2Cellos

2Cellos (gestileerd 2CELLOS) is 'n Kroatiese[2] tjelloduo, wat bestaan uit die klassiek-opgeleide Luka Šulić en Stjepan Hauser. Sony Masterworks het sedert 2011 reeds vier van hulle albums vrygestel. Hulle is veral bekend vir hulle Instrumentale verwerkings van bekende pop- en rockliedjies sowel as klassieke musiek en filmmusiek.[3] Die duo tree internasionaal op en is gereeld te sien op verskeie Amerikaanse TV-programme, soos Glee en The Bachelor.[4]

2Cellos
2Cellos in Glendale, Kalifornië (2011)
Agtergrondinligting
OorsprongZagreb, Croatia[1]
GenresCello rock, klassieke musiek, kamermusiek, instrumentele rock
Jare aktief2011 tot hede
EtiketteSony Masterworks
Webwerf2cellos.com
LedeLuka Šulić
Stjepan Hauser

Agtergrondwysig

Hauser, gebore in Pula, Kroasië, en Šulić, gebore in Maribor, Slowenië, het mekaar as tieners by 'n meestersklas in Kroasië ontmoet. Šulić se ouers – sy pa 'n Kroasiër en sy ma 'n Sloween – is albei klassiek opgeleide musici. Šulić, 'n jaar jonger as Hauser, het sy opleiding aan die Akademie van Musiek in Zagreb begin en later in Wene voortgesit. Daarna het hy aan die Londense Royal Academy of Music studeer. Hauser het sy opleiding aan die Royal Northern College of Music in Manchester ontvang, nadat hy sy studie aan Trinity Laban in Londen voltooi het.[5]

Die duo het byna oornag beroemd geword met hulle treffervideo van "Smooth Criminal" op YouTube,[6] wat in die eerste twee weke meer as drie miljoen keer gekyk is en meer as agtien miljoen keer sedert Mei 2016.[7] Die musiekvideo is gebore uit die tjelliste se finansiële probleme, ten spyte van hul musikale sukses in die Verenigde Koninkryk. Die duo het in Pula byeengekom, waar een van Hauser se vriende, 'n direkteur, voorgestel het dat hulle die popmusiekmark moet probeer met 'n moderne tjelloweergawe van Jackson se "Smooth Criminal." In die video, wat oorspronklik op 20 Januarie 2011 op YouTube gelaai is,[8] sit en speel Šulić en Hauser alleen in 'n groot wit kamer. Voordat die twee 'n duo gevorm het, is hulle soms as teenstanders beskou, wat in musiekwedstryde teen mekaar meeding.

Loopbaanwysig

2Cellos is tans onder kontrak by die platemaatskappy Sony Meesterwerke, waar hulle in Mei 2010 hulle eerste album opgeneem het,[9] wat in Kroasië onder die etiket Menart Records [10] op 19 Julie 2011 met die titel "2Cellos" vrygestel is.[11] Dit sluit liedjies van U2, Guns N'Roses, Nine Inch Nails, Angel, Coldplay, Nirvana, Muse, en Kings of Leon in. Volgens die duo het hulle liedjies gekies wat aangepas kan word vir slegs twee tjello's.[12] Terwyl hulle op die vrystelling van die album gewag het, het hulle 'n enkelsnit weergawe van Guns N' Roses se "Welcome to the Jungle" vrygestel.[13] In baie van die opnames is hulle deur die tromspeler, Dušan Kranjc, bygestaan.

Luka Šulić

Nadat Elton John die "Smooth Criminal" video gesien het, het hy Šulić persoonlik gebel en gevra of hulle saam met hom sal optree op sy 2011-dertig-stad somertoer, wat op 8 Junie in Cardiff, Wallis sou begin.[14] In dieselfde jaar, op 25 April, verskyn die duo ook op The Ellen DeGeneres Show [15][16] en tree by die iTunes Festival in Londen op.

Stjepan Hauser met YAMAHA SVC-110

In die derde seisoen van die tv-reeks Glee speel die duo op 31 Januarie 2012 , in 'n episode getiteld "Michael", 'n verwerking van "Smooth Criminal". Dit was die eerste keer dat die reeks op instrumentale musikante gefokus het.Die toneel vir "Smooth Criminal" was soortgelyk aan 2Cellos se oorspronklike musiekvideo vir die liedjie.[17] Op 4 Junie 2012 het 2Cellos saam met Elton John by die koningin van die Verenigde Koninkryk se Diamant-Jubileum-Konsert in Buckingham Palace opgetree. Op 12 Junie 2012 lewer hulle 'n uitvoering in 'n volgepakte Arena Zagreb.

