Deon van der Walt

Deon van der Walt (28 Julie 195829 November 2005), was 'n Suid-Afrikaanse tenoor.

Van der Walt het aan die Universiteit van Stellenbosch sang gestudeer en sy buiging gemaak as Jaquino in Beethoven se Fidelio by die Kaapstadse Opera, voordat hy gegradueer het. Hy ontvang verskeie beurse en pryse wat hom in staat stel om sy studies oorsee voort te sit. Sy eerste formele betrekking was by Gelsenkirchen se Musiktheater im Revier, hierop volg betrekkings by onderskeidelik die Staatsoper Stuttgart en Zürich Opera. Hy word in 1985 uitgenooi om op te tree by die Royal Opera House in Londen, en maak hier sy buiging as Almaviva in Rossini se Die Barbier van Sevilla.[1]

Hy was gereken as een van die beste liriese tenore van sy tyd, en het by van die voorste operahuise opgetree, insluitende

Hy het ook tydens verskeie internasionale feeste opgetree, veral tydens die Salzburgse Fees, waar hy die rolle van Belmonte in Mozart se Die Entführung aus dem Serail en Ferrando in Così fan tutte onder Riccardo Muti vertolk het.

Hy kan op video gesien word as Jupiter in Händel se Semele, waartydens hy 'n uitgerekte, pragtig-gevormde "Where'er you walk" sing; asook in Donizetti se Linda di Chamounix saam met Edita Gruberová; en in La belle Hélène.

Die plaatetiket Arte Nova (BMG Africa) het in Oktober 1995 'n opname gemaak van gewilde stukke vir tenoor, soos gesing deur Van der Walt, saam met die Münchner Rundfunkorchester onder leiding van Ralf Weikert. Die opname is gemaak te die Bavaria-Musikstudio in München.[2]

Van der Walt sterf op tragiese wyse op die vroeë ouderdom van 47 op sy familie se wynlandgoed in Suid-Afrika. Hy is geskiet deur sy vader, waarna dié selfmoord gepleeg het.[3]

Verwysings wysig

  1. Blyth, Alan (2 Desember 2005). "Deon van der Walt: Tenor with a Gift for Comic Opera and a Taste for Good Wine". The Guardian. Guardian News and Media. Besoek op 5 Maart 2010.
  2. CD-voubiljet, Arte Nova Voices, CDRCA(CSB)3077, e-ISSN 6 007124 320933.
  3. Ekron, Ziegfried (30 November 2005). "Damn Farm Cost Deon His Life". News24. Besoek op 25 Mei 2020.