Ali Bacher

Aron "Ali" Bacher (gebore 24 Mei 1942 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en 'n administrateur van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika.[1][2] Hy was voorsitter van die Suid-Afrikaanse reëlingskomitee vir die Krieketwêreldbeker 2003.[3]

Ali Bacher
Volle naamAron Bacher
Gebore24 Mei 1942 (1942-05-24) (81 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
KolfstylRegterkantste kolf
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanSuid-Afrika
Loopbaanstatistiek
KompetisieToets1ste rang
Wedstryde12120
Lopies aangeteken6797 894
Kolfgemiddeld32,3339,07
100s/50s0/618/45
Hoogste telling73235
Aflewerings geboul114
Paaltjies2
Boulgemiddeld43,50
5 paaltjies in 'n kolfbeurt0
10 paaltjies in 'n wedstryd0
Beste boulontleding1/8
Vangskote/Stonkings110/1
Bron: CricketArchive,

Bacher was 'n kaptein van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat Australië in al vier toetse in die 1970-toetsreeks geklop het. Hy het 'n leidende rol in die twee "Rebelle-toere" van die 1980's en vroeë 1990's, asook in die eenwording van Suid-Afrikaanse krieket in 1991 en daarna gespeel.[4]

Biografiewysig

Bacher is gebore uit Joodse gesin wat van Litaue na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy kry sy bynaam op die ouderdom van sewe vanaf Ali Baba, 'n fiktiewe karakter uit Arabiese literatuur. Ali trou met Shira Teeger, en het twee dogters en een seun. Sy nefie, Adam Bacher, het in die 1990's vir Suid-Afrika gespeel.

Hy begin op skool krieket speel en verteenwoordig Transvaal op die ouderdom van 17. Hy speel in 12 toetse vir Suid-Afrika, drie teen Engeland en nege teen Australië. In 'n groot wedstryd vir Transvaal teen 'n besoekende Australiese krieketspan in 1966/67, teken hy sy hoogste telling van 235 in die tweede beurt aan. Hy tree op as kaptein van die nasionale span tydens 'n enkele reeks in 1969/70, waartydens Suid-Afrika al vier sy wedstryde teen Australië wen.

Hy is in 1972 met die Suid-Afrikaanse Sports Merit Award bekroon.[5]

Hy het aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en as 'n dokter gekwalifiseer. In 1981 het hy 'n hartomleiding ondergaan.

Verwysingswysig

  1. Daar is beslis redes om dokter Ali te bedank, Die Burger, 4 Mei 2004
  2. The story of an African game. Besoek op 2 Februarie 2011.
  3. (en) Rodney Hartman, Ali: The Life of Ali Bacher, Penguin, Johannesburg, 2006, p. 495–520.
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  5. The International Jewish Sports Hall of Fame. Besoek op 2 Februarie 2011.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media