Andrew Smith (dierkundige)

Andrew Smith (Hawick, Skotland, 3 Desember 1797Londen, 11 Augustus 1872) was 'n Skotse chirurg, ontdekkingsreisiger, volkekundige en dierkundige. Smith word as die vader van dierkunde in Suid-Afrika beskou.

Andrew Smith
Sir Andrew Smith
Gebore3 Desember 1797
Hawick, Skotland
Sterf11 Augustus 1872
NasionaliteitVerenigde Koninkryk
BeroepDierkundige, dokter
Bekend virVader van dierkunde in Suid-Afrika
EggenootEllen Henderson

Smith is in Hawick, Roxburghshire gebore. Hy kwalifiseer in 1819 as dokter aan die Universiteit van Edinburgh. In 1816 sluit hy by die geneeskundige diens van die Britse leër aan.

Suid-Afrikawysig

'n Rooiwangnaguil. Illustrasie deur Andrew Smith by sy beskrywing van die voël.
Illustrasie van 'n Afrika-rotsluislang, wat hy in 1840 geskets het.

Tussen 1820 en 1837 woon en werk hy as 'n militêre dokter in Suid-Afrika. In die tydperk beskryf hy 'n groot aantal diere wat nuut vir die wetenskap was. Om dié rede word hy die vader van die Suid-Afrikaanse dierkunde genoem. Die IOC World Bird List bevat onder andere 87 voëlspesies wat hy beskryf het, waaronder die boskorhaan (Lophotis ruficrista), kaalwangvalk (Polyboroides typus), kwêvoël (Corythaixoides concolor) en rooiwangnaguil (Caprimulgus rufigena).[1][2]

Smith het Charles Darwin tydens sy reis met die HMS Beagle na Suid-Afrika ontmoet. Hy was ook een van vele navorsers wat tussen 1839 en 1871 met Darwin gekorrespondeer het.

Groot-Brittanjewysig

Van 1837 tot 1872 woon Smith in Groot-Brittanje, waar hy in 1841 'n belangrike pos in die weermag (as Hoof Mediese Beampte) in Fort Pitt te Chatham beklee. Hy is in 1844 daar met sy huishoudster, Ellen Henderson, getroud.

Smith was tydens die Krimoorlog (1853–1856) vir mediese dienste verantwoordelik en is erg deur Florence Nightingale gekritiseer. Ná die Krimoorlog is hy deur 'n ondersoekkommissie van alle skuld onthef. In 1858 verlaat hy die militêre diens om eie gesondheidsredes en ontvang verskeie toekennings. Hy het onder andere die gesogte Orde van die Bad (The most Honourable Order of the Bath) ontvang, en het sodoende die titel sir verwerf.

Op aanbeveling van Darwin is hy in 1857 as 'n lid van die Royal Society aanvaar.

Eksterne skakelswysig

  • Leverton, B.J.T.: Sir Andrew Smith. Doctor, Naturalist, Explorer, Diplomat. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 24, nr. 2, Desember 1974.

Korrespondensie met Charles Darwin:

Verwysingswysig

  1. (en) F. Gill, M. Wright D. & Donsker (2012) – IOC World Bird Names (version 3.2)
  2. (en) Andrew Smith, 1838. Illustrations of the zoology of South Africa. Published under the authority of the lords commissioners of Her Majesty's Treasury. by Smith, Elder and co. in London. full text
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media