Alan Bean

Alan LaVern Bean (* 15 Maart 1932 – † 26 Mei 2018) was 'n Amerikaanse Vlootoffisier en -vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy was die vierde persoon wat op die maan geloop het. Hy is in 1963 gekies vir die ruimteprogram as deel van Ruimtevaardergroep 3.

Alan Bean
Alan Bean in 1969
Gebore
Alan LaVern Bean

(1932-03-15)15 Maart 1932
Wheeler, Texas
Sterf26 Mei 2018 (op 86)
Houston, Texas
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRuimtevaarder
Bekend virVierde man wat op die Maan geloop het

Sy eerste ruimtevaart was aan boord van Apollo 12, wat in November 1969 die tweede bemande maanlanding uitgevoer het. Hy was 37 jaar oud. Hy het in 1973 sy tweede en laaste ruimtevaart as bevelvoerder van die Skylab 3-sending onderneem. Hy en sy twee mederuimtevaarders was 59 dae in Skylab, waartydens hulle 'n destydse rekordafstand van 'n raps meer as 39 miljoen kilometer afgelë het.

In 1975 het hy uit die Amerikaanse Vloot getree en in 1981 uit Nasa, waarna hy sy stokperdjie, skilder, beoefen het.

As skilder wou Bean kleur tot die maan toevoeg. "Ek moes 'n manier bedink om kleur by die maan te voeg sonder om dit te ruïneer," het hy opgemerk. In sy skilderye is die maanlandskap nie 'n eentonige grys nie, maar skakerings van verskillende kleure. "As ek 'n wetenskaplike was wat die maan geskilder het, sou ek dit grys skilder. Ek is egter 'n kunstenaar, dus kan ek die maan met kleure aanvul," het Bean gesê.

Alan Bean het in Mei 2018 skielik siek geword tydens 'n reis in Fort Wayne, Indiana, en twee weke later in die Houston Methodist Hospital in Houston gesterf. Hy was toe getroud met sy tweede vrou, Leslie. Uit sy eerste huwelik is 'n seun, Clay, en 'n dogter, Amy Sue, gebore.

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media