Alfred Beit

Alfred Beit (* 15 Februarie 1853 in Hamburg; † 16 Julie 1906 op die Tewin Water-landgoed in Tewin, 'n dorp naby Welwyn in die Engelse graafskap Hertfordshire) was 'n Brits-Suid-Afrikaanse goud- en diamantemagnaat (Randheer) van Duitse afkoms. Sir Otto Beit was sy broer.

Alfred Beit
Portretskildery deur Giovanni Boldini
Gebore15 Februarie 1853
Sterf16 Julie 1906
Tewin Water-huis, Tewin, Verenigde Koninkryk
NasionaliteitVerenigde Koninkryk
BeroepGoud- en diamantemagnaat

Beit is in 'n welgestelde Hamburgse koopmansfamilie van Joodse afkoms gebore, wat die Christengeloof aangeneem het, en het in 1875 na Suid-Afrika geëmigreer. In Kimberley het hy sy eie besigheid gestig en hier in 1879 die belangstelling van Cecil John Rhodes gewek. Die twee sakemanne, wat later deur 'n noue "finansiële vriendskap" verbind is, het in 1888 die beroemde mynboumaatskappy De Beers Consolidated Mines Ltd gestig. In politieke opsig het Beit Rhodes se imperialistiese aspirasies gedeel. Beit was een van die welvarendste mans van sy tyd wat naas sy mynboubelange ook voordeel uit infrastruktuurprojekte in Sentraal- en Suider-Afrika getrek het.

Nog in 1888 het Beit hom in Londen gevestig. Hy het groot dele van sy fortuin aan 'n verskeidenheid weldadigheidsorganisasies en opvoedkundige instellings in Hamburg, Londen en Suid-Afrika geskenk. 'n Ruim bedrag het hy in sy eie kunsversameling belê wat hy vanaf 1888 opgebou het. Beit het in 1898 Britse burgerskap aanvaar. As 'n Brit van Joodse afkoms en gebore Duitser het Beit, 'n uiters beskeie man, 'n lae profiel in die gegoede burgerlike kringe in Londen gehandhaaf.

In sy geboortestad het Beit, net soos sy familie, byna in vergetelheid geraak. Eers in 1967 is 'n straat in die Hamburgse stadsdeel Harvestehude na hom vernoem. In Suider-Afrika herinner onder andere die Alfred Beitbrug, wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe vorm, aan die entrepreneur.

Lees ookwysig

Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media