Aartappelskyfies

Aartappelskyfies is dun snye aartappels, wat in diepolie, in 'n oond of in 'n mikrogolfoond gebak word. Hulle dien as bykos of versnappering en word in 'n groot aantal variante aangebied.

Geskiedeniswysig

Aartappelskyfies

Die eerste aartappelskyfies is vermoedelik op 24 Augustus 1853 deur George Crum, 'n kok van die Moon Lake Lodge-hotel in Saratoga Springs (New York, Verenigde State) gebak, nadat 'n gas - na bewering die bekende nyweraar Cornelius Vanderbilt - verskeie kere gekla het dat sy gebraaide aartappels te dik gesny was. Crum het die aartappels uiteindelik so dun gesny dat hulle nie meer met die vurk geëet kon word nie. Nogtans was Vanderbilt mal oor die aartappelskyfies, en hulle is voortaan onder die naam Saratoga Chips op die hotel se spyskaart gelys en het vinnig orals in Nieu-Engeland bekend geraak.

Saratoga tjips

Die industriële vervaardiging van aartappelskyfies begin sedert die twintigerjare van die 20ste eeu ontwikkel, nadat Herman Lay, 'n middelman uit die suide van die VSA, 'n aartappelskiller uitgevind het. Die aartappelskyfies is aanvanklik nie gekruie nie, wat hulle gewildheid nadelig beïnvloed het.

Die eienaar van 'n klein familiebedryf in Dublin (Ierland), Tayto, het in die veertigerjare 'n metode ontwikkel waarmee speserye en geurmiddels toegevoeg kon word. Ná 'n aantal eksperimente het Tayto die eerste gekruide aartappelskyfies vervaardig, wat as Cheese and Onion (kaas-en-uie) en Salt 'n' Vinegar (sout-en-asyn) aangebied is. Vir die laasgenoemde soort is 'n pakkie sout saam met die aartappelskyfies verkoop, sodat die verbruiker die sout volgens smaak kon byvoeg.

Tayto se idee het vir baie opwinding in die voedselbedryf gesorg, en die bestuurders van leidende aartappelskyfie-vervaardigers uit die VSA het na Dublin gekom om die nuwe produk te proe en 'n lisensie vir die vervaardiging in Noord-Amerika te kry. Danksy die verkoop van die regte het Tayto 'n welvarende man geword, en sy onderneming is nog steeds die grootste vervaardiger van aartappelskyfies in Ierland.

Metodewysig

Die basiese resep vir die bereiding van aartappelskyfies het steeds dieselfde gebly. Rou aartappels word geskil, in dun snye van sowat een millimeter gesny, in soutwater geplaas, gedroog en in diepolie gebak. Nadat die oortollige olie verwyder is, word die aartappelskyfies gesout en met speserye gegeur. Hulle kan warm of koud bedien word. Aangesien die water byna volledig verwyder is, hou die skyfies baie lank as hulle lugdig verpak word.

Rou aartappelskyfies kan ook met sout en ander speserye in die mikrogolfoond gaargemaak word. Ná dertien minute baktyd teen 800 Watt is die skyfies bros. Hulle is ook geskik vir mense wat 'n vetvrye dieet behoort te volg.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media