Angelier

’n Angelier (Dianthus caryophyllus) is ’n spesie van die genus Dianthus. Dit is waarskynlik inheems aan die Middellandse See-gebied, maar die blomme se presiese omvangsgebied is onbekend omdat dit die afgelope 2 000 jaar al wyd gekweek word.[1][2][3][4]

Angelier
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Tracheobionta
Divisie:
Klas:
Subklas:
Caryophyllidae
Orde:
Familie:
Caryophyllaceae
Tribus:
Caryophylleae
Genus:
Spesie:
D. caryophyllus
Binomiale naam
Dianthus caryophyllus
L., (1753)

Eienskappewysig

Dit is ’n kruidagtige, meerjarige plant wat tot 80 cm hoog word. Die blare is grysgroen tot blougroen, slank en tot 15 cm lank. Daar is een tot vyf blomme aan ’n byskerm; hulle is 3–5 cm in deursnee en het ’n soet reuk. Die oorspronklike natuurlike blomkleur is helder pienkpers, maar vandag kry ’n mens kultivars met baie ander kleure, soos rooi, wit, geel en groen.[4][5]

Angeliere het goed gedreineerde, neutrale tot effens alkaliese grond nodig, en volle sonlig. Verskeie kultivars word gekweek om in die tuin te plant.[4] Tipiese voorbeelde sluit in 'Gina Porto', 'Helen', 'Laced Romeo' en 'Red Rocket'. Verskeie siektes kan die plant tref, soos bakteriese en swamsiektes, parasiete en virussse.

Colombia is die grootste kweker van angeliere in die wêreld.

Naamwysig

Hoewel die naam "angelier" gewoonlik van toepassing is op die spesie Dianthus caryophyllus, word dit ook dikwels vir ander spesies van Dianthus gebruik, en veral ook vir die tuinhibriede tussen D. caryophyllus an ander spesies.

Verwysingswysig

  1. Med-Checklist: Dianthus caryophyllus
  2. Flora Europaea: Dianthus caryophyllus
  3. Blamey, M. & Grey-Wilson, C. (1989). Flora of Britain and Northern Europe. ISBN 0-340-40170-2
  4. 4,0 4,1 4,2 Huxley, A., ed. (1992). New RHS Dictionary of Gardening. Macmillan ISBN 0-333-47494-5.
  5. Flora of NW Europe: Dianthus caryophyllus Geargiveer 8 Desember 2007 op Wayback Machine

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media