VSA Rugby (Engels: USA Rugby; amptelike naam: United States of America Rugby Football Union; letterlik: “Verenigde State van Amerika Rugbyvoetbalunie”, afgekort: “USAR”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in die Verenigde State beheer. Die beheerliggaam is in 1975 gestig en in Glendale, Colorado, gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit die Verenigde State by Wêreldrugby en ook by Rugby Amerikas Noord (“RAN”).

USA Rugby
Kenteken van VSA Rugby
Kenteken van VSA Rugby
Engelse naam USA Rugby
Amptelike naam naam United States of America Rugby Football Union
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1975
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1987
Vastelandse beheerliggaam Rugby Amerikas Noord
Voorsitter Tom Cusack
Hoof- uitvoerende beampte Ross Young
Setel Glendale, Colorado, Verenigde State
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf usa.rugby

Geskiedenis wysig

 
Die Verenigde State se nasionale rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 1991

VSA Rugby is in 1975 onder die naam Verenigde State van Amerika Rugbyvoetbalunie (United States of America Rugby Football Union) gestig en het in 1987, net voor die eerste rugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword.[1] Daarbenewens was VSA Rugby in 2001 ’n stigtingslid van die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA; nou Rugby Amerikas Noord), nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association) aangesluit het.[2]

Taak wysig

VSA Rugby organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend die Verenigde State se nasionale seniormansrugbyspan (die Arende), vroue en jeug. VSA Rugby hou ook toesig oor sewesrugby in Verenigde State en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Amerikaanse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Dit beheer ook die Division 1-A Rugby, ’n nasionale kompetisie vir o/20-mansspanne. Daarbenewens bestaan die Collegiate Rugby Championship vir juniorsewesspanne. Naas die amptelike nasionale span roep VSA Rugby ook ander keurspanne byeen. USA Selects is die tweede nasionale span van die Verenigde State en hulle het tot in 2016 aan die Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem, voordat hulle na Wêreldrugby se Stille Oseaan-uitdaagtoernooi oorgeskakel het. Die USA Sevens is die Amerikaanse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in die Verenigde State. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik die Verenigde State oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[3] Rugby word ook toenemend gewild by kolleges en universiteite en aangebied as ’n alternatief vir Amerikaanse voetbal.[4]

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die professionele Major League Rugby, waaraan in 2024 elf spanne deelneem, is die belangrikste rugbyliga in die Verenigde State en dit is in 2017 ten einde van die Amerikaanse rugby se verdere ontwikkeling gestig. Sedertdien is die meeste spelers van die Amerikaanse nasionale span uit dié liga afkomstig, van die ander spelers is veral in Engeland en Australië aktief. Bo die nasionale kampioenskap word jaarliks saam met twee spanne uit Argentinië en een elk uit Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay die internasionale Superrugby Amerikas-toernooi beslis.[5] Aangesien die seisoene min oorvleuel word talle spelers in albei professionele ligas ingespan.

VSA Rugby organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Onder andere word die VSA Sewes jaarliks op die Dignity Health Sportpark in Los Angeles beslis. VSA Rugby sal die Rugbywêreldbeker 2031 aanbied.[6]

Kenteken wysig

Die beheerliggaam VSA Rugby se kenteken toon die Amerikaanse seearend (Haliaeetus leucocephalus) in die nasionale kleure wit, blou en rooi, wat ’n rugbybal dra, met die belettering USA Rugby daaronder. Die nasionale span se bynaam is Eagles („Arende“) en aan die Verenigde State se nasionale voël, die Amerikaanse seearend, ontleen. Die span se gelukbringer is derhalwe ’n Amerikaanse seearend met die naam Rookie the Eagle.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) "USA". Wêreldrugby. Besoek op 25 Maart 2024.
  2. (en) "About RAN". Rugby Amerikas Noord. 2001. Besoek op 25 Maart 2024.
  3. (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 25 Maart 2024.
  4. (en) "NFL, meet your latest rival: Rugby is coming to America". qz.com. 10 November 2015. Besoek op 25 Maart 2024.
  5. (en) "Super Rugby Americas to launch without Pride or Jaguares". Americas Rugby News. 22 Desember 2022. Besoek op 25 Maart 2024.
  6. (en) "Rugby World Cup host locations confirmed through to 2033". Wêreldrugby. 12 Mei 2022. Besoek op 25 Maart 2024.

Eksterne skakels wysig