AB de Villiers

Krieket speler van Suid-Afrika

Abraham Benjamin (AB) de Villiers (17 Februarie 1984 in Pretoria) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en -kaptein van die Eendag- en T20-span van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2007, 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2006, 2009, 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016 vir Suid-Afrika gespeel. Op 23 Mei 2018 het AB de Villiers sy uittreding uit internasionale krieket aangekondig.[1] In Januarie 2020 het De Villiers egter sy belangstelling uitgespreek om vir die T20I-wêreldbeker 2020 terug te kom,[2] maar later dié jaar is bevestig dat hy dit nie sou doen nie.[3] Op 19 November 2021 het De Villiers sy uittrede uit alle vorme van krieket aangekondig.[4]

AB de Villiers
AB de Villiers in 2009
Volle naamAbraham Benjamin de Villiers
Gebore17 Februarie 1984 (1984-02-17) (40 jaar oud)
Pretoria, Suid-Afrika
Bynaam(e)AB
Lengte1,78 m
KolfstylRegshandig
BoulstylRegterarm medium
RolKolwer, paaltjiewagter
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanSuid-Afrika
Toetsdebuut (no 296)17 Desember 2004 v Engeland
Laaste Toets30 Maart 2018 v Australië
Toetshempno.62
EDI debuut (no 78)2 Februarie 2005 v Engeland
Laaste EDI16 Februarie 2018 v Indië
EDI hempno.17
T20I debuut (no 20)24 Februarie 2006 v Australië
Laaste T20I29 Oktober 2017 v Bangladesj
T20I hempno.17
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)Span
2003/04Noordelikes
2004/05–2017/18Titane
2008–2010Delhi Daredevils (spanno. 17)
2011–2021Royal Challengers Bangalore (spanno. 17)
2016Barbados Tridents (spanno. 17)
2018Tshwane Spartans (spanno. 17)
2019Rangpur Riders (spanno. 17)
2019Lahore Qalandars (spanno. 17)
2019Middlesex (spanno. 17)
2019/20Brisbane Heat (spanno. 17)
Loopbaanstatistiek
KompetisieToetseEDIT20I1ste rang
Wedstryde11422878141
Lopies aangeteken87659577167210689
Kolfgemiddeld50.6653.5026.1249.71
100s/50s22/4625/530/1025/60
Hoogste telling278*17679*278*
Aflewerings geboul204192234
Paaltjies272
Boulgemiddeld52.0028.8569.00
5 paaltjies in 'n kolfbeurt000
10 paaltjies in 'n wedstryd000
Beste boulontleding2/222/152/49
Vangskote/Stonkings222/5176/565/7500/6
Bron: ESPNcricinfo, 19 November 2021

Skoolloopbaanwysig

AB de Villiers in 2006
AB de Villiers in 2009

De Villiers het aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (ook bekend as Affies) gematrikuleer, 'n openbare skool in Pretoria. Hy het skoolgegaan saam met Jacques Rudolph, Heino Kuhn en Faf du Plessis, mede-Titans en Suid-Afrikaanse internasionale krieketspelers. Op skool het hy 'n gesogte nasionale medalje van wyle president Nelson Mandela vir 'n wetenskapprojek ontvang.

Ander sportsoortewysig

Hy is 'n talentvolle sportman en het uitgeblink in gholf, rugby, pluimbal, krieket en tennis. Op skool was hy deel van die o/14-krieketspan. Hy speel gholf met 'n nulvoorgee, wat beteken dat sy gemiddelde telling vir 'n rondte gholf baansyfer of beter is. Rugby was die gewildste sport by sy skool, en hy het ook daaraan deelgeneem. Hy is begaafde sportman met 'n natuurlike talent vir enige sport. Hy het 'n voorliefde vir hokkie, en was in die o/16-span van die skool. Hy was op die kortlys vir Suid-Afrika se junior nasionale hokkiespan.

Hy het teruggekeer na rugby nadat hy opgehou het om hokkie te speel. Hy was gou deel van die skool se prestige rugbyspan, die 1ste XV van Affies. Hy het buitengewoon goed presteer en is gekies vir die Blou Bulle se o/18-span, wat later 'n paar groot name in Suid-Afrikaanse rugby opgelewer het.

