voorafgegaan deurMarietjie Viljoen
Opgevolg deurMarike de Klerk

Persoonlike besonderhede
Gebore6 Mei 1922
Suid-Afrika
Sterf6 Junie 1997
Kaapstad, Suid-Afrika
Politieke partyNP
Eggenoot/-notePieter Willem Botha (1943–1997)
Kind(ers)5
Dr. en mev. S.H. Rossouw toe hy leraar was van die NG gemeente Senekal met hul twee oudste kinders. Die dogtertjie is Elize.
Elize Botha se gesin omstreeks 1944 toe haar vader, ds. S.H. Rossouw, predikant was van die NG gemeente Swellendam. Botha is op die inlas te sien.

Mnr. Botha trou op 13 Maart 1943 met Anna Elizabeth Rossouw. Sy was onder die naam Elize bekend en was die dogter van 'n dominee van onder meer die NG gemeentes Senekal en Maitland, dr. S.H. Roussouw (11 Januarie 189011 Junie 1956).[2] Hulle het twee seuns gehad, Rossouw en Pieter Willem, asook drie dogters, Elanza, Amelia en Rozanne.[3]

Elize Botha was hoofsaaklik in die agtergrond en nie baie in die media nie. Pres. Nelson Mandela het haar later bewonder omdat sy gehelp het om 'n middagete wat hy en die weduwees van apartheid-era leiers bygewoon het te reël.[4]

Sy is op 6 Junie 1997 op 75-jarige ouderdom aan 'n hartaanval oorlede. Sy het in 1978 aneurisme gehad ('n aar in die brein wat lek), maar het daarna tot haar afsterwe goeie gesondheid geniet.[5][6]

Verwysingswysig

  1. (af) Foto-onderskrif[dooie skakel], Die Burger, 7 Mei 1987. URL besoek op 4 September 2015.
  2. Boddy-Evans, Alistair. "Biography of PW Botha, Apartheid Era President". African History (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 23 Augustus 2012.
  3. Gregory, Joseph R. (1 November 2006). "P. W. Botha, Defender of Apartheid, Is Dead at 90". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2018. Besoek op 23 Augustus 2012.
  4. "Obituaries". Sarasota Herald-Tribune. 9 Junie 1997. Besoek op 23 Augustus 2012.
  5. "Obituaries". Sarasota Herald-Tribune. 9 Junie 1997. Besoek op 23 Augustus 2012.
  6. "ANNA BOTHA". Who's Who Southern Africa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 23 Augustus 2012.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media