Afrikaanse Hoër Seunskool

Die Afrikaanse Hoër Seunskool, ook bekend as Affies, is ’n openbare hoërskool vir seuns in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika, en is geleë oorkant die wêreldbekende rugbystadion en tuisveld van die Blou Bulle, Loftus Versfeld.

Afrikaanse Hoër Seunskool
LeuseLaat daar lig wees
Gestig28 Januarie 1920
TipeStaatskool
HoofMnr. Peregrine Joynt
StigterJan Joubert en Chris Neethling
Personeel92
Leerlingeongeveer 1 300
Grade8-12
AdresLynwoodweg 1, Pretoria, 0002
StadPretoria
ProvinsieGauteng
LandSuid-Afrika
Kleure              
Koshuis(e)Huis Pannevis
JaarboekDie Lig
SkoolkoerantStroomop
Webbladwww.affies.co.za
Reklame in 1929 vir die verdeling van die skool in ’n afdeling vir seuns en meisies. Dr. Herman van Broekhuizen was destyds die beheerraad se voorsitter.
Nagfoto van die skoolgebou.
Uitstalling wat die skool se geskiedenis dokumenteer.

Die skool is op 28 Januarie 1920 gestig en merk die totstandkoming van die eerste suiwer Afrikaans-medium skool in Suid-Afrika. Die gebeurtenis vind plaas vyf jaar voor die amptelike erkenning van die Afrikaanse taal. Die skool is deur Suid-Afrika bekend vir sy hoë akademiese standaarde en die leiers wat hulle opgelewer het.

Geskiedeniswysig

Die skool was oorspronklik in die huis van Generaal Piet Joubert te Visagiestraat 218, Pretoria gehuisves. Teen 1927 het die skool so gegroei dat hulle ’n nuwe skoolterrein benodig het, en is die skool na die huidige terrein van die Afrikaanse Hoër Meisieskool geskuif. Teen die einde van 1927 het hulle die Hogere Oosteindschool, ’n Nederlandstalige skool oorgeneem, ’n verdere teken van die afname in gebruik van Nederlands in Suid-Afrika en die aanvaarding van Afrikaans as primêre onderrigtaal.

Teen 1929 het die huidige geboue kapasiteit bereik en is die besluit geneem om ’n nuwe skool vir die seuns te stig. Die Afrikaanse Hoër Seunskool het so tot stand gekom, die eerste aparte Afrikaanse seuns- en meisieskole in die destydse Transvaal.

Skoolliedwysig

Affies se skoollied:

Daar ruis uit Pretoria

die roep tot verre trans
van duisende stemme
vir jou, ou Afrikaans!
Dit bind ons tesame,
die naam van ons trou
soos berge so stewig gebou vir jou!
Ons bring jou ons hulde,
jou lig sal ons dra tot ver oor ons wye Suid-Afrika.

Ons staan vir ons Nasie,
ons Taal en ons Land,
Gestaal vir die stryd om jou lig te laat brand.
Ons grootse verlede;
die hede se krag
Gee moed en vertroue
vir dit wat daar wag.
Ons bring jou ons hulde
jou lig sal ons dra
tot ver oor ons wye Suid-Afrika.

Woorde en Musiek: Mnr. en Mev. Carel van Heerden (1952)

Erekodewysig

Affies se erekode:

In ons skool gee ons die ereplek aan God en sy Woord en streef die Christelike lewensbeginsels na.

Ons is dankbaar vir die talente wat ons van God ontvang het en wend dit aan tot sy eer.Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien.Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes.Ons woord is ons eer.Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit.Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad.Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.Ons staan vir ons Taal, ons Nasie en ons Land.

Noemenswaardige alumniwysig

  • Louis Schmidt (1954) : Springbokrugbyspeler 1958 en 1962, en die oorspronklike Blou Bul
  • Tonie Roux (1964) : Springbokrugbyspeler 1969 tot 1974
  • Professor Fransjohan Pretorius (1966) : prominente Suid-Afrikaanse historikus
  • Johan Buys (1965) : Springbokatleet 1970
  • Pierre Edwards (1970) : Springbokrugbyspeler 1980, en tans die skoolhoof
  • Grant Esterhuizen (1994) : Springbokrugbyspeler 2000
  • Fourie du Preez (2000) : Springbokrugbyspeler 2004 tot 2006
  • Wynand Olivier (2001) : Springbokrugbyspeler 2006
  • Pierre Spies (2003) : Springbokrugbyspeler 2006
  • Jacques Rudolph (1999) : Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler 2003 tot 2006
  • AB de Villiers (2002) : Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler 2004 tot 2008
  • Jacques Freitag (2000) : Suid-Afrikaanse Olimpiese hoogspringatleet, goue medalje by die 2003 IAAF wêreldkampioenskappe
  • Johan Kriek (1976) : Suid-Afrikaanse tennisspeler, twee keer wenner van die Australiese Ope enkelkampioenskap
  • Danie Visser (1979) : Suid-Afrikaanse tennisspeler, drie keer wenner van die Grand Slam dubbelspel
  • Faf du Plessis: Proteakrieketspeler en nasionale kaptein
  • Kruger van Wyk: Titans en Suid-Afrika A krieketspeler
  • Heino Kuhn: Titans krieketspeler
  • Johan Roets: Suid-Afrika A en Bulle Super 14 rugbyspeler
  • Sarel Potgieter: WP rugbyspeler
  • Derick Kuün: Blou Bulle rugbyspeler
  • Skipper Badehorst: Natal Sharks rugbyspeler
  • Edward Coetzee: Natal Sharks rugbyspeler
  • Nicolaas Alberts: Springbok Sewes rugbyspeler en Cambridge University Triple Blue (Rugby, krieket en atletiek)
  • Cillié Malan : Predikant in die NG Kerk
  • Johan Bezuidenhoud : Predikant in 11 gemeentes van die NG Kerk

Eksterne skakelswysig

Koördinate: 25°45′27″S 28°13′17″O / 25.75750°S 28.22139°O / -25.75750; 28.22139


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media