Hy was lid van Suid-Afrika se junior Davisbeker-tennisspan, en ingedeel in die top twee in sy ouderdomsafdeling vir tennis in Suid-Afrika. Hy was ook Suid-Afrika se nasionale o/19-pluimbalkampioen. Verder hou ook ses Suid-Afrikaanse skoolswemrekords, asook die rekord in die 100 m hekkies in Suid-Afrika se junior atletiek.

Internasionale loopbaanwysig

AB de Villiers se toetskrieket-loopbaan begin op 20-jarige ouderdom op 16 Desember 2004 vir die Proteas teen Engeland op St. Georgespark in Port Elizabeth. Hy het 'n goeie openingsbeurt gespeel, maar word afgeskuif op die kolforde vir die tweede toets en kry ook die taak as paaltjiewagter by. Gedurende hierdie wedstryd behaal hy 'n gelukkige vyftigtal wat die wedstryd red vir Suid-Afrika.

Op 18 Januarie 2015 speel AB de Villiers 'n verpletterende kolfbeurt teen Wes-Indië, en teken die vinnigste honderdtal in eendaagse geskiedenis aan. Hy verbeter Corey Anderson van Nieu-Seeland se rekord en bereik 100 lopies van net 31 balle. Ten laaste teken hy 149 lopies aan van net 44 aflewerings teen die Wes-Indiese Eilande, voor hy uitgevang word.[5][6]

Toetsontleding teen opponentewysig

soos op 26 Januarie 2016

Teen-
stander[7]
Wed-
stryde
BeurteN.u.n.LopiesHoogste
telling
10050Gem.Vang/St.
Australië2037316411695948.2631/1
Bangladesj45169460017.255/–
Engeland2034113931742642.2132/1
Indië172911123217*3240.1030/–
Nieu-Seeland101405461270539.0022/–
Pakistan122141112278*4365.4131/
Sri Lanka7121691160*1581.422/–
Wes-Indië1321513471784584.186/–
Zimbabwe330152980150.662/–
TOTAAL106176168074278*213950.46184/3

Toetskrieketwysig

Opsomming per kalenderjaar
JaarWedstrydeLopiesGemiddelde10050Beste
2004210836.000152
2005111,00853.0535178
20061157027.140497
2007938727.640377
2008151,06158.9442217
2009657257.2024163
20101199676.6234278
2011537747.130499
20121081558.2122169
2013993377.7545164
2014863148.5422152
2015649249.2012148
2016312424.800188
201715353.000153
2018440844.5512126*

Beste vertonings van sy loopbaanwysig

soos op 20 Oktober 2017

 Kolf
LopiesWedstrydPlekSeisoen
Toetse278* Suid-Afrika t PakistanAboe Dhabi, VAE2010–2011
EDI176 Suid-Afrika t BangladesjBoland Park, Paarl2017
Twintig20 Internasionaal79* Suid-Afrika t SkotlandThe Oval (Londen)2009
Eersterangs278* Suid-Afrika t PakistanAboe Dhabi2010-11
A-lys176 Suid-Afrika t BangladesjBoland Park, Paarl2017
Twintig-20105*Delhi Daredevils t Chennai Super KingsKingsmead, Durban2009

Verwysingswysig

  1. (en) Firdose Moonda (23 Mei 2018). "'Tired' AB de Villiers retires from international cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 19 November 2021.
  2. (en) Firdose Moonda (15 Januarie 2020). "Du Plessis keen on de Villiers return before T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 19 November 2021.
  3. (en) "AB de Villiers decides 'his retirement will remain final' – CSA". ESPNcricinfo. 18 Mei 2021. Besoek op 19 November 2021.
  4. (en) "AB de Villiers announces retirement from all forms". Internasionale Krieketraad. 19 Mei 2021. Besoek op 19 November 2021.
  5. (en) "AB de Villiers: South Africa batsman smashes century record". BBC. 18 Januarie 2015. Besoek op 19 November 2021.
  6. (en) Firdose Moonda (18 Januarie 2015). "De Villiers sets breathtaking new century record". ESPNcricinfo. Besoek op 19 November 2021.
  7. (en) "Statistics / Statsguru / AB de Villiers / Test matches". Cricinfo. Besoek op 19 November 2021.

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media