Alhoewel hulle op die verwerking van hoofsaaklik rock-liedjies konsentreer, sê Šulić en Hauser dat hulle nog steeds saam met simfonieorkeste optree en nie die speel van klassieke musiek sal laat vaar nie. Hulle sou graag eendag op toer wil gaan met beide 'n klassieke en kontemporêre orkes. Hul tweede studio album, getiteld In2ition, wat aan die begin van 2013 vrygestel is, bevat 'n verskeidenheid klassieke snitte met 'n paar verrassende vokale en instrumentale duetvennote, insluitende Elton John, Lang Lang, Naya Rivera, Steve Vai, Sky Ferreira en Zucchero. Die album is vervaardig deur Bob Ezrin.

Ander snitte sluit in verwerkings van AC/DC se "Highway to Hell" met Vai, Coldplay se "Clocks" met Lang Lang, Muse se "Supermassive Black Hole" met Rivera, 'n Italiaanse weergawe van "The Book of Love" deur The Magnetic Fields getiteld "Il Libro Dell'Amore" met Zucchero, Karl Jenkins se "Benedictus", en "Oh Well" met Sir Elton.[18]

In Julie 2013 verfilm die duo 'n reklameflits vir die Japannese selfoonmaatskappy, Docomo.[19] Hulle tweede album, In2ition, debutteer in Augustus 2013 as nommer 1 op die Japannese Albums Chart.[20] As deel van hulle wêreldtoer saam met Elton John, wat konserte in Noord-Amerika, Europa en Asië ingesluit het, tree 2Cellos in Desember 2013 twee dae na mekaar op in Madison Square Garden.[21] In Maart 2014, onderneem hulle 'n solo toer in Japan.[22]

In 2015 stel 2Cellos hulle derde album, Celloverse vry.[23] Die album bevat 'n verskeidenheid verwerkings, van onder andere AC/DC se Thunderstruck, Avicii se Wake Me Up, Michael Jackson se "They Don't Care About Us", Hans Zimmer se Mombasa (uit Inception), en 'n oorspronklike werk getiteld Celloverse.

2Cellos maak aktief van YouTube gebruik om hulle aanhangers te bereik. Benewens hulle musiekvideos is daar ook opnames van hulle konserte, waaronder hulle optredes in die Arena Zagreb (2012), Arena Pula (2013), EXIT Festival (2014), en hul vyfde verjaardagkonsert in die Arena di Verona (2016). In Februarie 2014 publiseer hulle hul vertolking van AC/DC se "Thunderstruck" op YouTube. Die video beeld die duo uit as musici wat in gesofistikeerde klassieke styl voor 'n Barok-gehoor optree en dan skielik na 'n stormagtige pop-styl oorslaan. Die video het in die eerste twee weke op YouTube 10 miljoen kykers gelok,[24] en teen 1 Januarie 2017 was die kykersgetal reeds meer as 72 miljoen.

Soos Šulić aan The Sydney Morning Herald  gesê het, "ons hou net soveel van AC/DC as van Bach," waarop Hauser bygevoeg het, "beide [AC/DC en Bach] is eenvoudig en oortuigend in wat hulle doen." [25] In Januarie 2015 is hulle derde ateljeealbum, Celloverse, waarvan hulle medevervaardigers was, uitgereik.

In 2017 stel Sulic en Hauser hul album Score vry. Hierin tree hulle saam met die Londense Simfonie-Orkes op in 'n wye verskeidenheid van televisie- en filmmusiek. Daarmee saam stel hulle hul video, Game of Thrones Medley, op YouTube bekend, wat binne twee dae meer as 1 miljoen kykers bereik.

Diskografiewysig

  • 2011: 2Cellos (Sony Masterworks)
  • 2013: In2ition(Sony Masterworks)
  • 2015: Celloverse (Sony Masterworks)
  • 2017: Score (Sony Masterworks)

Toerewysig

  • The Score World Tour (2017)

Toekenningswysig

Porinwysig

JaarOntvangerToekenningUitslagVerw.
20122CellosBeste Internasionale AlbumGewen[26]
"Smooth Criminal"Beste Internasionale LiedjieGewen
2013In2itionBeste Internasionale AlbumBenoem[27]
2014Live at Arena ZagrebBeste Internasionale Video-albumGewen[28]

Japan Gold Disc Awardwysig

JaarOntvangerToekenningUitslagVerw.
2014In2itionInstrumentale Album van die JaarGewen[29]
"Kagemusha"Liedjie van die Jaar deur die aflaai daarvanGewen

MTV Europe Music Awardswysig

JaarOntvangerToekenningUitslagVerw.
20152CellosBeste Adria OptredeBenoem[30]

Večernjak's Rosewysig

JaarOntvangerToekenningUitslagVerw.
20142CellosMusikante van die JaarGewen[31]

