Pretoria-aalwyn

Plant spesie

(Aangestuur vanaf Aloe pretoriensis)

Die Pretoria-aalwyn (Aloe pretoriensis) is 'n plantspesie wat tot die genus Aloe hoort. Dit kom wydverspreid maar kol-kol voor, vanaf Pretoria deur Limpopo, Mpumalanga, en in die oostelike distrikte van Zimbabwe en Eswatini.[2] Dit word nie bedreig nie, maar 'n sterk afname het in die Bankenveld-gebied van Gauteng voorgekom weens menslike ontwikkeling.[2] Dit blom in die winter en word deur insekte en voëls bestuif.

Pretoria-aalwyn
Met blommende raseme aan lang bloeistele in rotsagtige grasveldhabitat, Limpopo
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Subklas:
Liliidae
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Asphodeloideae
Genus:
Spesie:
A. pretoriensis
Binomiale naam
Aloe pretoriensis
Pole-Evans, 1914[1]

Die plant word 0,5 m tot 1,0 m hoog. In die winter (Mei tot Julie) groei daar 'n lang, vertakte bloeiwyse uit die plant wat tot 3 m hoog kan reik. Die perske-rooi blomme is in etlike slanke raseme gerangskik.[3] Die sukkulent het dun blare, wat ongewoon is vir aalwyne. Die blare word tot 500 mm lank en 150 mm breed, is gepunt en ligblouerig-groen van kleur met vertikale strepe op.[4] Daar is digte dorings op die basis van die blare en die rande van die blare is getand.

In Engels staan dit as die Pretoria aloe bekend.

Die kenmerkende digte roset van dun blare is opmerklik in hierdie verboude plant. Die geharde spesie word maklik gekweek,[5] maar is vatbaar vir myt-, plantluis- en roesbesmetting.[4]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:529792-1
  2. 2,0 2,1 Mtshali, H. "Aloe pretoriensis Pole-Evans". Red List of South African Plants. redlist.sanbi.org. Besoek op 14 Junie 2021.
  3. van Wyk, Ben-Erik; Smith, Gideon; van Oudtshoorn, Frits (1996). Guide to the Aloes of South Africa (1ste uitg.). Briza Publications. pp. 62–63. ISBN 1-875093-04-4.
  4. 4,0 4,1 Mabuya, Ntuthuko; Makola, Thabang; Ngamlana, Sithi. "Aloe pretoriensis". PlantZAfrica.com. pza.sanbi.org. Besoek op 14 Junie 2021.
  5. Wentzel, Johan; Wentzel, Annette (2021). "Aloe pretoriensis". Wild Flower Nursery. wildflowernursery.co.za. Besoek op 14 Junie 2021.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media