2004-Ekwatoriaal-Guinese staatsgreepspoging

Mislukte omverwerping van president Obiang deur huursoldate

Die gepoogde 2004 staatsgreep in die Ekwatoriaal-Guinee (ook bekend as die Wonga-staatsgreep),[1] het nie daarin geslaag om president Teodoro Obiang Nguema Mbasogo te vervang met die uitgewekene opposisie-politikus Severo Moto nie. Die huursoldate wie georganiseer is deur hoofsaaklik Britse finansiers is op 7 Maart 2004 in Zimbabwe gearresteer voordat hulle die staatggreep kon uitvoer. Aanklaers het beweer dat Moto as die nuwe president aangestel sou word in ruil vir voorkeurregte aan maatskappye wat by die staatsgreep betrokke was.[2] Die voorval het internasionale media-aandag ontvang ná die berigte betrokkenheid van Sir Mark Thatcher in die befondsing van die staatsgreep waarvoor hy skuldig bevind en in Suid-Afrika beboet is.

Opsommingwysig

Nigel Morgan, 'n Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant en voormalige offisier van die Britse leër met noue bande met Suid-Afrika se intelligensiedienste gehad het, het die poging tot staatsgreep teen die regering van Ekwatoriaal-Guinee blootgelê.[3] Op 7 Maart 2004 het die Zimbabwiese polisie by Harare-lughawe op 'n vliegtuig beslaggelê wat van Suid-Afrika ingevlieg het.[2] Die beweerde kapingleier, Simon Mann, 'n voormalige Special Air Service (SAS) offisier[4] is in hegtenis geneem met sy twee kollegas naby die aanloopbaan terwyl hulle gewag het dat wapens op 'n Boeing 727 (N4610) gelaai moes word. Voorts is ook drie bemanningslede en 64 voormalige soldate gewerf in Suid-Afrika, gearresteer.[5] Die meerderheid van diegene was na bewering die huursoldate wat beplan om die staatsgreep uit te voer, en was oud-lede van 32-Bataljon, 'n spesiale magte-eenheid wat vir die Suid-Afrikaanse apartheidsregering geveg het.[6]

Op 9 Maart 2004 is Nick du Toit en 14 ander Suid-Afrikaanse en Angolese mans in Ekwatoriaal-Guinee in hegtenis geneem omdat hulle vermoedelik die voorspan van die staatsgreep poging was.[4][5]

Die bemarkingsbestuurder van Zimbabwe Defence Industries, Hope Mutize, het in die hof gesê Simon Mann het hom in Februarie 2004 'n deposito van $ 180 000 (£ 100 000) betaal en Mann indirek gekoppel aan die beweerde sameswering deur te sê hy is vergesel deur 'n Suid-Afrikaner, Nick du Toit, die leier van die 14 mans wat in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer is.[5] Hul wapenrekwisisie het 20 masjiengewere ingesluit, 61 AK-47 aanvalgewere, 150 handgranate, 10 RPG-7 vuurpylgranaat-lanseerders (en 100 RPG-projektiele) en 75 000 rondes ammunisie.[7][8][9] Mann het gesê hy wou die gewere, mortiere en ammunisie bekom om diamantmyne in onstabielle dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo te bewaak.[5]

Daar is beweer dat diegene wie in hegtenis geneem in Zimbabwe, 'n tussenstop in Harare gemaak het om wapens te koop en na verwagting deel te neem met 'n span in Ekwatoriaal-Guinee om president Obiang omver te werp.[10][11][12][13] Nick du Toit, die leier van die groep wat in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer is, het tydens sy verhoor in Ekwatoriaal-Guinee gesê hy is deur Simon Mann gewerf en hy het gehelp met die werwing van huursoldate, die aankoop van wapens en logistiek. Hy sê hy het vertel dat hulle gaan poog om 'n verbanne opposisie politikus, Severo Moto, as die nuwe president te plaas.[13]

Verwysingswysig

  1. Sengupta, Kim (12 Maart 2008). "An African adventure: Inside story of the wonga coup" (in Engels). London: The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2019. Besoek op 20 Desember 2010.
  2. 2,0 2,1 Leigh, David (10 September 2004). "Wonga list reveals alleged backers of coup". The Guardian. London. Besoek op 22 Augustus 2007.
  3. Rademyer, Julian (22 November 2009). "Mercenary: Govt knew of coup". News24 (in Engels). Besoek op 7 Maart 2020.[dooie skakel]
  4. 4,0 4,1 "Q&A: Equatorial Guinea 'coup plot'". BBC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2007. Besoek op 22 Augustus 2007.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Carroll, Rory (29 Julie 2004). "Ex-SAS officer in 'coup plot' admits arms charges". Guardian. London. Besoek op 22 Augustus 2007.
  6. Barnett, Antony (28 November 2004). "How much did Straw know and when did he know it?". Guardian. London. Besoek op 22 Augustus 2007.
  7. Krajicek, David. "African Coup". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2007. Besoek op 29 Augustus 2007.
  8. Wilson, Jamie (26 Augustus 2004). "Thatcher and a very African coup". The Guardian. London. Besoek op 29 Augustus 2007.
  9. "Coup plot conviction increases the pressure on Mark Thatcher". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2005. Besoek op 29 Augustus 2007.
  10. Barnett, Antony (14 November 2004). "Straw: We did know of Africa coup". Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2006. Besoek op 22 Augustus 2007.
  11. Barnett, Antony (28 November 2004). "Revealed: how Britain was told full coup plan". Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2007. Besoek op 22 Augustus 2007.
  12. "Mercenaries captured in Equatorial Guinea coup bid". www.herald.co.zw (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2019. Besoek op 24 Augustus 2007.
  13. 13,0 13,1 Tempest, Matthew (25 Augustus 2004). "Q&A: the Equatorial Guinea 'coup'". Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2019. Besoek op 22 Augustus 2007.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media