Sir Humphry Davy (17 Desember 1788, Penzance, Cornwall - 29 Mei 1829 Genève Switserland) was 'n Britse wetenskaplike, chemikus en uitvinder.[1]

Humphrey Davy (1803)

Hy is bekend van die Davy-lamp wat die veiligheid van mynwerkers verbeter het. Hy het ook die koolstofbooglamp uitgevind. Hy het ook elemente soos chloor en jodium en baie ander chemiese stowwe ontdek. Hy het eksperimenteer met laggas N2O en homself amper gedood daarby. Hy het hierdie gas as narkosemiddel aanbeveel maar dit het 'n halwe eeu geduur voordat dit aangewend is. In 1801 is hy as lid van die Royal Institution van Londen aangestel, eers as lektor en later as professor in die chemie. Sy lesings was baie populêr. Ná Alessandro Volta se ontdekking van die voltaïese stapel het hy begin om die elektrochemie te ontwikkel. Hy het elektrolise aanbeveel as 'n metode om elemente uit hulle verbindings vry te stel wat ander nie bestudeer kon word nie.

Davy word in 1812 tot ridder geslaan en in 1818 tot baronet verhef. Hy word in 1820 die president van die Royal Society of Londen en was in 1826 'n medestigter van die Zoological Society of London.

Verwysings wysig

  1. "Biography of Humphry Davy, Prominent English Chemist". ThoughtCo.