Amira Willighagen

Nederlands-Suid-Afrikaanse sangeres

Amira Willighagen (Nijmegen, 27 Maart 2004) is 'n jong Nederlandse sangeres wat bekend geword het met die sing van operaliedere. Haar moeder, Frieda, is 'n Suid-Afrikaner wat aan die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp gematrikuleer en in 1995 na Nederland verhuis het.[1]

Amira Willighagen
Willighagen in Desember 2023
Agtergrondinligting
Gebore27 Maart 2004 (2004-03-27) (20 jaar oud)
Nijmegen, Nederland
GenresOpera
InstrumenteStem
WebwerfAmira Willighagen Official

Willighagen verwerf op negejarige ouderdom bekendheid in haar geboorteland toe sy in die program Holland's Got Talent die aria O mio babbino caro uit die Italiaanse opera Gianni Schicchi sing.[2] Haar oudisie op YouTube is wêreldwyd deur meer as 20 miljoen mense gesien. In die daaropvolgende direkte beeldsending sing sy Ave Maria van Charles Gounod. Op 28 Desember 2013 seëvier Willighagen in die eindronde met haar uitvoering van Nessun dorma uit die opera Turandot.[3]

Amira Willighagen in November 2014

Naas haar sang is Amira ook 'n ywerige atleet. Sy wen die Zevenheuvelenloop in haar kategorie in November 2012 sowel as in November 2013. In Januarie 2014 triomfeer sy in haar kategorie in die Leemkuil-landloop.

Haar debuutalbum, getitel Amira, is in Engeland opgeneem en teen die einde van Maart 2014 uitgereik. 'n Deel van die opbrengs uit CD-verkope en optredes word vir die bou van speelterreine vir arm kinders geskenk. Die eerste speelterrein wat met haar bydrae tot stand gekom het, is op 5 Maart 2014 in die township Ikageng, by Potchefstroom in Suid-Afrika, geopen.

Twee weke ná die vrystelling van haar debuutalbum is genoeg eksemplare verkoop en afgelaai om vir goue status te kwalifiseer.[4] Sy ontvang haar eerste Goue Plaat op 14 April 2014.

In 2016 het sy in die "Classics Is Groot"- en "Afrikaans is Groot"-konsert in Pretoria opgetree.

Diskografiewysig

  • Amira, 2014 (Goue Plaat)
  • Merry Christmas, 2015
  • With all my heart, 2018

Verwysingswysig

  1. Oorsese sterretjie het SA stembande: Meisie verstom beoordelaars Geargiveer 15 Maart 2014 op Wayback Machine, Beeld, 1 November 2013
  2. (nl) http://www.amirafans.nl/, Amptelike webtuiste (met ondersteuning van haar ouers).
  3. (nl) Amira wint Holland's Got Talent, De Telegraaf, 28 Desember 2013
  4. AmiraFans|Goud is besteld!, amirafans.nl, 9 April 2014

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media