Afrikaanse sperwer

(Aangestuur vanaf Accipiter tachiro)

Die Afrikaanse sperwer (Accipiter tachiro) is 'n roofvoël. Dié roofvoël word dikwels misgekyk aangesien hulle in digte plantegroei jag. Hulle is meer opsigtelik wanneer hulle soggens vroeg oor die boomtoppe vlieg en herhalend roep.

Afrikaanse sperwer
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. tachiro
Binomiale naam
Accipiter tachiro
(Daudin, 1800)
Globale verspreiding     Hele jaar     Somer     Winter

Beskrywingwysig

Hierdie spesie se hele borskant is dwarsgestreep, dit het nie wit aan die kruis nie en die geel oog en grys washuid onderskei volwassenes van ander valke wat amper so lyk. Die Kleinsperwer is 'n soortgelyke spesie.

Die geslagte is hoogs dimorfies; mannetjies is kleiner, het 'n blouerige grys rugkant en rooibruin dwarsstrepe oor die borskant, en twee wit kolle op die stert (soos die Kleinsperwer); wyfies is groter, bruin aan die rugkant, het bruin dwarsstrepe oor die borskant en kolle is afwesig op die stert. Jong voëls het duidelike vlekke aan die borskant en word van jong Kleinsperwers onderskei aan die grys washuid, en van jong Koekoekvalke aan die kleiner vorm, langer bene en afwesigheid van 'n kuif. Die voël is 36 tot 46 cm lank.

Gedrag en habitatwysig

Hul roep is 'n lawaaierige, kort 'whiet'- of 'tjip'-geluid in vlug of vanuit 'n uitkykpos. Wyfies het 'n miaauende 'kieeoee'- roep. Duiwe en Tiptolle vorm hulle vernaamste prooi en word met 'n duikslag uit versteekte uitkykplekke gevang.

Dit is 'n algemene standvoël van immergroen- en rivierwoude, boswêreld met groot bome en boomryke voorstede. Dié roofvoël sal tuine besoek met groot lowerryke bome en digte plantegroei. Weens hul kosvereistes sal 'n goeie bevolking kleiner voëls en reptiele daartoe lei dat die Afrikaanse sperwer gereeld kom besoek aflê in die tuin en soms ook 'n broeibewoner word.

Broeigewoonteswysig

Afrikaanse sperwers bou hul neste bo in hoë bome. Hoewel neste soms slegs vier meter bo die grond gebou word, is die gemiddelde hoogte van die Afrikaanse sperwer se nes nader aan agt meter. Hulle het 'n voorkeur vir die inheemse flora soos Ficus, Breonadia en Syzygium maar hou ook van uitheemse bome soos bloekoms (Eucalyptus). Die nes is 'n platform van stokkies wat uitgevoer word met groen blare, soortgelyk aan dié van 'n Kleinsperwer. Die broeiseisoen strek van September tot November, maar is oorwegend in Oktober. Die getal eiers is 2 tot 3, en die broeitydperk is sowat 35 dae. Die kuikenstaduim is ongeveer 35 dae.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. BirdLife International (2008). Accipiter tachiro. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 19 Februarie 2009.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media