Aleksander III van Rusland

Aleksander III Aleksandrowitsj (Russies: Александр III Александрович) (Sint Petersburg, 26 Februarie 1845 — Liwadija, Krim, 20 Oktober 1894) was van 1881 tot 1894 keiser van Rusland.

Aleksander III
Keiser van die hele Rusland
Aleksander III (Iwan Kramskoi, c. 1886)
DinastieRomanof
Bewind1881–1894
Volle naamAleksander Aleksandrowitsj Romanof
Ander titelsTsaar
Gebore26 Februarie 1845
Sint Petersburg
Gesterf20 Oktober 1894
Liwadija, Krim
VoorgangerAleksander II
OpvolgerNikolaas II
GadeDagmar van Denemarke (Maria Fjodorowna)
KindersNikolaas II, Aleksander, Georgi, Ksenia, Michail, Olga
VaderAleksander II
MoederPrinses Marie van Hesse-Darmstadt

Vroeë lewewysig

Aleksander was die tweede seun van Aleksander II by sy vrou, Maria Aleksandrowna (Marie van Hesse-Darmstadt). Hy was glad nie soos sy sagmoedige, liberale pa nie en nog minder soos sy verfynde, filosofiese, sentimentele grootoom Aleksander I. Ondanks ’n belangstelling in musiek en ballet was hy nie juis verfynd en statig nie. Sy manier van optrede was kortaf, sy manier van praat bot en reguit, sy gelaatstrekke grof en sy manier van beweeg traag.

Hy het kroonprins geword met die skielike dood van sy oudste broer, Nikolaas, in 1865. Hy het toe begin om die beginsels van die reg en administrasie te bestudeer onder Konstantin Pobedonostsef, ’n professor aan die Moskouse Staatsuniversiteit.

Op sy sterfbed het sy oudste broer die wens uitgespreek dat sy toekomstige bruid, prinses Dagmar van Denemarke, met sy opvolger trou. Op 9 November 1866 het Aleksander toe ook met haar getrou. Dit was ’n gelukkige huwelik tot die einde, sonder die owerspel wat sy pa se persoonlike lewe gekenmerk het.

Bewindwysig

Die pogings van sy pa om groter outonomie aan die Russiese volk te gee, word deur Aleksander III beëindig. Weens die sluipmoord op sy pa glo hy sulke vryhede sal net meer rewolusionêre idees voortbring. Sy bewind is dan ook reaksionêr. Hy ontslaan die liberale ministers van sy pa, beperk die bevoegdhede van die zemstwo's, verskerp die staatstoesig op middelbare en hoër onderwys, brei die bevoegdhede van die polisie aansienlik uit en tree as bewaker van die ortodoksie streng op teen Jode, Rooms-Katolieke en Protestante. Opstandelinge en andersdenkendes word in massas na Siberië verban.

In 1887 beplan die Narodnaja Wolja weer eens om die keiser te vermoor, nes hulle met sy pa gedoen het. Onder die samesweerders is ene Aleksander Oeljanof. Hy kry die doodstraf en word op 5 Mei 1887 gehang. Aleksander was die oudste broer van Wladimir Iljitsj Oeljanof, wat later bekend geword het onder sy eertydse skuilnaam Wladimir Lenin. Die dood van sy broer het ’n groot invloed gehad op Lenin se politieke uitkyk.

Wat buitelandse beleid betref, was Aleksander III hoofsaaklik ’n man van vrede, maar nie noodwendig ’n voorstander van vrede tot elke prys nie. Hy het geglo die beste manier om oorlog te vermy, was om goed voorberei daarop te wees. Hy was teen te veel buitelandse invloed, veral Duitse invloed. Hy wou ’n homogene Rusland hê – homogeen in taal, administrasie en godsdiens. Dit was in skrille kontras met sy pa wat, hoewel hy ’n groot patriot was, baie pro-Duits was.

Huwelik en kinderswysig

Op 28 Oktober 1866 trou Aleksander met die Deense prinses Dagmar. Sy neem die naam Maria Fjodorowna aan en hulle het ses kinders:

Stamboomwysig

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Pieter III
 
 
 
 
 
 
 
Paul
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Katharina II
 
 
 
 
 
 
 
Nikolaas I
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Aleksander II
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Aleksander III
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Sien ookwysig

Skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media