Abessiniese kat

Die Abessiniese kat (Engels: Abyssinian) is ’n katras met ’n kenmerkende pels met ’n strepiepatroon. Daar is baie stories oor hoe hulle ontstaan het en baie draai om Egipte, hoewel die naam na Ethiopië verwys. Die ware oorsprong is egter onseker. In die VSA is dit een van die gewildste korthaarrasse.[2]

Abessiniese kat
Alternatiewe naam Abessynse kat
Herkoms Kus van die Indiese Oseaan[1]
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Oosters
Pels Kort
Patroon Strepies
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon  Katte

Geskiedeniswysig

Zula, die sogenaamde eerste Abessiniese kat.

Genetiese navorsing dui daarop dat die ras naby die kus van die Indiese Oseaan ontstaan het, waar koloniste wilde diere van handelaars kon gekoop het. Die ras is in Egipte ontwikkel.[1]

Daar word soms geglo die ras het ontstaan uit een vroulike Egiptiese kat met die naam Zula wat in 1868 deur ’n Britse soldaat van die hawe in Alexandrië na Brittanje gebring is. Die teorie kan nie bevestig word nie omdat daar geen direkte verband is tussen Zula en die eerste kat wat in 1882 as ’n Abessiniese kat aangeteken is nie.[3]

Baie bronne herhaal ook die storie dat Abessiniese katte ’n paar duisend jaar oud is en van Antieke Egipte kom omdat hulle baie lyk soos die katte in antieke skilderye en afbeeldings uit dié land.

Beskrywingwysig

Abessiniese katte is waaksaam en het redelike groot, gepunte ore en ’n taamlike lang stert. Die kop is breed en effens wigvormig. Die oë is amandelvormig en kleure sluit in goud, groen, haselneut en koper. Die pote is klein en ovaalvormig. Die bene is dun in vergelyking met die res van die lyf en die katte het ’n fyn beenstruktuur. Hulle is van medium-grootte en het sterk, lenige lywe met lang bene.

Die pels is van medium-lengte, dig en syagtig. Die Abessiniese kat en die langharige Somaliese kat se pelse is ewe ongewoon en te danke aan een dominerende mutante-geen bekend as Ta. Elke haar het ’n ligter basiskleur met drie of vier dele wat donkerder loop tot by die punt. Hierdie patroon word net by dié twee rasse en die Singapura aangetref.

Abessiniese katte is ekstrovert, aktief, spelerig, eiesinnig en intelligent. Hulle is gewoonlik nie skootkatte nie omdat hulle gedurig aan die gang is.[4] Hulle is gewild onder telers en is suksesvolle skoukatte. Nie almal kan egter geskou word nie omdat die standaarde baie streng is en omdat hulle dikwels skaam is teenoor vreemdelinge.

"Abys", soos hul eienaars hulle dikwels liefderik noem, het baie liefde en interaksie met hul eienaars nodig en kan depressief raak as hulle onaktief is of te min aandag kry.[3]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 "Abessiniese profiel", Catz Inc., URL besoek op 4 Okt. 2009
  2. Cat Fanciers' Association. "Ras: Abessiniese kat Geargiveer 5 Januarie 2013 op Wayback Machine". 2011.
  3. 3,0 3,1 Pollard, Michael. The Encyclopedia of the Cat. Brittanje: Parragon Publishing, 1999.
  4. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2012. Besoek op 7 Januarie 2012.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media