Verwysingswysig

  1. "BBC World Service – Outlook Arts, 2Cellos, Violin Virtuso, Harlem Jazz" (in Engels). Bbc.co.uk. 28 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 30 Januarie 2016.
  2. "Biography" (in Engels). 2CELLOS. 20 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 10 Januarie 2017.
  3. Koruga, Igor (14 April 2011). "Hrvatski violončelisti potpisali ugovor sa Sony Music Entertainmentom". Nacional (in Kroaties). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2014. Besoek op 10 Junie 2011.
  4. Glee Season 18: Sean and Catherine's Wedding
  5. Videtti, Giuseppe (6 Junie 2011). "Il violoncello da favola di Luka e Stjepan da YouTube ai concerti di Elton John". la Repubblica (in Italiaans). L'Espresso. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2019. Besoek op 10 Junie 2011.
  6. "Slovenian, Croatian Cellists Make Breakthrough on YouTube". STA. Slovenian Press Agency. 19 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2012. Besoek op 10 Junie 2011.
  7. "Video: Hrvaška violončelista videlo na milijone Američanov". Radiotelevizija Slovenija (in Sloweens). MMC RTV Slovenija. 26 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2019. Besoek op 10 Junie 2011.
  8. Cervera, Marty (7 Junie 2011). "Los chelos del pop". El Periódico de Catalunya (in Spaans). Grupo Zeta. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 10 Junie 2011.
  9. "Mariborski čelist bo z Eltonom Johnom nastopil tudi v Izoli". Radiotelevizija Slovenija (in Sloweens). MMC RTV Slovenija. 9 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 10 Junie 2011.
  10. "2CELLOS Luka Šulic & Stjepan Hausar izdaju album". MTV Croatia (in Kroaties). MTV. 16 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 10 Junie 2011.
  11. D'Andrea, Niki (6 Junie 2011). ""Welcome to the Jungle," As Performed by 2Cellos". Phoenix New Times (in Engels). Phoenix New Times, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2015. Besoek op 10 Junie 2011.
  12. Došen, Vanja (12 April 2011). "Telefonski poziv koji im je promijenio život". Jutarnji list (in Kroaties). Europapress Holding. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 10 Junie 2011.
  13. Hartsell, Carol (8 Junie 2011). "2Cellos Covers 'Welcome to the Jungle'". The Huffington Post. TheHuffingtonPost.com, Inc. Besoek op 10 Junie 2011.
  14. "2CELLOS snimaju za Sony i sviraju s Eltonom Johnom". tportal.hr (in Kroaties). Hrvatski Telekom. 13 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2016. Besoek op 10 Junie 2011.
  15. "Sony MASTERWORKS Signs Viral Internet Sensation 2CELLOS". TalkTunesworld.com (in Engels). Wisdom Digital Media. 19 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2012. Besoek op 9 Junie 2011.
  16. Vugrinec, Goran (25 April 2011). "Vatreni duet nastupio u showu Ellen DeGeneres: Stjepan od žestine slomio gudalo!". Dubrovački Vjesnik (in Kroaties). Europapress Holding. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 10 Junie 2011.
  17. Jurgensen, John (13 Januarie 2012). "The Cello Shredders". The Wall Street Journal (in Engels). Dow Jones & Company, Inc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2012. Besoek op 1 Februarie 2012.
  18. http://www.2cellos.com/us/news/making-new-album-in2ition.
  19. http://www.gloria.hr/vijesti/price/pogledajte-2cellos-u-reklami-japanskog-mobilnog-operatera/.
  20. http://www.oricon.co.jp/rank/wa/w/2013-09-02/.
  21. http://www.24sata.hr/show/2cellos-su-osvojili-madison-square-garden-u-new-yorku-343963.
  22. http://radio.hrt.hr/clanak/2cellos-u-madison-square-gardenu/32110/.
  23. http://www.prnewswire.com/news-releases/2cellos-create-a-new-dimension-with-celloverse-album-available-january-27-2015-300007198.html.
  24. "Naši dečki ruše rekorde – na Youtubeu imaju više 10 mil. pogleda!" (in Kroaties). Dnevnik.hr. 25 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2019. Besoek op 25 Maart 2014.
  25. http://digitaljournal.com/article/342499.
  26. "2Cellos primili osvojene Porine". dulist.hr. 30 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2013. Besoek op 13 Julie 2013.
  27. "FOTO: 2Cellos snimili novi spot za pjesmu Technical Difficulties" (in Kroaties). Net.hr. 13 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2014.
  28. http://www.porin.info/.
  29. "The Japan Gold Disc Award 2014/Instrumental Album of the Year". RIAJ (in Japannees). 28 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020.
  30. "2CELLOS i Hladno pivo među nominiranima za MTV Best Adria Act!". Glas Slavonije (in Kroaties). 18 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2019.
  31. "Dodijeljene Večernjakove ruže, pogledajte tko su dobitnici". Večernji list (in Kroaties). 21 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2017.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media