Gustave Eiffel

(Aangestuur vanaf Alexandre Gustave Eiffel)

Alexandre Gustave Eiffel (15 Desember 183227 Desember 1923) was 'n Franse strukturele en lugvaartingenieur. Hy is in Dijon gebore. Hy behaal sy graad met lof aan die École Centrale des Arts et Manufactures. Hy was aanvanklik geïnteresseerd in strukturele ingenieurswese en voltooi die spoorwegbrug oor die Garonnerivier in Bordeaux. In 1889 voltooi hy die Eiffeltoring. Dit was vir jare die hoogste mensgemaakte struktuur op aarde. Daarna doen hy studies oor die weer en publiseer 'n aantal dokumente. Hy vestig sy aandag op lugvaart en in 1908 open hy die eerste moderne aërodinamiese laboratorium in Parys. Hy open 'n nuwe laboratorium in 1912 in Auteuil wat oor nuwe, verbeterde toerusting en windtonnels met hoër snelhede beskik. Hy publiseer verskeie boeke oor aërodinamika tussen 1907 en 1909. Sy bekendste boek is Resistance of the Air and Aviation. Hierdie boek is vertaal in Engels deur die Amerikaanse kommandeur Jerome C. Hunsaker in 1913. Hy skenk sy laboratorium aan die Franse regering in 1920.

Gustave Eiffel
Eiffel in 1888
Gebore
Alexandre Gustave Bönickhausen[1][2]

15 Desember 1832
Dijon, Côte-d'Or, Frankryk
Sterf27 Desember 1923
Parys, Frankryk
NasionaliteitFrankryk
BeroepIngenieur
EggenootMarie Gaudelet (1845–1877)
Kinders3 dogters, 2 seuns
Ouer(s)Alexandre en Catherine Eiffel
Handtekening

Ontwerpe deur Eiffelwysig

Die Eiffeltoring

Bronnewysig

  • Collier's Encyclodedia, Crowell-Collier Educational Corporation Vol. 8, bladsy 677
  1. État-civil de la Côte-d'Or, Dijon, Registres d'état civil 1832, p. 249
  2. Harvie 2006 p.1

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media