Pous Johannes Paulus I

(Aangestuur vanaf Albino Luciani)

Johannes Paulus I was die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 33 dae, in 1978. Hiermee is hy 10de op die Lys van kortste pontifikate. Hy staan bekend as die “laggende pous”. Voor sy verkiesing was hy patriarg van Venesië. Hy was die enigste pous wat die agtervoegsel “I” (die eerste) by sy naam gevoeg het.

Pous Johannes Paulus I
GeboortenaamAlbino Luciani
Pontifikaat begin26 Augustus 1978
Pontifikaat eindig28 September 1978
VoorgangerPaulus VI
OpvolgerJohannes Paulus II
Gebore17 Oktober 1912
Forno di Canale, Italië
Sterf28 September 1978
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes Paulus
Geseënde Pous Johannes Paulus I
Gebore17 Oktober 1912, Forno di Canale, Italië
Sterfte28 September 1978, Rome, Italië
Vereer inRooms-Katolieke Kerk
Saligverklaring4 September 2022, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus
Feesdag26 Augustus
AttributePouslike klere, pallium
BeskermheiligeCanale d'Agordo, Bisdom van Vittorio Veneto, Patriargaat van Venesië, Kategete

Biografiewysig

Pous Johannes Paulus I[1] is gebore as Albino Luciani op 17 Oktober 1912 in Forno di Canale, Italië. Hy was die oudste seun van Giovanni Luciani en Bartolomea Tancon. Luciano word priester gewy op 7 Julie 1935 in die San Pietro-kerk in Belluno deur biskop Giosue Cattarossi. Op 23 November 1946 promoveer hy magna cum laude met 'n proefskrif oor die oorsprong van die menslike siel. Op 27 Desember 1958 word hy biskop van Vittorio Veneto en op 3 Februarie 1969 word hy patriarg van Venesië. Hy word kardinaal-priester op 5 Maart 1973 met San Marci in Rome as titelkerk. Op 26 Augustus 1978 volg hy Pous Paulus VI op en regeer tot sy dood op 28 September 1978. Hy word opgevolg deur Pous Johannes Paulus II. Die naam ‘Johannes Paulus’ is 'n saamvoeging van die name van die pous se twee voorgangers.

Kerklike loopbaanwysig

Pontifikaatwysig

Johannes Paulus I se graf.

Op 27 Augustus 1978 'n dag na sy verkiesing hou hy 'n toespraak waarin hy verklaar die werk van sy twee voorgangers te wil voortsit. Op 7 September 1978 onderstreep hy die siening in 'n toespraak tot die klerus deur hulle daarop te wys dat hulle verantwoordelik is vir die gelowiges. Hy beskou meditasie as 'n belangrike hulpmiddel in die uitvoering van die pligte van die geestelikheid. By sy kroning het hy afgesien van die gebruik van die tiara en is slegs met die pallium omhul. Pous Johannes Paulus I het slegs vier algemene oudiënsies gegee tydens sy kort bewind. Al vier het in die teken van die kategismus gestaan. Omdat die pous so onverwags gesterf het, was daar na sy dood spekulasie oor die doodsoorsaak. Die Vatikaan het 'n hartaanval aangegee en verdere ondersoeke het nooit iets anders opgelewer nie. Verskeie spekulasie het gesuggereer dat die pous vergiftig is omdat hy skandale van die Vatikaanse Bank sou wou ondersoek.[2]

Die kollege van kardinalewysig

Pous Johannes Paulus I het geen nuwe kardinale aangestel gedurende sy kort pontifikaat nie.

Saligverklaringswysig

Pous Johannes Paulus I het geen persone salig verklaar nie.

Heiligverklaringswysig

Pous Johannes Paulus I het geen persone heilig verklaar nie

Vereringwysig

Op 4 September 2022 word Pous Johannes Paulus I salig verklaar deur Pous Franciskus, sy feesdag is 26 Augustus.

Bibliografiewysig

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysingswysig

  1. John Paul I. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Burkle-Young, F.A. 1999,‘’Passing the keys. Modern Cardinals, Conclaves and the Election of the next Pope’’ New York, p. 267

Eksterne skakelswysig

  • Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).

Notawysig

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolgingwysig

Voorafgegaan deur
Paulus VI
Pous (Pontifex Maximus)
1978 – 1978
Opgevolg deur
Johannes Paulus II


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media