Alan Winde

Alan Richard Winde (gebore 18 Maart 1965) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sakeman. Hy is die huidige Premier van die Wes-Kaap en 'n lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. Hy was voorheen die Wes-Kaapse provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, Wes-Kaapse provinsiale minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme en Wes-Kaapse provinsiale minister van ekonomiese geleenthede. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.[1]

Alan Winde
Alan Winde
Winde in 2018

Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019
Voorafgegaan deurHelen Zille

Wes-Kaapse Provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid
Ampstermyn
1 November 2018 – 22 Mei 2019
Eerste ministerHelen Zille
Voorafgegaan deurDan Plato
Opgevolg deurAlbert Fritz

Wes-Kaapse Provinsiale minister van ekonomiese geleenthede
Ampstermyn
26 Mei 2014 – 1 November 2018
Eerste ministerHelen Zille
Voorafgegaan deurPos gestig
Opgevolg deurBeverley Schäfer

Wes-Kaapse Provinsiale minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme
Ampstermyn
7 Mei 2009 – 26 Mei 2014
Eerste ministerHelen Zille
Voorafgegaan deurGarth Strachan
Opgevolg deurPos afgeskaf

Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Junie 1999

Persoonlike besonderhede
GeboreAlan Richard Winde
18 Maart 1965 (1965-03-18) (59 jaar oud)
Knysna
Politieke partyDemokratiese Alliansie
Eggenoot/-noteTracy Winde
Kind(ers)2
Alma materKnysna Hoërskool

Persoonlike lewe en vroeë loopbaanwysig

Winde is op 18 Maart 1965 in Knysna gebore. Hy het aan Hoërskool Knysna skoolgegaan en daar gematrikuleer. Hy is in 1993 met Tracy Winde getroud, en hulle het twee kinders, Lauren en Jason.[2]

Winde is 'n entrepreneur en sakeman wat reeds 'n hele paar klein besighede gevestig het. Hy het ook voorheen vir 'n paar noemenswaardige maatskappye gewerk.

Politieke loopbaanwysig

Voordat hy in 1999 lid van die Wes-Kaapse wetgewer geword het, was hy 'n munisipale en distrikraadslid. Hy het reeds verskeie leiersposisies in die Demokratiese Alliansie-koukus beklee. In Mei 2009 is hy deur Premier Helen Zille tot Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme benoem. Hy is in Mei 2014 as die Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede aangestel.[3][4]

In September 2018 het die Demokratiese Alliansie Winde as die party se premierskandidaat in die Wes-Kaap aangewys.[5]

In Oktober 2018 het Premier Helen Zille aangekondig dat Winde die uitvoerende Provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sou opvolg wanneer dié die burgemeester van Kaapstad sou word. Winde het die amp op 1 November 2018 aanvaar.[6]

Winde is op 22 Mei 2019 tot Premier van die Wes-Kaap verkies toe 'n meerderheid van die lede van die Wes-Kaapse provinsiale parlement vir hom gestem het. Hy volg Helen Zille op as die tweede premier uit die Demokratiese Alliansie se geledere.[7]

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Helen Zille
Premier van die Wes-Kaap
2019–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
Voorafgegaan deur
Dan Plato
Wes-Kaapse Provinsial Minister van Gemeenskapsveiligheid
2018–2019
Opgevolg deur
Albert Fritz
Voorafgegaan deur
Pos gestig
Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede
2014–2018
Opgevolg deur
Beverley Schäfer
Voorafgegaan deur
Garth Strachan
Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
2009-2014
Opgevolg deur
Pos afgeskaf
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media