ABBA

Sweedse popmusiekgroep

ABBA (1972–1983) was 'n Sweedse popmusiekgroep. Hulle bly tot vandag toe die suksesvolste Sweedse musiekgroep en was een van die gewildste sanggroepe in die wêreld. Die groep het die topposisies op musieklyste wêreldwyd gedurende die middel-tot-laat 1970's en vroeë 1980's gedomineer, en het treffer-enkelsnitte en -albums verkoop. ABBA se verkope word wêreldwyd op 100 tot 500 miljoen kopieë geraam (daar blyk geen betroubare bron vir hierdie inligting te wees nie), wat hulle die tweede suksesvolste musiekgroep van alle tye, na die Beatles, sou maak. Hulle was die eerste musiekgroep van die Europese vasteland wat gereelde plekke op die Britse, Amerikaanse en Australiese musieklyste beklee het, en hulle sukses het ook deure vir ander Europese musiekgroepe oopgemaak. Hulle blywende nalatenskap is die bevordering van die Sweedse musiekbedryf tot 'n hoofstroomkompeteerder.

ABBA
ABBA in 1974, v.l.n.r.: Benny Andersson, Frida Lyngstad, Agnetha Fältskog en Björn Ulvaeus
Agtergrondinligting
Ook bekend asAgnetha
Benny
Björn
Anni-Frid
OorsprongStockholm (Swede)
GenresPop, Euro disco, Europop, Pop Rock
Jare aktief1972–1982
EtikettePolar, Polydor, Atlantic, Universal, Epic, Vogue, RCA, PolyGram, Sunshine (Zimbabwe-Rhodesië), Ariston/Dig It (Italië)
AssosiasiesHep Stars, Hootenanny Singers, Benny Anderssons Orkester
Webwerfabbasite.com
LedeAgnetha Fältskog
Björn Ulvaeus
Benny Andersson
Anni-Frid "Frida" Lyngstad

"ABBA" is 'n akroniem gevorm uit die eerste letter van elk van die groeplede se naam. Dit word gewoonlik geskryf as "ABBA" maar word ook soms geskryf as 'n woord, Abba. Die eerste 'B' in die embleemweergawe van die naam is sedert 1976 omgekeer (ᗅᗺᗷᗅ) op die groep se reklamemateriaal en is 'n geregistreerde handelsmerk.

Geskiedeniswysig

Een van ABBA se lede, Agnetha Fältskog, tydens 'n optrede in 1977
Anni-Frid Lyngstad in 1976 op die Schiphol-lughawe

ABBA is in 1972 gevorm met Björn Ulvaeus, Benny Andersson, Agnetha Fältskog, en Anni-Frid Lyngstad (bynaam: "Frida"). Hulle het wydbekend geword nadat hulle die Eurovision-sangfees in 1974 met hulle liedjie, "Waterloo", gewen het. Die groep het uit twee paartjies bestaan, Björn en Agnetha tesame met Benny en Frida. ABBA se lede het aan die begin van 1983 saam besluit om 'n blaaskans te vat. En hulle het tot vandag toe nog nooit weer saam 'n opname gemaak nie.

Daar is tans ander sangsterre in verskeie lande wat weer ABBA-trefferliedjies sing en optredes doen ter ere aan die goue ABBA-jare.

Benny Andersson in 2006
Björn Ulveaus in 2007

Albumswysig

ABBA het agt albums tussen 1973 en 1981 opgeneem,[1] en het ook 'n paar kompilasie-albums vrygestel.

  • Ring Ring (1973)
  • Waterloo (1974)
  • ABBA (1975)
  • Arrival (1977)
  • ABBA: The Album (1977)
  • Voulez-Vous (1979)
  • Super Trouper (1980)
  • The Visitors (1981)
  • Voyage (2021)

Bekende liedjieswysig

  • Waterloo (1974)
  • Mamma Mia (1975)
  • Fernando (1976)
  • Dancing Queen (1976)
  • Money Money Money (1976)
  • Chiquitita (1978)
  • Gimme Gimme Gimme (1979)
  • The Winner Takes It All (1980)

Verwysingswysig

  1. "ABBA Albums, Discography". billboard.com (in Engels). 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2011. Besoek op 15 Maart 2012.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media