Anglikaanse Gemeenskap

(Aangestuur vanaf Anglikanisme)

Die Anglikaanse Gemeenskap (Anglican Communion) is 'n groep kerke, veral in Engelssprekende lande, wat uit die Kerk van Engeland ontstaan het en steeds nou daaraan verwant is.[1] Dit kan gesien word as 'n internasionale vereniging van Anglikaanse kerke, bestaande uit die Kerk van Engeland en die nasionale Anglikaanse lands- en streekskerke wat volle kommunie met die Engelse Moederkerk en in besonder met sy primaat, die Aartsbiskop van Canterbury, het. Daar bestaan nogtans geen enkele "Anglikaanse Kerk" wat universele juridiese gesag oor Anglikaanse gelowiges uitoefen nie aangesien elke nasionale of streekskerk outonomie geniet.

Wapen van die Aartsbiskop van Canterbury

Die status van volle kommunie beteken idealerwys dat onder alle Anglikaanse kerke enigheid oor godsdienstige leerstellings heers en alle praktiserende lidmate aan die sakrementale lewe van elke kerk mag deelhê. Met sowat 80 miljoen lidmate wêreldwyd is die Anglikaanse Gemeenskap die derde grootste Christelike denominasie in die wêreld na die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse Kerke. Sommige kerke staan vanweë hul historiese bande met Engeland bekend as Anglikaans, soos die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika. Ander, soos byvoorbeeld die Kerk van Ierland en die Episkopale Kerke van Skotland en Amerika, verskil hiervan en dra hul eie name. Elke kerk het sy eie leerstellings en liturgie wat in die meeste gevalle op dié van die Kerk van Engeland baseer, asook sy eie organisasiestruktuur en regtelike prosedure onder leiding van 'n plaaslike primaat.

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media