Peach van Pletzen | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Pierre-Henri van Pletzen |
Ook bekend as | Peach van Pletzen Groot Hond |
Gebore | Bloemfontein |
Genres | Elektroniese musiek Afrikaans |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Stem, tromme, klanksintetiseerder |
Jare aktief | 2003 — hede |
Assosiasies | Bittereinder Van Pletzen Yesterday's Pupil |
Peach van Pletzen is 'n Suid-Afrikaanse musikant en musiekvervaardiger wat sedert 2003 deel is van die musiekbedryf.
Peach is die seun van die welbekende TV-akteur Pierre van Pletzen,[1] en is getroud met Felicity Steenkamp.[2]
Peach is 'n lid van die musiekgroepe Bittereinder en Van Pletzen en het ook al saam met Van Coke Kartel, Tumi Molekane, Zaki Ibrahim en Early B samestelings gedoen. Hy is by die tegniese aspekte van vervaardiging asook die kreatiewe sy van konseptualisering van sy musiek betrokke.
In 2009 het hy onder die naam Yesterday's Pupil opgetree by die Afrykemara Fees in Pole. Vanaf 2006 tot 2013 was hy die senior vervaardiger en bestuurder by Sleeproom Studios en in 2014 tot op hede word hy die senior vervaardiger en bestuurder van Planet Awesome. In 2010 het hy opgetree by die FIFA Wêreldbeker se openingseremonie by Orlando Stadion, Soweto. In 2011 het hy saam met sy groep Bittereinder in Nederland opgetree by die Lowlands Fees, asook 'n optrede vir Arnhem, Nederland voor 'n gehoor van 35 000 mense. Bittereinder het ook in 2012 tot 2016 opgetree by die Oppikoppi-musiekfees.
In 2016 is Peach die gasheer van 'n musiekprogram, ChatNou, op die KykNET-kanaal wat 'n weeklikse oorsig oor musiek bespreek. In 2017 het Peach die wenner van die sangrealiteitskompetisie, The Voice, se musiek vervaardig en vrygestel.
Peach het Planet Awesome, 'n maatskappy wat klank- en musiekproduksie verskaf, gestig saam met Louis Minnaar.[3]