Abses

'n Abses is 'n versameling van etter wat binne 'n weefselholte van die liggaam opgebou het.[1]

Abses
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Abses.
'n Abses.
ICD-9682.9
MeSHD000038
Mediese waarskuwing

Daar bestaan twee hooftipes absesse.

Interne abseswysig

Hierdie tipe abses word 'n empieem genoem wanneer dit op die brein of in die longe voorkom. 'n Interne abses kan in amper enige van die interne organe ontstaan, en word gewoonlik groot voordat dit gevind word. Die pasiënt ontwikkel gewoonlik 'n koors en voel olik. Dit ontstaan weens 'n bakteriële- of fungusinfeksie. Weens die infeksie vind weefselskade plaas en die dooie selle versamel as etter en vorm 'n abses.

Interne absesse benodig 'n ultraklankskandering of 'n laparoskopie om die diagnose te bevestig. 'n Interne abses word met 'n antibiotikum behandel sodat dit nie versprei nie, maar die abses sal tydens 'n operasie gedreineer moet word.

Eksterne absessewysig

'n Eksterne abses (velabses), vorm dikwels as gevolg van 'n velinfeksie (sellulitis).

Waar die velabses aanvanklik rooi, pynlik en hard voel, versag die abses soos wat die weefselholte meer en meer met etter gevul word. Met tyd vorm die abses 'n kop, wat bars sodat die etter uitvloei en die abses sodoende dan dreineer.

Aanvanklik word hierdie tipe abses met warm kompressie en 'n antibiotikum behandel, maar wanneer daar etter is, moet die abses dreineer word voordat dit sal genees.

Verwysingswysig

  1. Singer AJ, Talan DA (Maart 2014). "Management of skin abscesses in the era of methicillin-resistant Staphylococcus aureus" (PDF). The New England Journal of Medicine. 370 (11): 1039–1047. doi:10.1056/NEJMra1212788. PMID 24620867. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 Oktober 2014. Besoek op 24 September 2014.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media