Alexander Kowarsky

Alexander Leopold Kowarsky (datums onbekend) was ’n Suid-Afrikaanse sakeman en politikus wat met die M.B.E. vereer is vir sy diens in die Tweede Wêreldoorlog.

Alexander Kowarsky, M.B.E.

Kowarsky was die seun van John Kowarsky. Hy het sy skoolloopbaan aan die prestigeryke openbare Hoër Seunskool King Edward VII in Johannesburg voltooi en daarna sy B.Com. aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Nadat hy afgestudeer het, het hy by sy vader se firma aangesluit, maar dit was in 1939, en toe die oorlog kort daarna uitbreek, het hy as soldaat by die Transvaal Scottish aangesluit. Hy het diens gedoen in Oos-Afrika, Abessinië, die Westelike Woestyn en gevorder tot die rang majoor, maar is gewond tydens die Slag van Sidi Rezegh op 23 November 1941. Hy het na die Unie teruggekeer en senior stafoffisier (admin.) van die Kaapse Kommandement geword.

Ná demobilisasie het hy ’n invoeronderneming in Johannesburg begin, maar met die koms van invoerbeheer het hy oorgeskakel na vervaardiging en die firma Green & Benham begin. Teen 1963 was hy direkteur van dié firma asook van Vulcan Manufacturing Co. en Groves (Edms.) Bpk.

Hy was lid van die Transvaalse provinsiale raad vir Yeoville van 1951 tot 1959. Hy is in die algemene verkiesing van 1958 onbestrede as Volksraadslid vir die Verenigde Party in dieselfde kiesafdeling verkies, maar het sy setel bedank ten gunste van Marais Steyn, wat met 843 stemme teen Blaar Coetzee van die Nasionale Party in Vereeniging verloor het. So het hy die setel net van 13 Maart tot 25 April 1958 verteenwoordig.

Kowarsky was lid van die uitvoerende raad van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes; lid van die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie; voorsitter van die Progressiewe Party aan die Witwatersrand; nasionale adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Joodse Oudstrydersliga; voorsitter van die skoolbeheerliggame van die King Edward VII-skool en die Hoër Meisieskool Athlone. Hy was getroud met Myra, ’n dogter van B. Meyerowitz. Hulle het twee seuns en twee dogters gehad.

Bronnewysig

  • (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers.
  • (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 6. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • (af) Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media